Previous Page  32 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 32 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

WEGBREEKSESSIES

Sojabone (vervolg)

30

Sonneblom

Mnr Willem Groothof (voorsitter: Sorghumwerkgroep) het as voorsitter opgetree.

Liggingsdifferensiaal

Mnr Jozeph du Plessis meld dat die liggingsdifferensiaal al ‘n ge-

ruime tyd ‘n belangrike besprekingspunt is en dat dit ook so ‘n paar

jaar gelede tydens Kongres bespreek was. Spesifiek uit die weste het

dit ter sprake gekom dat die liggingsdifferensiaal op sonneblom nie

reg funksioneer nie en dat sonneblom dieselfde roete as sojabone

moet gaan.

Hy meld dat produsente van mening is dat hulle deur die stelsel uit-

gebuit word, aangesien daar menige persaanlegte regoor die land is

en dit nie Randfontein toe aangery word nie.

SAGIS-syfers dui aan dat daar ‘n verskuiwing in verwerking is – en

nie noodwendig na Randfontein nie. Daar is ook ‘n verskuiwing

tussen wit- en geelmielies. Graan SA is voorbereid om produsente

met die bes moontlike inligting te bedien om premies in die mark te

beding. Die organisasie sal voortgaan om alles moontlik te doen

om die mark so deursigtig moontlik te maak en so goed moontlik te

laat funksioneer en alle bestaande gebreke aan te spreek.

Die wegbreekgroep besluit eenparig dat die differensiaal afgeskaf

moet word. Du Plessis gee ‘n kort oorsig oor die moontlike gevolge

en verduidelik dat indien die differensiaal verwyder word, elke

produsent self ‘n premie gaan moet beding.

Mnr Jaap van der Westhuizen (Graan SA-hoofbestuurslid vir

Streek 16) noem dat sojabone sowel as sorghum sonder ‘n differen-

siaal funksioneer, wat wys dat dit moontlik is.

Alternaria op sonneblom

Graan SA het twee navorsers van die Instituut vir Bosbou- en Land-

boutegnologie (FABI) by die Universiteit van Pretoria (UP) genooi om

terugvoer oor navorsing op Alternaria te gee.

Die genus

Alternaria

word as ‘n ernstige patogeen van sonneblom,

wat saailing en blaarroes veroorsaak, beskou en dit veroorsaak ‘n

vermindering van tot 80% in opbrengs. Saadtoetse wat by UP se

Grondkundedepartement (Plantpatologie) op sonneblomsaad en

graan gedoen is, het getoon dat

Alternaria alternata

tot 82% (n =

7 600) van ‘n saadlot kan besmet.

Dit kan verder tydens standaard ontkiemingstoetse saailingroes op

tot en met 31,74% van die ontkiemde saailinge veroorsaak. Hierdie

bevindings impliseer dus dat

Alternaria alternata

in sonneblomlande

deur besmette gekoopte saad ingebring kan word. Die omgewing

waarin die saad geproduseer is, speel ‘n belangrike rol.

Daar is tans geen geregistreerde swamdoder vir die bestuur van

Alternaria blaarroes van sonneblom in Suid-Afrika nie. Daarom is

April 2018

Hy meld dat Graan SA reeds hieroor met die Kommissie vir Interna-

sionale Handelsadministrasie (Itac) in gesprek getree het en dat ‘n

teenstortingsmaatreël tans ondersoek word.

Statutêre markinligting en

produsentelewerings

Louw noem dat daar goedkeuring van die Sonneblom-en-Sojaboon-

forum en Olie- en Proteïensade-ontwikkelingstrust (OPOT) verkry

is omweeklikse produsenteleweringsinligting vir sojabone en sonne-

blom via SAGIS in te samel. Goedkeuring is ook verkry om weeklikse

in- en uitvoerdata vir sojabone en sonneblom in te samel.

Daar sal by die Nasionale Landboubemarkingsraad (NLBR) aansoek

gedoen word om van die genoemde versameling van leweringsin-

ligting ‘n statutêre maatreël te maak. Daar is versoek dat Graan SA

deur die forum aansoek moet doen dat sojaboonoliekoekin- en -uit-

voere ook deel moet vorm van weeklikse rapporteringsinligting.

Liggingsdifferensiaal op sojabone

Louw noem dat alle ander gewasse tans die Safex-liggingsdifferen-

siaal dophou en dat daar sekere aanbevelings aan die groter

Kongres daaroor gemaak behoort te word. Die Sojaboonwegbreek-

sessie is dit eens dat daar nie ‘n Safex-liggingsdifferensiaal vir

sojabone moet wees nie en dat die vryemark die vraag en aanbod

moet beheer.

Produksie/Inset-aangeleenthede

Tantiememodel

Louw herinner die vergadering aan die aansoek vir die teling-en-

tegnologieheffing vir sojabone, wat einde 2016 by die NLBR ingedien

is. Hy noem dat die Minister van Landbou op 14 Februarie vanjaar die

heffing goedgekeur het, maar dat hy eensydig aan die bedrae en die

voorwaardes verander het. Die oliesadebedryf en Graan SA is in ‘n

proses om dit reg te stel. Die doel van die model bly om saadmaat-

skappye vir nuwe tegnologie-ontwikkeling volgens hul markaandeel

te vergoed, weens die verliese wat hul ly as gevolg van terughouding

van saad deur produsente.

Die wegbreekgroep is dit eens dat SACTA, wat geskep is om teling-

en-tegnologieheffings vir alle oopbestuifde gewasse in te samel, die

heffing moet administreer, sodat kostes so laag as moontlik gehou

word en dat daar een administrasiestelsel vir al die oopbestuifde ge-

wasse is.

Nuwe knelpunte

Mnr Gerrit Roos versoek dat daar meer aandag aan Sclerotinia ge-

gee moet word, aangesien hulle hierdie jaar weer groot verliese as

gevolg van Sclerotinia gely het.

Die voorsitter gee kortliks terugvoer oor die Sclerotinia Research

Network, wat juis op onder andere Sclerotinia fokus. Die vergade-

ring stel voor dat chemiese en saadmaatskappye by navorsing oor

Sclerotinia betrek moet word. Die vergadering stel verder voor dat

‘n lessenaarstudie deur ‘n kundige persoon oor navorsing wat reeds

oor die bestryding van Sclerotinia in die res van die wêreld gedoen

is, gedoen moet word.