Previous Page  51 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 51 / 108 Next Page
Page Background

Jongboer prakseer innoverende

oplossing vir

D

ie sandgronde van die westelike produksiestreke hou

altyd die moontlikheid van windskade in – wat tot groot

verliese kan lei. Die uitdaging ontstaan wanneer die wind

sandkorreltjies opwaai en sodoende die jong plantjies

se stammetjies en blare erg beskadig. Dit lei tot groot gedeeltes

van gesaaides wat heeltemal doodwaai en gevolglik oorgeplant

moet word.

‘n Teenvoeter vir windskade is om die grondoppervlakte grof te

hou sodat die windspoed op die grondoppervlak nie so hoog word

dat die sandkorreltjies opwaai nie. Produsente kan verskeie metodes

aanwend om hierdie uitdaging aan te spreek, soos om te poog

om ‘n deklaag op die grond te behou. ‘n Ouer metode is om

met skoffels die grond grof te bewerk en sodoende die gewas

te beskerm.

Mnr Davie van der Merwe boer in die Schweizer-Reneke-omge­

wing op diep sandgronde en span ‘n oorlêstelsel in om vog op te

gaar vir opvolggewasse. Dit het tot gevolg dat die grondbedekking

beperk is en daarom is windskade ‘n groot bedreiging vir hierdie

boerdery.

Hy vertel van ‘n tydperk in 2014 toe hulle behoorlik deur

windskade geteister is. Die praktyk was destyds om die wind

met tandbewerkings tussen die gewasrye te probeer keer. "Die

bewerking is 'n uitdaging in die nouer rye, aangesien jy net teen

sowat 6 km/h kan ry, anders gooi jy die klein saailinge toe,” sê

Van der Merwe.

Op dié tydstip het hy verby ‘n buurplaas gery, waar die sandduiwels

ook gerinkink het. Die werkers was besig met tandbewerking op

die winterlande.

“Omdat dit toe ietwat droog was, het hulle die kluite met ‘n

stronkkapper gebreek ter voorbereiding van ‘n beter saadbed,”

vertel hy. “Tot my verbasing merk ek toe later op dat die uitwerking

van die wind op die gekapte rye aansienlik afgeneem het. Ek sê

toe vir my pa dat ons só ‘n werktuig moet bou wat rol en vinnig deur

die landerye kan beweeg.”

Van der Merwe het die tegniese tekeninge kennis wat hy op skool

opgedoen het, ingespan en die eerste Oskar-implement begin

ontwerp. Hy het dae en nagte lank geteken aan sy eerste ontwerp

van dié windkeerwerktuig. “Ons het dié ontwerp intussen heelwat

verbeter om dit tot die huidige model te ontwikkel,” vertel hy.

Die beginsel van hierdie implement is dat lemskywe wat rondom ‘n

as kan draai die grondoppervlakte grof maak sonder om grond op

die gewasse te plaas. Dit is amper dieselfde as om ‘n duisendpoot

agteruit te sleep.

Die Van der Merwes se eerste implement het hulle ongeveer

R110 000 gekos en hulle kon 21 m tegelykertyd bewerk. Die voordeel

is dat die implement teen ‘n snelheid van 15 km/h gesleep kan

word – sodoende is die kapasiteit van ‘n hele paar ander trekkers

vervang. ’n Verdere voordeel is dat die gewasse nie beskadig word

nie en dat ‘n groot oppervlakte per dag bewerk kan word.

49

August 2018

Fokus

Werktuie & toerusting

Pietman Botha,

SA Graan/Grain

redaksiespan

1: Davie van der Merwe by sy Oskar-windkeerimplement.

2: Hier kan die werking van die implement duidelik gesien word.

3: Die 21 m Oskar-windkeerimplement in aksie.

1

2

3

windskade