Previous Page  55 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 55 / 108 Next Page
Page Background

Tuis op die knakkerterrein

A

s jy ‘n paar jaar gelede ‘n wieltrekker van 380 kW wou hê,

was ‘n knakker jou enigste opsie. Nou bied Fendt ‘n

opwindende alternatief – ‘n vasteraamtrekker wat veel­

doelig gebruik kan word en boonop vir optimale gerief,

werkverrigting en brandstofverbruik sorg.

Die Duitse trekkervervaardiger Fendt het met die 1000 Vario-reeks

‘n nuwe trekkersegment geskep – konvensionele wieltrekkers tot

380 kW. Die reeks bestaan uit vier modelle met kraglewering van

onderskeidelik 291 kW, 320 kW, 350 kW en 380 kW, wat beteken

dat Fendt hom stewig op die knakkerterrein bevind.

Mnr Willie Stander, hoofbestuurder vir Fendt by BHBW Suid-Afrika

(voorheen Barloworld Agriculture), sê die 1000 Vario bied egter

veel meer as brute trekkrag vir die sleep van groot implemente

met primêre grondvoorbereiding.

“Dit kan die werk van ‘n geartikuleerde trekker doen, maar kan ewe

doeltreffend gebruik word vir ander bewerkings en plantwerk, om

groot blokbalers te sleep en vir vervoer. Rygewas-konfigurasies

is ook beskikbaar, sodat die trekkers regdeur die seisoen gebruik

kan word.”

Die 1050 Vario is reeds plaaslik met sowel breë bande vir grond­

voorbereiding as rygewas-bande beskikbaar. Die wiele word maklik

omgeruil, aangesien die trekker se eie hidrouliese stelsel gebruik

word om dit op te tel.

In die geval van die 1000 Vario is dit toegerus met VarioDrive, die

eerste trekkertransmissie ter wêreld wat onafhanklike vier­

wielaandrywing moontlik maak. Dit sorg vir die ideale wringkrag­

verspreiding na die voor- en agterasse, sodat die trekker sy volle

kilowatt op die grond neersit. Ses massiewe wiele (die 1050 Vario

se agterbande is amper 2,35 m in deursnee) dra hiertoe by.

Laasgenoemde is ook die eerste trekker waarvan alle komponente

wat krag verbruik (van die 12,4 liter MAN-sessilinderenjin en

transmissie tot die waaier en hidrouliese stelsel) volgens ‘n

omvattende lae-enjinomwentelinge-hoë-wringkrag-beginsel ge­

naamd Fendt iD ontwerp is. Die gevolg is uitsonderlike lae brand­

stofverbruik.

‘n Maksimum wringkrag van 2 400 Nm word van 1 100 omwente­

linge tot 1 500 omwentelinge per minuut gehandhaaf. Die maksi­

mum kraglewering en wringkrag, sowel as die laagste spesifieke

brandstofverbruik, word teen net meer as 1 400 opm bereik en

gehandhaaf danksy die VarioDrive-transmissie, wat die werkspoed

outomaties by verskillende toestande aanpas. Die enjin werk dus

konstant teen optimale omwentelinge van 200 m/h tot 40 km/h,

wat die brandstofverbruik verlaag en die dienslewe van die enjin

en ander komponente verleng.

Die hidrouliese vloei kan tot 430 liter/min verhoog word, met

twee onafhanklike hidrouliese kringe wat 220 liter en 210 liter

onderskeidelik lewer.

Gewigte van tot 1 250 kg kan op elke agterwiel bygevoeg word

(daar is ook ‘n neusgewig-opsie van ‘n ekstra 3,3 ton). Daarby dui ‘n

stelsel genaamd Grip Assist aan hoeveel gewig waar benodig word

en wat die banddruk moet wees, gebaseer op die werk wat gedoen

word, bandgrootte en werkspoed. Grip Assist werk in kombinasie

met die Vario Grip-opsie, wat jou toelaat om die banddruk in die ry

vanuit die kajuit te verstel.

Die 1000 Vario is sowat 1,5 m korter as die gemiddelde knakker en

sy veel skerper draaisirkel beteken dat hy ewe doeltreffend op klei­

ner lande gebruik kan word.

“Daarby het ‘n vasteraamtrekker minder slytasie as ‘n geartikuleer­

de trekker, wat die koste van eienaarskap verlaag. Depresiasie is

ook minder aangesien ‘n konvensionele wieltrekker beter inruil­

moontlikhede bied,” sê Stander.

Beste brandstofverbruik ooit

Die uitsonderlik lae brandstofverbruik van Fendt op plaaslike

bodem is onlangs amptelik bevestig deur die gesaghebbende

onafhanklike toetssentrum van die Duitse landbouvereniging (DLG).

DLG, wat alle fabrikate toets, het drie Fendt 1000 Vario-modelle

aan sewe werksiklusse in sy PowerMix-toets onderwerp. Die uit-

slag: Al drie bied die laagste spesifieke brandstofverbruik wat

nog ooit aangeteken is. Die vlagskip, die Fendt 1050 Vario van

380 kW, stel ‘n nuwe standaard teen slegs 233 g/kWh.

Fendt word direk bemark deur BHBW, die gesamentlike onderne­

ming tussen Barloworld en BayWa van Duitsland, wat ook die wê­

reld se grootste Fendt handelaar is. Fendt trekkers is beskikbaar

met kraglewering van 51 kW tot 380 kW. In Suid-Afrika fokus

BHBW, afgesien van die Fendt 1000 Vario, op die volgende reekse:

Die Fendt 900 Vario (199 kW tot 243 kW), Fendt 800 Vario (162 kW

tot 206 kW) en Fendt 700 Vario (94 kW tot 162 kW).

53

August 2018

Fokus

Werktuie & toerusting

Produkinligting

Anita van Zyl,

namens BHBW Suid-Afrika

Die Fendt 1000 Vario-reeks bied veeldoelige wieltrekkers met krag­

lewering tot 380 kW.