Previous Page  70 / 116 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 70 / 116 Next Page
Page Background

Maart 2018

68

OP PLAASVLAK

Diere

Dit is weer eens ‘n onbeplande uitgawe

en boonop sal die diere teen hoër pryse

gekoop word as waarteen dit verkoop is.

Die effektiwiteit van stelsels verskil ook

dramaties. In die speenkalfstelsel is die

koeie die enigste fabriek wat die kalwers

(en die inkomste) produseer. As die koeie

oor welke rede ook al ‘n lae kalfpersentasie

het, sal die winsgewendheid beduidend

beïnvloed word. ‘n Hoë kalf- en speen-

persentasie is ononderhandelbaar. Dit bly

‘n uitdaging, maar dit is moontlik om oor

tyd ‘n kalfpersentasie van bo die 90% te

handhaaf.

Ander stelsels se fabriek is nie net die

koeie nie aangesien kalwers wat reeds

geproduseer is, ook ‘n inkomste verskaf.

Hierdie kalwers moet net groei, maar

mortaliteit moet tot die minimum beperk

word. Gewoonlik is hierdie kalwers op die

plaas gebore en behoort hul mortaliteit

oor die algemeen laag te wees. Die

produksierisiko’s in hierdie stelsels is

gewoonlik betreklik laer as dié van ‘n

speenkalfstelsel.

Hierdie aspek het ‘n beduidende effek op

die winsgewendheid van die stelsel. Die

kalwers in die speenkalfstelsel moet binne

‘n sekere tyd verkoop word om te verhoed

dat die kos van die produserende koeie

opgevreet word deur pryspenalisasie.

Die ander stelsels het tot ‘n mate meer

vryheid wat bemarking betref, maar die

diere moet ook binne ‘n sekere tyd verkoop

word om ‘n voervloeiprobleem te voorkom.

Alhoewel die stelsels verskil, bly die kritiese

suksesfaktore van die stelsels dieselfde.

Koeie moet produseer en die kalf-, speen-

persentasie en speengewigte moet fyn

bestuur word. Die veegetalle moet ten alle

tye binne die drakrag van die weiding bly.

As daar ‘n tekort aan voer is, gaan dit die

produksie benadeel.

Lekke

Lekke wat verskaf word, moet by die behoef-

te van die diere en die voedingswaarde

van die veld aangepas word. Beskou lekke

nie as ‘n voerbron nie, maar as byvoeding.

Die lekke se inname moet volgens

verwagting wees om te verseker dat die

diere die nodige elemente inneem. Tog

moet die lekke die winsgewendheid van die

stelsel verhoog, anders maak dit nie sin om

dit te gebruik nie.

Kuddegesondheid

Die diere se gesondheid moet altyd

uitstekend wees en beide inwendige en

Is my beesproduksiestelsel reg?

Grafiek 1: Tienjaar- en driejaar- C2- en C3-graad-beesprystendense op ‘n maandbasis.

Bron: AMT

Grafiek 2: Tienjaar- en driejaar- A2- en A3-graad beesprystendense op ‘n maandbasis.

Bron: AMT

Grafiek 3: A2- en A3-graad beesprystendense en vooruitskattings op ‘n maandbasis.

Bron: AMT