

Fokus
Graanwaardeketting
D
aar is ‘n mate van optimisme in
die Suid-Afrikaanse mieliemark
na aanleiding van goeie reënval
gedurende April. Die Verenigde
State se Departement van Landbou (USDA)
het sy vorige skatting vir Suid-Afrika se
2018/2019-mielieproduksie verhoog tot 13,2
miljoen ton, na gelang van verwagte hoër
opbrengste in sommige dele van die land.
Let wel: Die USDA-data dek beide kom
mersiële en nie-kommersiële produksie
en verskil daarom van die Nasionale Oes
skattingskomitee se syfers, wat hoofsaak
lik op kommersiële produksie fokus. Die
nie-kommersiële-/bestaansboerdery pro
duksie verteenwoordig 6% van die be
raamde oes van 13,2 miljoen ton. Die USDA
se raming van kommersiële mielieproduk-
sie is dus ook 12,42 miljoen ton.
Die grootte van die verwagte kommersiële
mielie-oes is in Maart 2018 deur die Nasio
nale Oesskattingskomitee op 12,42 miljoen
ton vasgestel. Dit is egter steeds heelwat
laer as die rekord-opbrengs van 17,5 miljoen
ton, wat in die 2017/2018-produksieseisoen
behaal is – en wat die grootste oes is wat
Suid-Afrika nog ooit geproduseer het.
Maart se produksieskatting van witmielies
is 6,363 miljoen ton en in die geval van
geelmielies is dit 6,057 miljoen ton. Indien
die 2017/2018 plaaslike mielieproduksie
12,42 miljoen ton of meer is, is dit
weer ver bo die jaarlikse verbruik van
ongeveer 10,5 miljoen ton. Die drie
belangrikste mielieproduserende gebiede,
naamlik die Vrystaat, Mpumalanga en
Noordwes Provinsie, gaan na verwagting
81% van die 2018-oes produseer. Die
huidige opbrengssyfers is hoofsaaklik van
af produsente in dié verskillende provin-
sies verkry.
Wat egter uiters belangrik is, is dat die
bemarkingsjaar met ‘n groot oordrag
voorraad van ongeveer 4,1 miljoen ton,
addisioneel tot die verwagte groot oes,
begin. Suid-Afrika sal dus in die 2018/
2019-bemarkingsjaar ‘n netto uitvoer
der van mielies bly, wat beteken dat
mieliepryse steeds onder druk gaan wees.
Die produksieskatting vir sonneblomsaad
is 749 205 ton, terwyl daar byna 1,4 miljoen
ton sojabone in die nuwe seisoen ver-
wag word.
Suid-Afrika beskik oor voldoende op
bergingskapasiteit, maar die ligging van
vaste opbergingsfasiliteite speel ‘n groot
rol in die benutting daarvan. In sekere
dele word opberging ver bo 100% benut,
terwyl dit in ander dele omtrent glad
nie benut word nie. Die grootte van die
totale 2018/2019-somergraanoes sal dus
druk op die land se opbergings- en han
teringskapasiteit plaas indien die hoë
oordragvoorrade ook in ag geneem word
(
Tabel 1
op bladsy 38
)
.
Oordragvoorraad:
Sal logistiek en stooropsies dit hou?
Mariana Purnell,
hoofbestuurder, Agbiz Grain
Grafiek 1: Mielie-uitvoere via Durban, asook ander vervoer van mielies, geskied meestal per pad en
het skerp gestyg sedert 2007, terwyl die gebruik van spoorvervoer afgeneem het. Die gebruik van
treintrokke het van meer as 30% gedaal na ongeveer 10%, maar toon sedert 2016 neigings om weer
te begin toeneem (SAGIS).
Grafiek 2: Die vervoer van ingevoerde koring, lewerings en die verskuiwing van koring per pad het
skerp tussen 2006 en 2011 gestyg. Sedert 2011 word tussen 20% en 25% van alle koring jaarliks per
spoor vervoer (SAGIS).
37
June 2018