Produk-inligting
TERUGBLIK
Kongres
Spesiale
WEGBREEKSESSIES
32
Wintergraan (vervolg)
April 2018
bestaande teelprogramme het, maar dat die ideaal sal wees dat
ander maatskappye met nuwe tegnologie genader word om paral-
lel te loop met die reeds bestaande saadmaatskappye. Die program
veroorsaak dat bestaande maatskappye en nuwe maatskappye
voordeel kan trek. Produsente is dit eens dat die teling-en-tegnolo-
gieheffing die behoud van die kleingraanbedryf is.
Sy noem ook dat R21,3 miljoen vir die voorteelprogram vanaf
die Staat ontvang is en dat dit reeds in werking is; teling is egter
ongelukkig ‘n tydsame proses.
Terugvoer van spesialiskomitees
Kanola
Kommer word uitgespreek oor die beskikbaarheid en prys van
kanolasaad en daar word gemeld dat die beste moontlike kultivars
geplant moet word ten einde winsgewendheid te verseker.
Produsente noem dat daar ‘n groot behoefte aan Round-up Ready-
gewasse en onkruidbestuursprogramme is. Dit is ook belangrik dat
saadmaatskappye inkoop in die bedryf.
Gars
Mededingendheid van garsbedryf
Die mededingendheid van die garsbedryf is erg in gedrang en
sal via gesonde debat en of dan alternatiewelik deur ‘n regsmening
uitgeklaar moet word ten einde die produsent, wat onder geweldige
finansiële druk is, se volhoubaarheid te verseker.
Die wegbreekgroep het die feit dat die garsprysformule verander
het, bespreek – wat na mening buite die SAB/ABInbev-samesmel-
tingsooreenkoms van die Tribunaal val.
Graan SA het ‘n skrywe aan ABInbev gerig om die ongelukkigheid
in die verband te verduidelik. Verder is die Mededingingskommis-
sie ook genader vir hul opinie rakende die verandering in die prys-
formule. In die samesmeltingsooreenkoms van ABInbev en SAB is
duidelik gemaak dat die prysformule nie mag verander as dit ‘n pro-
dusent in ‘n minder gunstige posisie plaas nie.
Dit bly ook belangrik dat die garsindustrie deur een kommunikasie-
kanaal bedryf word, om sodoende binne die Mededingingswet op
te tree.
Die produsente is ook ongelukkig omdat die graderingsvereistes
gereeld sonder konsultasie verander word. Met die eerste fase van
kontraktering vir die 2018-oes was die ontnugtering groot toe daar
bloot per skrywe te kenne gegee is dat die afgeleide prysformule
verander is – by implikasie sal die produsent as gevolg daarvan on-
geveer ‘n verdere R80/ton swakker af wees.
Garsprodusente kan by implikasie nie met bemarkers op hul eie ‘n
ooreenkoms sluit nie, maar word beperk deur een diensverskaffer
– die voorkeurverskaffer van ABInbev.
Ondersoek na struktuur van landbouchemiese bedryf aangevra
Daar is versoek dat die struktuur van die landbouchemiese bedryf
ondersoek word – spesifiek ten opsigte van die koste-effektiwiteit
van die voorsieningsketting vanaf die vervaardiger/invoerder na die
plaashek. Indien die voorsieningsketting van die landbouchemiese
bedryf in Suid-Afrika met dié van Australië en die VSA vergelyk
word, lyk die Suid-Afrikaanse model verouderd en oneffektief.
Die werksgroep het ooreengekom dat produsente hulself só sal
moet organiseer dat hulle ‘n geakkrediteerde AVCASA-persoon
onder hulle het, sodat hulle gesamentlik direk by vervaardigers kan
aankoop. Die saak is verwys na die Produksie/Insetwerkgroep, om
aandag daaraan te gee.
Koring
Die produsente het al die probleme binne die bedryf gelys en be-
spreek om moontlike oplossing te vind. Die grootste uitdaging is
dat die prys van plaaslike koring nie die kwaliteit reflekteer nie. Die
kosteknyptang groei al hoe meer en die groei in koringopbrengste
is nie genoegsaam om dit teen te staan nie. Markkragte skep ‘n on-
regverdige mededingende omgewing. Die tekort aan alternatiewe
gewasse is ‘n wesenlike uitdaging en beperk risikobestuur.
Die EPR-stelsel is die oplossing vir ‘n groot aantal van die probleme
binne koring en alternatiewe gewasse. Ongelukkig is dit nie ‘n kort-
termynproses nie, maar meer ‘n langertermynproses. Dit is verder
uiters belangrik om alternatiewe gewasse te ontwikkel.
Prof Ferdi Meyer van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid (BFAP)
het ‘n voorlegging oor internasionale mededingendheid gedoen.
Prof Meyer het deur middel van ‘n kaart, waar koring onderskeidelik
tussen 2007 en 2014 geproduseer is, die langtermyn-dalende fase
in reële pryse uitgewys.
Hy het verduidelik dat stygende koringpryse vir die afgelope tien
jaar ervaar is en produsente gemaan om opbrengste te verhoog en
uitgawes te verlaag, om sodoende volhoubaarheid te verseker.
Mnr Divan van der Westhuizen het by prof Meyer aangesluit en ‘n
voorlegging getiteld “Koringopbrengs regoor die wêreld” gedoen.
Hy het gewys dat plaaslike produksiekostes in vergelyking met
die res van die wêreld betreklik hoër is. Plaaslike opbrengste is ook
nie in ‘n wenslike posisie nie en dus sal daar heelwat meer op groei
in opbrengste gefokus moet word. Wat wel positief is, is dat stikstof
effektief benut word in vergelyking met ander lande, maar dat dit
nog steeds een van die duurste komponente binne die kostestruk-
tuur is.
Liggingsdifferensiaal
Dr Dirk Strydom (bestuurder: Graanekonomie en Bemarking,
Graan SA) doen ‘n voorlegging oor die liggingsdifferensiaal na
aanleiding van ‘n versoek vanaf die streeksvergaderings om die lig-
gingsdifferensiaal te verwyder.
Hy verduidelik dat indien die liggingsdifferensiaal weggevat word,
die produsent sy eie premies gaan moet beding. Die wegbreeksessie
bereik konsensus dat die liggingsdifferensiaal moet wegval en die
besluit word na hoofkongres verwys.