Previous Page  78 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 78 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

76

OP PLAASVLAK

Fotokompetisie

Doelgerigte bestuur in aksie

– Graan SA/Syngenta Graanprodusent van die Jaar

M

nr AC van Wyk en sy vrou, Lizelle, boer hoofsaaklik

met mielies en osse in die Bultfontein-distrik. Hy is ‘n

mielieprodusent in murg en been en is ‘n uitstekende

besigheidsman.

Vir hom is graanverbouing ‘n manier om sy besigheid oor tyd te laat

groei. In hierdie gebied is mielies volgens Van Wyk die vertakking

wat die hoogste wins per hektaar realiseer, maar ander gewasse

word vir ‘n verskeidenheid van redes ook verbou.

Klimaatomstandighede kan dit onmoontlik maak om mielies binne

die bepaalde tydvenster te plant en die verbouing van ander gewas-

se (soos sonneblom en koring) moet dan ook oorweeg word. Van-

jaar was dit nie moontlik om al die mielies betyds geplant te kry nie

en daarom het hy die verbouing van alternatiewe gewasse oorweeg.

Van Wyk boer hoofsaaklik op watertafellande en oordragvog word

doelgerig bestuur. Spesifieke lande sal soms, volgens behoefte,

oorlê. ‘n Spoorverkeerstelsel met 1,8 m-rye word gebruik om

brandstof en ander koste per hektaar te minimaliseer.

Volhoubare winsgewendheid is vir hom die belangrikste aspek in

sy besigheid en hy doen moeite om gereeld die vordering daarmee

te meet. Hy doen alles in sy vermoë om te sorg dat hy volhoubaar

die produkte wat hy beoog, produseer. Dit begin by die beplanning

van alle aspekte van die boerderyvertakkings en só word ‘n stelsel

bymekaargesit wat alle sterk en swak punte akkommodeer.

Ten einde hoë winsgewendheid te handhaaf, moet verstaan word

dat die verbouing van die gewas nie net veranderlike kostes moet

ondervang nie, maar dat die vaste koste van die boerdery ook inge-

sluit moet word. Hierdie koste, tesame met die produksiepotensiaal

van die plaas, maak dit moontlik om die realistiese produksieprys

van die graan te bepaal en sodoende die bemarking daarvan te

vereenvoudig.

Dié produsent het vroeg in sy lewe besef dat die vaste koste van

sy boerdery geminimaliseer moet word. Dit het aanleiding daartoe

gegee dat ‘n stelsel wat die duur kapitale insette op ‘n hektaarbasis

verminder, geïdentifiseer moes word.

Werktuie en toerusting

Ten einde die duur kapitale toerusting so effektief en doeltreffend

moontlik aan te wend, word vindingryke planne gemaak. So by-

voorbeeld word die stroper aangewend om soveel as moontlik per

seisoen met hom te stroop.

Deur meer as een drywer wat in skofte werk vir die stroper te

voorsien, kan meer ure per seisoen gestroop word en sodoende

word die koste oor meer hektare verdeel – wat die koste per hektaar

verminder.

‘n Ander interessante plan wat hy geïmplementeer het, was om die

stroper se werkspoed te verhoog. ‘n Stroper op rusperbande het dit

moontlik gemaak om die landspoed te verhoog en sodoende word

meer hektare met die masjien gedoen – wat die koste per hektaar

verminder en winsgewendheid verhoog.

Effektiwiteit, doeltreffendheid en winsgewendheid word verhoog

deur sommige van die toerusting op die plaas pas te maak en/of self

te vervaardig.

Die effektiewe gebruik van trekkers en toerusting is nog ‘n manier

om koste per hektaar te beperk. Van Wyk gebruik gemiddeld heel-

wat minder kilowatt per hektaar as die deursnee produsent. Daar

is genoeg trekkers en toerusting beskikbaar, maar met fyn

beplanning word seker gemaak dat hierdie kapitaal so effektief

moontlik aangewend word.

Die gebruik van ‘n dag- en ‘n nagskof maak dit moontlik om meer

werk per trekker gedoen te kry. Fyn kontrole, asook gereelde

aanpassing van die werksbegrotings, maak ‘n bydrae om te verseker

dat alles betyds afgehandel kan word.

Van Wyk maak van ‘n interessante manier gebruik om die werk

wat gedoen moet word, te beplan en kontrole daaroor uit te oefen.

Dit behels dat hy presies weet hoeveel werk ‘n trekker per dag moet

kan lewer, hoeveel dit werklik verrig en waarom daar afwykings is.

Graanprodusent van die Jaar

Bestuurspraktyke

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

redaksiespan

1: AC van Wyk en sy vrou, Lizelle, tydens die toekenningsgeleentheid

in Oktober verlede jaar waar hy as die Graan SA/Syngenta Graanpro-

dusent van die Jaar aangewys is.

1