

Produk-inligting
Junie 2018
38
Fokus
Graanwaardeketting
Die oordragvoorraad van alle gewasse sal
daarom die komende seisoen ‘n strategiese
impak op landboubesighede hê. Oor die
algemeen sal almal ‘n relatiewe groter
oordagvoorraad as die vorige seisoen hê.
SAGIS se voorraadsyfers toon dit duidelik
wanneer dit met dié van vorige seisoene
vergelyk word.
Nasionale kommersiële rolspelers in op
berging en hantering is egter reeds ge
ruime tyd besig om met klante te gesels oor
voorraadskuiwe of vroeëre versendings; en
ook om addisionele kapasiteit te skep. Die
aangeleentheid is op forums met klante
bespreek en op silo-vlak word die proses
bestuur om klante sover moontlik tegemoet
te kom. Omstandighede verander daagliks
en moontlike uitvoere sal ook ‘n impak op
beplanning hê.
Opbergingskapasiteit is ook nie beperk
tot sementsilo’s nie; die meeste landbou
besighede het deesdae ook silosakke en
bunkers (
Tabel 2
). Die landboubesighede
stel sodanige inligting op hulle webtuistes
bekend. Daarby het produsente ook self
heelwat opbergingskapasiteit op hul plase
geskep – bo en behalwe die kommersiële
silo’s, waarvan dié in die noorde van die
land ‘n kapasiteit van 14,1 miljoen ton en
dié in die suide meer as 800 000 ton kapasi-
teit het.
Die nuwe oes is sedert Maart ontvang.
Die koringvoorrade het veral ‘n effek op
die noorde se opbergingskapasiteit. Waar
‘n silobuis gedeeltelik deur ‘n spesifieke
kommoditeit van spesifieke graad en
kwaliteit gevul word, is die beskikbare
kapasiteit nie voldoende om ander
graan in te berg nie en beïnvloed dit dan
die nasionale silokapasiteit – wat die Wes-
Kaap insluit.
As ‘n mens die syfers ontleed, gaan silo-
eienaars moet mooi beplan – veral omdat
‘n deel van die nasionale kapasiteit by
verwerkers lê en dus nie vir algemene
opberging beskikbaar is nie. In totaal is daar
27 290 000 m
3
opbergingspasie beskikbaar
om 21 778 891 ton somergrane – plus koring
– op te berg. Terwyl die nuwe oes ingeneem
word, vloei daar egter gelukkig steeds ou
voorrade uit na kopers en verwerkers en
raak opbergingskapasiteit weer beskikbaar.
Logistiek het die afgelope drie jaar heelwat
verbeter met ‘n toename in spoorvervoer
(
Grafiek 1
op bladsy 37
, Grafiek 2
op blad
sy 37
en
Grafiek 3
). Nietemin is beide pad
en spoor effektief en kan dit die verwagte
volumes hanteer, indien nodig. Verskuiwing
van voorraad tussen silo’s om meer
kapasiteit op sommige plekke te skep, sal
strategiese besluite vereis. Gegewe die
droogte in Argentinië en die premie wat op
hul mielies geplaas word, is Suid-Afrikaanse
graan nou bitter na aan die goedkoopste in
die wêreld. Landboubesighede sal daarom
ook oorweging skenk aan strategiese uit
voeraksies.
Na die uitvoere van 68 414 ton mielies
in die eerste twee weke van April, word
daar verwag dat Suid-Afrika nie nog
noemenswaardige
hoeveelhede
mie
lies vir die 2017/2018-seisoen, wat April
2018 geëindig het, gaan uitvoer nie,
maar elke bietjie sal help met die skep
ping van broodnodige kapasiteit. Dit plaas
Suid-Afrika se uitvoere vir die 2017/2018-
mieliebemarkingseisoen op 2,1 miljoen
ton, oftewel 84% van die seisoen se uit
voerberaming van 2,5 miljoen ton vir die
seisoen.
Oordragvoorraad
GRAANTIPE
TWEEDE NASIONALE
OESSKATTING (TON)
FEBRUARIE-OORDRAG:
SAGIS (TON)
TOTAAL
(TON)
Witmielies
6 363 100
4 204 857
10 567 957
Geelmielies
6 057 400
2 202 432
8 259 832
Sonneblom
749 205
233 329
982 534
Sojabone
1 394 800
418 085
1 812 885
Sorghum
84 750
70 933
155 683
Koring
1 394 460
Gars
393 585
Kanola
79 491
Hawer
51 404
Totaal
14 649 255
9 048 576
21 778 891
Tabel 1: Verwagte somergraanproduksie vir die 2018/2019-seisoen en die Februarie-oordragvoorraad.
Graan SA/Sasol fotokompetisie