net weens wisselbouvoordele nie, maar ook
vanuit ‘n finansiële oogpunt. As daar bloot
net gekyk word na spotpryse en opbreng
ste gerealiseer, is mielies en sojabone nie
té verskillend in terme van winsgewendheid
nie (
Grafiek 1
en
Grafiek 2
). Uit Grafiek 2 is
dit duidelik dat sojabone wel meer wins
gewend is as pryse teen oestyd in ag ge-
neem word. Dit was selfs die afgelope
paar jaar ‘n reddingsboei wanneer die
winsgewendheid van mielies nie so goed
was nie. In goeie jare as mielies nader
aan uitvoerpariteit beweeg, is die winsge
wendheid van sojabone wel onder druk.
Die waarde kom in as albei se winsge
wendheid teen uitvoerpariteitpryse gemeet
word. As ‘n gemiddelde oes realiseer, kan
sojabone teen uitvoerpariteit nog wins
gewend wees. Neem in ag dat werklike
historiese opbrengste in ag geneem is.
‘n Goeie aanduiding in terme van winsge
wendheid en produksiebesluitneming is
ook om die prysverhouding tussen soja
bone en mielies te ontleed. Die duimreël
is dat die sojaboonprys twee keer dié van
die mielieprys moet wees: Dus ‘n prys
verhouding van twee en groter. Sedert
2010 was die prysverhouding 60% van die
tyd bo twee (
Grafiek 4
).
Die wisselvalligheid in opbrengs bly ‘n
uitdaging in die westelike produksie-
area, soos gesien in
Grafiek 5
en dit ont
moedig produsente soms om sojabone
te plant. Die oostelike produksie-areas,
soos byvoorbeeld Mpumalanga, het ‘n
meer stabiele produksiepatroon. Natuurlik
glo Graan SA ook dat as die teling-
en-tegnologieheffing inskop, nuwe saad
tegnologie na die mark gaan vloei – wat
moontlik meer stabiliteit in terme van
produksie – en selfs ‘n verhoging in op
brengs – kan meebring. Sommige van die
multinasionale maatskappye het reeds met
proewe begin.
Die inligting bewys weer eens dat soja
bone winsgewend in die weste van die
land verbou kan word – sonder om die
voordele van wisselboupraktyke in ag te
neem. Die afgelope twee seisoene was
daar groot oordragvoorrade vir beide
mielies en sojabone en die verwagting is
dat dit in die toekoms die norm sal bly
omdat daar meer van ‘n nat fase in terme
van weerpatrone in vooruitsig gestel word.
As die twee gewasse teen uitvoerpariteit
pryse vergelyk word en ‘n gemiddelde oes
realiseer, wat gewoonlik die geval teen
uitvoerpariteit is, kan sojabone nog steeds
winsgewend verbou word. Die uitvoer van
sojabone kan in die toekoms ook makliker
plaasvind omdat meer markte sojabone as
witmielies invoer.
Asië se markte (meer spesifiek China) se
verbruik van sojabone styg drasties. Met
die handeldispute tussen China en Amerika
kan dit, wat uitvoere betref, Suid-Afrika in
‘n gunstige posisie plaas.
Grafiek 3: Die Noordwes Provinsie se marge gemeet teen uitvoerpariteitsprysvlakke.
Bron: Safex en Graan SA
Grafiek 4: Sojaboon- en mielieprysverhouding.
Bron: Safex en Graan SA
Grafiek 5: Historiese gemiddelde produksie.
Bron: Safex en Graan SA
59
August 2018