

Junie 2018
26
Nóg meer te sien by Agricol-saadplot
A
gricol bied vir die afgelope 60 jaar uitgebreide akkerbou- en weidingsreekse aan Suid-Afrikaanse produsente en tydens die NAMPO
Oesdag kon produsente die maatskappy se eksklusiewe produkreekse by NAMPO se saadplot-afdeling besigtig.
Promosie-artikel
Estie de Villiers,
redakteur,
SA Graan/Grain
1: Agricol het vanjaar sy uitstalruimte by die Oesdag verdubbel en baie van die maatskappy se eksklusiewe produkreekse kon
hier deur produsente besigtig word.
2: Die maatskappy se volledige reeks somerweidings en somerweidingsmengsels kon deur produsente van nader bekyk word.
De Villiers Henning en DW de Villiers (albei van Bultfontein) kyk saam met Carinus Fourie (Agricol) na Agricol se gewilde
meerjarige somerweidings. Hulle het veral in die Waterbergemengsel belang gestel.
3: ‘n Wye reeks dekgewasse en dekgewasmengsels, wat produsente vir verskeie doeleindes kan aanplant, is ook uitgestal. Hier is
Christiaan van Vuuren, Koos van Vuuren, Dawie du Plessis (Agricol) en Ruan van Vuuren by een van Agricol se nuwe beweibare
dekgewasmengsels, Agrilife 2. Die Van Vuurens is van Kroonstad.
4: Boela du Plessis en Chris du Randt (albei van Bloemfontein) het met Andries van Niekerk (Agricol), middel, kom gesels oor
Agricol se nuwe Clearfield®Plus-sonneblombaster, AGSUN 5103CLP.
5: Kanola in die Vrystaat?! Joubert Swanepoel en Erus Hefer (albei van Agricol) wys aan Andries Theron en dr Erhard Briedenhann
(onderskeidelik voorsitter en visevoorsitter van die Proteïennavorsingstigting) een van Agricol se topkanolakultivars, AGAMAX, wat
op die saadplot aangeplant is.
6: Dirk Kruger en Steven Cave (albei van Koster) het by die Oesdag meer kom uitvind oor een van Agricol se nuutste sojaboonkultivars,
DM 5351RSF. Henk Crafford (Agricol) het hulle van inligting voorsien.
1
2
5
6
3
4