Previous Page  41 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 41 / 84 Next Page
Page Background

Product information

Eenheid en dialoog lei tot

konsensus in

mosie oor grond

G

raanprodusente het weer eens

gewys dat eenheid en dialoog

as boustene gebruik kan word

om konsensus te bereik – selfs

wanneer uitdagende en emosionele onder-

werpe soos grondonteiening sonder ver-

goeding aangepak word.

Graan SA het tydens sy 2018 Kongres

suksesvol ‘n mosie oor grondhervorming

goedgekeur, nadat lang gesprekke met

beide kommersiële en ontwikkelende

graanprodusente gelei het tot ‘n grondher-

vormingsmosie waarop alle partye ooreen-

gekom het. Afgevaardigdes het weer eens

bewys dat eenheid in landbou, sowel as die

noodsaaklikheid van dialoog, belangrike

boustene vir die toekoms van die sektor is.

Die organisasie erken die behoefte

aan, ondersteun grondhervorming en

transformasie in Suid-Afrika en erken

die noodsaaklikheid van ‘n florerende en

welvarende graansektor om voedselse-

kerheid tot voordeel van alle Suid-Afri-

kaners te onderhou en te verbeter. Tydens

die jaarlikse Kongres is ‘n mosie oor grond-

hervorming goedgekeur en is herhaal dat

dit heeltemal moontlik is om albei hierdie

vereistes binne die grense van die huidige

Grondwet – wat die organisasie respekteer

– te bereik.

Diemosie oor grondhervorming beklemtoon

die volgende:

Graan SA erken en ondersteun die

noodsaaklikheid van grondhervorming

en transformasie in Suid-Afrika.

Graan SA erken ook die noodsaaklikheid

van ‘n voorspoedige en volhoubare

graansektor om voedselsekerheid vir

almal in Suid-Afrika te verseker.

Graan SA sal voortgaan om die oor-

drag van titelaktes aan begunstigdes te

bewerk.

Dat Graan SA daadwerklik en dringend

‘n indringende gesprek met die rege-

rende party sal voer om konsensus oor

alle aspekte van die saak te kry.

Tot tyd en wyl die konsensus bereik

word, word die huidige Grondwet

gehandhaaf.

Graan SA streef na en sal voortgaan om te

pleit vir die oorhandiging van titelaktes aan

begunstigdes van grondhervormingsplase,

aangesien die waarde van grond in die

titelakte tot daardie grond lê. Sonder

bekomde titelaktes, is daar geen manier om

die waarde van die grond te ontsluit nie.

Onteiening sonder vergoeding maak nie

net die ontsluiting van die waarde van

grond onmoontlik vir nuwe boere nie, dit

ondermyn ook die grondslag waarop ons

huidige graanproduksie gefinansier word.

Privaat eiendomsreg word wêreldwyd erken

en is vir baie goeie redes vasgelê in ons

Grondwet. Die versuim om dit te handhaaf,

sal lei tot die katastrofiese ineenstorting van

ons ekonomie.

Bitter min inligting is beskikbaar oor die

regering se mosie, wat onsekerheid skep.

Daarom is dit belangrik dat Graan SA

voortdurend betrokke bly en met die re-

gering onderhandel. Graan SA sal steeds

vennote van beide die regering en die privaat

sektor nader om grondhervorming op só

‘n manier te verbeter en te bespoedig dat

dit nie net grondhervorming bewerkstel-

lig nie, maar ook langtermynvolhoubaar-

heid en -voedselsekerheid vir ons land

verseker.

39

April 2018

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

ALZENA GOMES,

skakelbeampte, Graan SA

Van die sprekers wat deelgeneem het aan die diepgaande bespreking oor die mosie rakende

grondhervorming wat tydens Kongres gedien het.