

Vir saaiprodusente is wild deesdae ‘n algemene diversifikasie-
vertakking om die risiko van suiwer graanboerdery te versprei.
Daarom het die Oesdagkomitee al vyf jaar gelede besluit om met
‘n nuwe spesiale fokus op dié boerderyvertakking te begin. Onder
die uitstallers in die nuwe Wildbedryf Suid-Afrika (WRSA)-saal
was die Wildswinkel-span: Hendrik de Kock, Hans Coetzee en
Reghardt Coetzee.
Ook in die WRSA-saal was Woempa Fouchee van Bloodline Africa,
‘n wildteler van die plaas Retief tussen Baltimore en Tolwe in die
Koedoesrand-gebied. Sy familie teel al sedert 2003 met meer as
30 wildspesies en is veral trots op hul swartwitpens-bulle.
Terugblik
Graan SA/Grain SA
Stewige NAMPO-bywoning
4x4- en motorfietsdemonstrasies
Nuwe WRSA-saal
Ngoni Chaitwa (FAW) staan hier saam met ‘n kliënt, Jaco du Toit
(chemiese agent van Vereeniging) en sy seun, Pieter, by die FAW
8.140FL. Die immer gewilde FAW 8.140FL is nou beskikbaar in die
internasionaal-bekroonde Allison, 6-spoed ten volle outomatiese
transmissie. Gepaard met die bewese Cummins-krageenheid, bly
hierdie 5-ton-vragdraer die laagste koste per ton in sy klas.
Die KTK 1290-motorfiets is een van die veldvoertuie wat op die
Maxxis Adventure Track gedemonstreer is. Demonstrasies van
motorfietse, vierwiel-motorfietse en
side-by-sides
het daagliks
om 11:00 en 15:00 by dié baan plaasgevind.
Die nuwe Isuzu M-UX wat tydens NAMPO vanjaar bekend gestel is,
het ‘n 3 liter-dieselenjin, 130 kW met outomatiese sesspoed-ratkas,
wat in 4x2 en 4x4 beskikbaar is. Armand Botha, Pieter van Staden en
Pieter Voges (almal van Vereeniging) het die sportnutsvoertuig van
nader besigtig.
By die gewilde viertrek-demonstrasiebaan op die Oesdagterrein
was, van links, Branden Venter, JJ Wiegand en Quintin Fourie,
al drie IT-deskundiges. Dié demonstrasies word onder beheerde
en nie-mededingende toestande gedoen.
27
June 2018