Previous Page  31 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 31 / 84 Next Page
Page Background

Product information

29

April 2018

Sojabone

Mnr Ralf Küsel (Graan SA-hoofbestuurlid vir Streek 14) het as voorsitter opgetree.

Markaangeleenthede

Plaaslike vraag en aanbod van sojabone

Mnr Corné Louw (senior ekonoom: Insette, Graan SA) het deur mid-

del van ‘n voorlegging terugvoer oor die vraag en aanbod van soja-

bone gegee. Hy het getoon hoe die onverwerkte sojaboonvoorrade

sedert 2012 gelyk het en gewys dat die onverwerkte voorraad in die

2017/2018-bemarkingseisoen aansienlik toegeneem het. Dié hoë

oordragvoorraadsituasie het die plaaslike Safex-prys van sojabone

weg van die afgeleide sojaboonprys laat beweeg.

Hy het verder genoem dat daar verwag is dat die totale produksie

in die vorige produksiejaar van so te sê 1,3 miljoen ton verwerk sou

word, maar dat daar slegs ‘n beraamde 890 000 ton vir sojaboon-

oliekoek gepers is.

Hierdie lae perssyfer kan veroorsaak dat die land met 324 000 ton

se surplus voorraad kan sit. Die vraag bestaan, waarom slegs

890 000 ton se sojabone vir sojaboonoliekoek verwerk is, terwyl die

geskatte perskapasiteit vir sojabone tussen 1,8 miljoen en 2,2 mil-

joen ton is?

Gebruik van ingevoerde oliekoek

Dr Erhard Briedenhann het ‘n voorlegging oor die kwaliteit van so-

jaboonoliekoek, die gebruik daarvan, sowel as die verskillende lig-

gings waar sojaboonoliekoek verwerk en ook gebruik word, gedoen.

Hy het genoem dat daar in wese nie ‘n kwaliteitsprobleem met plaas-

like sojabone- en oliekoek is nie en dat dit beter of gelykstaande aan

Argentynse kwaliteit is. Die meeste van die plaaslike sojaboonolie-

koek word deur die pluimveebedryf verbruik.

Die totale invoere van sojaboonoliekoek het die afgelope seisoen

590 916 ton beloop, wat gelykstaande is aan 777 521 ton sojabone.

Graan SA onderneem om met maatskappye oor hul weiering om

plaaslike sojaboonoliekoek te gebruik, in gesprek te tree.

Mnr Jozeph du Plessis (Graan SA-hoofbestuurlid vir Streek 2) stel

ook voor dat Graan SA, gegewe die potensiële hoë oordragvoorraad,

moet seker maak dat kanale en markte oop is vir uitvoere.

Louw noem dat buitensporige goedkoop sojaboonoliekoek die

land vanaf Zambië binnekom.

Om verwerkers binne die Mededingingswet te beskerm, is bepaal

dat daar ‘n minimum van vyf verwerkers in ‘n gebied moet wees.

Provinsies is saamgevoeg om die groeperings moontlik te maak en

‘n drie maande-gemiddeld is geneem.

Uitvoer van surplus mielies

Hoewel daar reeds voor die aanvang van die seisoen planne gemaak

is om die uitvoer van surplus mielies te hanteer, het uitvoere nie

plaasgevind nie. Die prys van mielies was van so ‘n aard dat dit uit-

voere gekelder het.

Die prysverskil tussen die twee seisoene het dit bekostigbaar ge-

maak om die surplus mielies te stoor en later te verkoop. Verder was

produsente ook nie bereid om die oes teen so lae prys te verkoop

nie. Termynkontrakposisies is ingeneem en kunsmatige vraag is in

die mark geskep. Die wisselkoers wat versterk het, het ook probleme

geskep in terme van die mededingendheid van uitvoere.

Om die surplus te kan uitvoer, moet pryse tot uitvoerpariteit daal.

Die vooruitsig is dat pryse moontlik kan daal wanneer die nuwe oes

in silo’s gelewer word. Die silo’s het reeds voorraad in en as dit vol

word, gaan lewering op verdere punte moet plaasvind. Dit sal pryse

onder druk plaas. Dit is uiters belangrik dat die uitvoerpariteit van

gebied tot gebied verskil: Nader aan die hawens is die uitvoerpariteit

hoër as in die binneland.

Uitvoermarkte

Daar word tans onderhandel om nis- en premiemarkte oop te kry om

hoër opbrengs sodoende uit te voer. Iran is tans ‘n gunstige mark vir

mededingende uitvoere weens ‘n mededingende vervoervoordeel.

Suid-Afrika voldoen nog nie aan al Iran se invoerprotokolle nie en

Graan SA het by die Mielietrust befondsing gevra om sodoende ‘n

kundige persoon op ‘n deurlopende basis aan te stel om die bedryf

met die aansoeke en navorsingsanalises behulpsaam te wees.

Winsgewendheid

Die wegbreekgroep is dit eens dat winsgewendheid verhoog word

deur opbrengste te verhoog. Droogte- en hitteweerstandige kulti-

vars is deur SIMMIT ingebring en word tans getoets. Die effek van

grondgedraagde siektes en maniere waarop dit beter bestuur kan

word om opbrengs te verhoog, word ook tans ondersoek.

‘n Beskrywingspunt spesifiek oor die liggingsdifferensiaal is inge-

dra deur mnr Kerneels Claasen (afgevaardigde van Reitz) wat aandui

dat die huidige stelsel uitvoere nie bevorder nie en dat alternatiewe

oorweeg moet word. Verskillende voorbeelde van alternatiewe is

bespreek en die voorstel was dat ‘n komitee saamgestel moet word

om alternatiewe te ondersoek en sodoende voorstelle aan die JSE

te maak.

Voorstelle en nuwe knelpunte

Verskeie sake word onder hierdie tema geopper en sal na die

Graan SA-werkgroepe verwys word:

‘n Alternatiewe mark – dat die nodige owerhede genader word

oor ‘n ontwikkeling van addisionele klaringshuis.

Waardetoevoeging met mielies om op dié manier te kan uitvoer

en ‘n mark te skep.

Samewerking om die uitbreek van listeriose hok te slaan.

Dieselkwaliteit – ondersoek hoeveel paraffien in diesel inge-

meng word.

Balans moet gevind word tussen gewasse om sodoende druk

vanaf hektare wat met mielies beplant is, te verwyder.

Bevordering van industriële bedryf – kyk na alternatiewe ge-

wasse.

‘n Moniteringsprojek rakende chemie en die kwaliteit, inhoud en

ook kombinasies van onkruiddoders.