Previous Page  60 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 60 / 108 Next Page
Page Background

Mini-

F kus

SA GRAAN/GRAIN

Augustus 2018

58

Sojaboonproduksie

in die weste

S

ojaboonproduksie in Suid-Afrika is

die afgelope paar seisoene ‘n ui­

ters gewilde onderwerp. Weens

die druk op mieliepryse het al hoe

meer produsente opsies soos oorlêstel­

sels of wisselboupraktyke begin oorweeg.

Sojabone is natuurlik ‘n besonder gewilde

opsie vir ‘n wisselboustelsel omdat dit

hulp verleen in die vrystelling van stikstof en

dit mielieproduksie só bevorder.

Dit is interessant dat wisselbou- en bewa­

ringslandboupraktyke aan die orde van

die dag is in lande wat nie by subsidies

baat nie.

Met die uitbreiding van die perskapasiteit

in Suid-Afrika het sojaboonproduksie

sodoende ook dramaties uitgebrei: Tans

verwag die Oesskattingskomitee die groot-

ste oes (1,4 miljoen ton) nóg. Uit die

1,4 miljoen ton word daar verwag dat

die Noordwes Provinsie 55 800 ton gaan

produseer en die Vrystaat 517 500 ton. Die

573 300 ton is meer as wat die hele land in

2010 geproduseer het.

Met nuwe bykomende kultivars en nuwe

kundigheid is daar oor die afgelope paar

jare ‘n drastiese groei in die produksie van

sojabone in die westelike deel van die land.

Vir vele produsente is die produksie van

sojabone nog amper soos die Wilde Weste-

flieks, want jy weet nooit hoe dit gaan eindig

nie. Sommige produsente in die weste

noem dit selfs die “kansboontjie”: Een jaar

het jy ‘n kans om ‘n goeie inkomste in te

win en die volgende jaar weer om alles te

verloor.

Nietemin is daar ‘n groei in produksie en is

daar ook verskeie produsente wat dit regkry

om sojabone winsgewend in die weste

te produseer – en die aanplantingsyfers

weerspieël dit.

Dit maak spesifiek in die Noordwes Pro­

vinsie sin om sojabone aan te plant – nie

Dr Dirk Strydom,

bestuurder: Graanekonomie en Bemarking, Graan SA

Grafiek 1: Die Noordwes Provinsie se marge gemeet teen produsentepryse met planttyd.

Bron: Safex en Graan SA

Grafiek 2: Die Noordwes Provinsie se marge gemeet teen produsentepryse met oestyd.

Bron: Safex en Graan SA

Sojabone