Previous Page  33 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 33 / 84 Next Page
Page Background

Product information

31

April 2018

Wintergraan

Mnr Andries Theron (voorsitter: Wintergraanwerkgroep) het as voorsitter opgetree.

Teling-en-tegnologieheffing

Die nuwe aansoek vir die koringeindpunttantiemeheffing (EPR) moet

weer ingedien word. Daar is tans ongemaklikheid oor die metodiek

en die owerheid is nie altyd gemaklik met die SACTA-model nie. Die

aansoek vir sojabone is ook ingedien, maar soos vermeld is daar

ongemaklikheid en is die bedryf tans in proses om beter uitkomste

te vind. Die uitkoms sal waarskynlik die proses vir koring in die toe-

koms bepaal.

Die wegbreekgroep het ook aan die leierskap duidelike riglyne gegee

oor wat die doel van die heffing is en hoe dit aangewend en bestuur

moet word. Daar is goeie riglyne verskaf in terme van die hernuwing

van die aansoek en die moontlike bedrae wat gehef kan word.

Dr Marinda Visser (bestuurder: Graannavorsing en Beleidsentrum,

Graan SA) beklemtoon die belangrikheid van die EPR-stelsel en ver-

duidelik dat maatskappye soos Pannar, die LNR en Sensako reeds

die doeltreffendheid van ses saadbehandelingswamdoders en drie

spuitswamdoders by die LNR-Graangewasse getoets. Saadbehan-

delings wat beduidend effektief in die vermindering van Alternaria

blaarroes was, is Dynasty en Celest, terwyl die effektiewe spuit-

swamdoders Abacus (wat ook help om blaarveroudering te ver-

traag), AmistarTOP en Duett is.

Die wegbreekgroep besluit dat ‘n versoek aan saadmaatskappye

gerig moet word om saad voorkomend te behandel, om die ver-

spreiding van siektes te beperk. Onbehandelde saad moet wel vir

navorsingsdoeleindes beskikbaar wees. Verder word versoek dat

die effektiwiteit van saadbehandeling nagevors moet word en dat

die minimum ontkiemingspersentasievereiste van sonneblomsaad

ondersoek moet word. Ook dat Graan SA die erns van biosekuriteit

op saad met Sansor sal bespreek en uitvind of hulle ‘n protokol in

plek het om die verspreiding van siektes te beperk.

Sonneblomgradering: Monsterneming

Me Petru Fourie (navorsingskoördineerder en produksiekoste-analis,

Graan SA) noem dat produsente die afgelope seisoen bekommerd

was oor die graderingsproses van sonneblom. Sy meld dat die gra-

dering nie die probleem was nie, maar dat die uitdaging by mon-

sterneming lê – met ander woorde hoe die monster geneem word,

asook die monsternemingsinstrument. Sy noem dat Agbiz Grain tans

besig is met ‘n studie om die beste instrument vir monsterneming te

identifiseer, sodat hierdie verskille in gradering nie voorkom nie. Sy

sê die resultate sal deur middel van Graan SA se kommunikasiemid-

dele versprei word.

Sorghum

Mnr Willem Groothof gee terugvoer oor ‘n besoek aan die vernaam-

ste vyf sorghumverwerkers, waarmee gepoog is om uit te vind waar-

om daar nie ‘n sterk vertrouensbasis tussen sorghumprodusente en

-verwerkers is nie.

Die grootste knelpunt is die bemarking van sorghum. Hoewel die

produk glutenvry en daarom betreklik gesog in die gesondheidsmark

kan wees, beland sorghumprodukte heel dikwels op die heel agter-

ste of onderste rakke, waar verbruikers dit nie raaksien nie. Hy meld

dat die verwerkers onderneem om aandag daaraan te gee en dit op

‘n meer sigbare ruimtes te plaas. Meer aandag sal ook geskenk word

aan die advertering van die produkte as inisiatief om die kwynende

mark by te staan.

BTW op sorghum

Fourie meld dat Graan SA al menige kere vantevore aansoek gedoen

het om belasting op toegevoegde waarde (BTW) op sorghum te

skrap, maar dat dit elke keer deur die Tesourie van die hand gewys is.

Graan SA gaan egter weer eens aansoek doen omrede minister

Malusi Gigaba, Minister van Finansies, BTW tydens die begrotings-

rede met een persentasiepunt, na 15%, verhoog het. Sy sê sor-

ghumprodukte kan weens die BTW wat daarop gehef word, nie met

produkte in die waardeketting, waarop daar geen BTW gehef word,

kompeteer nie.

Safex-kontrakte

Fourie noem dat daar tydens die laaste werkgroepvergadering ver-

skillende opinies onder produsente oor die behoud van die sor-

ghum-Safex-kontrak was. ‘n Tekort aan deursigtige markinligting

bring verwarring mee en veroorsaak dat produsente en verwerkers

mekaar nie vertrou nie.

Hoewel sekere produsente van opinie is dat die sorghum-Safex-

kontrak die enigste meganisme is waarmee pryse bepaal kan word

en dit dus daarom wil behou, is die oorgrote meerderheid dit eens

dat die sorghumkontrak op Safex verwyder moet word.

Kultivarproewe

Fourie gee terugvoer oor Graan SA se sorghumkultivarproef en

noem dat hierdie projek tans in sy derde jaar is. Groothof noem dat

hy positief oor die toekoms van sorghumproduksie is en alhoewel

die Graan SA-proef tans hoofsaaklik ou kultivars evalueer, lyk dit

uiters belowend dat nuwe genetika volgende jaar in die proewe in-

gesluit kan wees. Hy verwag dat opbrengste binne die volgende paar

jaar kan verhoog, wat winsgewendheid kan verbeter.

Invoerpariteitsberekeninge

Fourie meld dat die besluit om die sorghumkontrak by Safex te

verwyder, dit essensieel maak dat die sorghuminvoerpariteits-

berekeninge akkuraat is. Terugvoer van handelaars is dat SAGIS se

invoerpariteitsbekeringe met hul bekeringe tot by Durbanse hawe

redelik ooreenstem en betreklik akkuraat is.

Die groot verskil is egter te bespeur in Randfontein se vervoerkoste.

Handelaars meld dat vervoer – afhangende van die ligging – tussen

R230/ton en R280/ton kan wees en nie R460/ton soos deur SAGIS

vermeld nie. Dit wil voorkom asof die huidige mees akkurate in-

voerberekeningsom “kusinvoerpariteit” + R230/ton - R280/ton kan

wees. Daar is tans ‘n ondersoek om te bepaal wat die beste indikasie

daarvan is, om sodoende verwarring tussen produsente en verwer-

kers uit te skakel.