Product information
33
April 2018
Grondbone
Mnr Gerhard Bruwer (voorsitter: Grondbonewerkgroep) het as voorsitter opgetree.
Produsente voel dat koring nie onder dieselfde kam as die ander
kommoditeite geskeer kan word nie – veral rakende die liggingsdif-
ferensiaal. ‘n Groot aantal meen dat die mark volwasse genoeg is om
sonder die liggingsdifferensiaal te funksioneer. Indien die liggings-
differensiaal nie weggeneem word nie, is die voorstel dat daar as
alternatief na leweringspunte gekyk word.
Ongelykheid in koringbedryf
Mnr Mike Day doen ‘n voorlegging getiteld “The inefficient farmer
= The inefficient value chain!”
Sy studie bewys dat daar ‘n goeie balans in die stelsel rakende alge-
hele ondersteuning en mededingendheid is. Tog is dit duidelik dat
kopers ‘n positiewe voordeel geniet en die produsente ‘n negatiewe
syfer beleef wanneer dit by die waardeketting kom.
Dit affekteer produsente en verbruikers negatief en die vraag word
gevra of die stelsel werklik mededingendheid bevorder.
Graan SA onderneem om die nodige strukture te raadpleeg om die
regverdigheid van die waardeketting te herstel.
Nat gradering van grondbone-projek
Mnr Neels Wegner van die Bederfbare Produkte Uitvoerbeheer-
raad (PPECB) gee ‘n oorsig oor hulle rol in die grondboonbedryf.
Hy verduidelik dat resultate van hul navorsingsprojek ‘n riglyn vir
aftrekkings aan produsente bied wanneer grondbone op ‘n nat basis
gelewer word.
Die voorlegging het heelwat vrae opgelewer rakende die proef en
die berekening van die massaverlies vanaf ‘n nat na ‘n droë basis.
Oor die algemeen wou produsente weet hoe dit prakties toegepas
gaan word, aangesien die gradering slegs ‘n riglyn is en nie ‘n regula-
sie nie. Daar is vrae uit die vergadering of die proef die kultivars met
verskillende dopdiktes ook in ag neem en wat die moontlike impak
daarvan op die persentasie gewigaftrekking sal wees.
Wegner noem dat daar ‘n groot verskeidenheid monsters van
verskillende kultivars in die proef gebruik is en dat dit ‘n gemiddeld
van die proef weerspieël. Daar is egter nie riglyne vir verskillende
kultivars nie, maar die gemiddelde is ‘n goeie verteenwoordigende
syfer en die afwykings behoort minimaal te wees.
Die wegbreeksessie het na die voorlegging gevra dat die proef
herhaal moet word om ten minste twee seisoene se data met
mekaar te kan vergelyk.
Graderingsreëls van grondbone
Moontlike veranderinge in die graderingsreëls van grondbone is
bespreek, wat beter vergoeding vir die kwaliteit van grondbone sal
bewerkstellig. Hierdie veranderinge sal ‘n toevoeging van ‘n eerste
en tweede graad tot beide die keurgraad en persgraad wees. Dit sal
dan bekend staan as ‘n keur 1 en keur 2, terwyl die persgraad sal
bekend staan as ‘n pers 1 en pers 2. Hoewel die addisionele grade
soos uiteengesit, tans nog nie deel van die graderingsregulasies is
nie, sal dit weer voorgestel word.
Grondboonkultivarevaluasie
Die kultivarevaluasieprojek het ten doel om jaarliks resultate ra-
kende die prestasie van geregistreerde kultivars beskikbaar te stel.
Dit is belangrik dat die bedryf gesamentlik ‘n reeks onafhanklike
boeredae hou, waar die produsente die proewe in hul gebied sal kan
bywoon. Daar moet verder gepoog word om alle maatskappye se
kultivars in die evaluasieproewe te plant.
Kultivarevaluasie is met twaalf geregistreerde kultivars van drie
maatskappye (LNR, Trio Trade en Golden Peanut) op agt verskillende
lokaliteite gedoen, waarvan vyf in droëlandgebiede en drie in be-
sproeiingsgebiede gedoen is.
Wat die vyf droëlandstreke (Bultfontein, Setlagole, Hoopstad,
Bothaville en Schweizer-Reneke) betref, het die LNR se SelliePlus-
kultivar die beste gevaar, met ‘n gemiddelde opbrengs van 3,75 t/ha.
Die gemiddelde opbrengs wat oor al die kultivars en lokaliteite heen
verkry is, was 3,18 t/ha. Die beste kultivar in die besproeiingsgebie-
de was die GP023 met ‘n gemiddelde opbrengs van 3,34 t/ha.
Eindpunttantieme (EPR)-stelsel
Kommer is uitgespreek oor die gebrek aan nuwe kultivars in die
bedryf. Die huidige kultivars kom nog uit ou genebanke. Graan SA
ondersoek tans die moontlikheid van ‘n eindpunttantieme (EPR)-
stelsel in die grondboonbedryf. Die stelsel moet as aansporing vir
maatskappye dien om nuwe kultivars in Suid-Afrika, wat toegang tot
nuwe tegnologie en moontlik beter volgehoue opbrengste sal gee,
te registreer.
Grondboonprysmodel
‘n Grondboonprysmodel is weer bespreek. Die doel van so ‘n model
is om ‘n meer deursigtige produsente-in- en -uitvoerpariteitsprys
daar te stel.
Alhoewel die pariteitsprys vir lewering in Durban ‘n goeie aandui-
ding is waarteen die grondbone in die hawe gelewer moet word, is
die uitdaging steeds om ‘n deursigtige produsenteprys as verwy-
singsprys te kry.
‘n Opsie is om die geweegde gemiddelde pryse van die verskillende
lande volgens die laaste drie jaar se in- en uitvoere, te gebruik. Die
kompleksiteit van die grondboonmark en die feit dat verskillende
grade (keur/divers/pers) in- en uitgevoer word, maak egter van hier-
die berekening ‘n uitdaging.
Die ander alternatief is om soveel moontlik inligting oor kostes vanaf
verskillende verwerkers in te samel om ‘n gemiddelde kostestruk-
tuur vir uitvoere te bereken – vanaf plaasaankope tot en met die le-
wering van die grondbone in die Durbanse hawe. Daardeur kan ‘n
beter produsente-in- en -uitvoerpariteit bereken word, wat sal dien
as ‘n beter verwysingsprys ten einde hopelik meer deursigtigheid in
die mark te kry.
Graan SA sal egter steeds voortgaan om ondersoek in te stel watter
moontlikhede beskikbaar is om die beste en mees deursigtige ver-
wysingsprys vir grondbone te kry.