Previous Page  30 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 30 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

April 2018

28

WEGBREEKSESSIES

sit koppe bymekaar oor aktuele sake in bedryf

D

ie verhoging van opbrengste deur middel van nuwe teg-

nologie en die daarstelling van eindpunttantiemestelsels

was een van die belangrikste besprekingspunte tydens

die afgelope Graan SA Kongres se wegbreeksessies.

Die wegbreekgroepe is dit eens dat die Suid-Afrikaanse Kultivar- en

Tegnologie-agentskap (SACTA), wat geskep is om heffings vir alle

oopbestuifde gewasse in te samel, die proses moet administreer.

Alle oë is op die teling-en-tegnologieheffing vir sojabone, aangesien

die aansoekproses tans aan die gang is, maar ook omdat dit ‘n

paar uitdagings inhou – en daar selfs moontlike regstappe kan volg.

Die doel van die heffing is om saadmaatskappye en tegnologie-

verskaffers te vergoed volgens hulle markaandeel in die mark, juis

as aansporing om nuwe tegnologie die land in te bring – wat weens

die terughouding van saad tans nie die geval is nie.

By verskeie werksessies is daar konsensus bereik oor die afskaffing

van liggingsdifferensiale. Produsente is dit eens dat hulle spesifieke

markte volwasse genoeg is om hul eie premies te bepaal. Dit is ook

duidelik gemaak dat dit nie noodwendig gaan gebeur nie; ‘n magdom

voorbereiding en oorreding is nodig om dit te laat realiseer. Indien

nie, moet daar alternatiewe geskep word.

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

SA GRAAN/GRAIN

REDAKSIESPAN

Mielies

Mnr Jaco Minnaar (voorsitter: Mieliespesialiswerkgroep) het as voorsitter opgetree.

Alternatiewe beurse

Die uitdaging wat met alternatiewe beurse gepaard gaan, is by die

Mieliewegbreeksessie bespreek. Daar is bevind dat alternatiewe

beurse voorsiening kan maak vir fisiese verhandeling, maar nie vir

termynkontrakte nie. Dit maak dit moeilik om nou te verskans vir

lewering in die toekoms omdat daar nie termynkontrakte beskikbaar

is nie.

‘n Termynkontrakmark kan slegs op die stelsel geplaas word as daar

‘n klaringshuis is wat risiko’s beskerm. Tans is die JSE die enigste

klaringshuis in die land, daarom word daar slegs ‘n aandelebeurs op

alternatiewe beurse gefasiliteer.

Die moontlikheid om ‘n klaringshuis tot stand te bring, is baie duur

en kan ook nie geskied sonder goedkeuring van die Reserwebank

nie. Daar is reeds gesprekke met die Reserwebank aan die gang om

te bepaal hoe ‘n addisionele klaringshuis in die land tot stand ge-

bring kan word. ‘n Groot aantal van die landboubesighede het reeds

stelsels in plek waar fisiese verhandeling kan plaasvind.

Dienslewering op die platteland

Dienslewering op die platteland het onder die soeklig gekom en

Graan SA het die saak met Agri SA opgeneem. Dienslewering van

meganisasie-afdelings is ook hanteer. Planttye is die drukste tyd vir

Suid-Afrikaanse produsente en dit is ook wanneer die groot meer-

derheid Suid-Afrikaners op vakansie gaan.

Force Majeure

-kontrak

Graan SA is weer opnuut in gesprek met versekeringsmaatskappye,

die regering en georganiseerde landboustrukture om te bepaal hoe

‘n oesversekeringskema in die land op die been gebring kan word.

Force Majeure

is uit die Suid-Afrikaanse Graan en Oliesade (Sagos)-

kontrak uitgeskryf omdat dit ‘n moeilik-bestuurbare begrip is.

Force Majeure

gaan dus nie in kontrakte realiseer nie, maar eerder

in ‘n alternatief soos ‘n oesversekeringskema. Die wegbreeksessie

is dit eens dat, gegewe Suid-Afrika se klimaat, so ‘n skema uiters

noodsaaklik is – veral wat buitelandse mededingendheid betref. In-

ternasionale landbouers word reeds in die vorm van ‘n subsidie met

oesversekering bygestaan.

Spekulasie en verhandeling

Om te kan bepaal wie watter posisie in die mark beklee, is dit nodig

om te weet wie is verskansers en wie is spekulante. Hoewel die

JSE daarop wys dat dit ‘n groot uitdaging is dit om te bepaal, het

Graan SA steeds aangedring op ‘n

Commitment of Traders Report

.

Só ‘n verslag sal ‘n goeie idee kan gee van die verskillende posi-

sies binne die mark, maar nie noodwendig wie spekulante en ver-

skansers is nie.

Spekulante het tog nog steeds ‘n rol om te speel. Weens onseker-

heid rakende posisies in die mark en as gevolg van die invoertarief

het ‘n groot aantal spekulante uit die koringbedryf onttrek. Dit het

tot gevolg gehad dat die koringbedryf se verhandeling min of meer

stil gaan staan het. Die wegbreekgroep is dit eens dat spekulante ‘n

groot rol in die posisie in die mark speel ten einde moontlike kon-

trakte in die mark te kry, met die voorwaarde dat dit ‘n beheerde rol

binne die verhandelingsreëls is.

Fisiese lewerings en rapportering

Die verbruiker se verwerkingsyfers, wat nie by die Mededingings-

kommissie verkry kan word nie, was verlede jaar ‘n groot frustrasie.

Die kommissie was van mening dat die mark reeds die nasionale

syfers kry en wou dit nie verder in provinsiale syfers afbreek nie.

Daar moes aan hulle verduidelik word dat daar ‘n witmielie- en ‘n

geelmieliemark met verkillende konsentrasies binne Suid-Afrika is.

Die Mededingingskommissie het na dese bekend gemaak dat die

verwerkingsyfers wel provinsiaal afgebreek gaan word. Die Suid-

Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) sal maandeliks rapporteer

waar mielies en koring verwerk word.