Previous Page  36 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 36 / 84 Next Page
Page Background

Produk-inligting

April 2018

34

Ontsluit mensekapitaal

met

effektiewe

leierskap

M

otivering word dikwels verpak in ‘n energieke praatjie

wat deur ‘n dinamiese individu gelewer word. Soms

kan motiveringsprekers luidrugtig (en selfs driftig) raak

soos wat hulle jou uit jou gemaksone wegruk en mee-

voer na ‘n sonskynland van positiewe denke en – so wil ‘n mens glo

– uitbundige uitkomste. En dan is daar Brand Pretorius.

Om dié legendariese, oud-uitvoerende hoof van McCarthy Beperk

as motiveringspreker te beleef, herinner aan my eerste rit in oom

Corrie Berg van Klein-Aub in Namibië se Citroën Pallas in die

sewentigerjare. Niks aan dié rit was gewoon nie en as jong seun het

ek gehoop dit sou nooit eindig nie. Met elke kilometer wat geruisloos

op die kalkerige grondpad verbygeswiep het, is ek meegevoer na ‘n

plek; ‘n veilige en perfekte oomblik waarin ek vir ewig wou vertoef en

vir die lewe in sy volheid kans gesien het.

Die regering se beplande onteiening van landbougrond sonder

vergoeding is dae voor die Graan SA Kongres as ‘n mosie deur

die parlement aanvaar. Graan SA se Kongrestema van boublokke

na winsgewendheid het die tafel gedek vir toeligting en gesprek

oor landbousake en -inligting wat produsente in staat kan stel om

in ‘n hoë-risiko-omgewing steeds volhoubaar te produseer. Met ‘n

warmrige debat vroeg op die eerste dag van Kongres – natuurlik

met grondbesit as ondertoon – was ‘n bonsende motiveringspreker

allermins wat die dokter vir die gemoedstoestand van die

Kongresgangers voorgeskryf het.

“Ek het soveel agting en respek vir produsente vir hul waagmoed,

kundigheid en deursettingsvermoë. Dit is vir my ‘n tragedie hoe

landbou deesdae die slaansak is – desnieteenstaande die droogte

en geen subsidies nie,” was die stelling waarmee Pretorius sy

openhartige gesprek met die landbouers geopen het. En met

Jesaja 40:31 as hoeksteen verduidelik dié staatsman/sakeman/

bemarkingsghoeroe/seun-van-Bultfontein hoe dié wat op die Here

vertrou nuwe krag kry, met arendsvlerke vlieg, hardloop en nie moeg

word nie, loop en nie afgemat raak nie.

Leierskap

“Mense spandeer dae in donkerte en ongemotiveerdheid, maar waar

leierskap is, het mense hoop en is hulle gemotiveerd en betrokke.

Wat kan jy doen om menslike potensiaal in jou boerderybesigheid

meer te ontsluit, want effektiewe leierskap ontsluit menslike voor-

deel. Alles verrys of tuimel weens leierskap,” het Pretorius dit gestel

en op die volgende uitgebrei:

As jy jouself nie kan lei nie, kan jy ook nie ander mense lei nie.

Handhaaf ‘n hoë vlak van emosionele intelligensie, hou aan

om die dinge te doen wat reg is; beoefen selfdissipline en toon

deursettingsvermoë aan die mense wat jy lei.

Jy moet die regte ingesteldheid hê.

Leierskap is nie ‘n reg nie; dit is ‘n verantwoordelikheid.

Leierskap het niks te doen met mag, gesag, outoriteit of

posisie nie.

Dit gaan inderwaarheid oor invloed – en invloed moet verdien

word deur jou voorbeeld en deur resultate te lewer.

Daar is ‘n verskil tussen om mense te lei en om mense te bestuur.

Om effektief te funksioneer, is nie al wat nodig is nie, want

goed bestuurde mense is nie noodwendig positief nie.

Doeltreffende leiers is suksesvol deurdat hulle hul spanlede

motiveer en inspireer.

Lei in lyn met ‘n geloofwaardige leierskapsinslag, want jy kan

dit nie naboots nie.

Etiese leierskap is ‘n voorvereiste vir doeltreffende leierskap.

Integriteit is die geldeenheid van leierskap. Leierskap is nie

charisma nie, maar dit is karakter. Geloofwaardigheid is ‘n

voorvereiste vir leierskap.

Transformeer en bemagtig

“Effektiewe leierskap behels die vermoë om gelyktydig te presteer

en transformeer. Ons moet transformeer en bemagtig – dit is die

nuwe normaal. Leer om in die storm te dans tot voordeel van

almal,” het hy bygevoeg. “Ons moet medeverantwoordelikheid

aanvaar vir die foute van die verlede. Maar nog belangriker is dat

ek medeverantwoordelikheid aanvaar om ‘n beter toekoms te skep.”

Pretorius het verwys na die Suid-Afrikaanse motorbedryf wat

20 na 30 jaar gelede op ‘n verloorpad was. Na ‘n verwantskap met

die regering aangeknoop is, is die land se motorbedryf ‘n suk-

sesstorie met uitvoere van plaaslik-vervaardigde motors en pro-

dukte na 120 lande wêreldwyd. Belastingvergunnings wat deur die

regering toegestaan is, speel ‘n groot rol hierin. “Vat hande om ‘n

goeie toekoms te skep,” het hy landbouers aangemoedig.

Belê in mensekapitaal

Goeie leiers het ‘n obsessie met die ontwikkeling van hul men-

sekapitaal. “Maak ‘n disproporsionele belegging in die opleiding van

jou mense en kry ‘n disproporsionele opbrengs op mensekapitaal,”

aldus Pretorius. Hy het werkgewers in landbou aangemoedig om

jong, bekwame mense vinniger met verantwoordelikheid te vertrou.

“Leiers is fakkeldraers van hoop en hoop is

‘n magtige leierskapsinstrument. Sonder

hoop bly ons gevangenes van gister en

vandag. Hoop is ‘n werkwoord. Kla minder,

bid meer, kritiseer minder, doen meer, reik

meer uit en gee meer,” het hy gesê.

“Met ‘n president soos mnr Cyril

Ramaphosa, het ek hoop vir Suid-

Afrika se toekoms. Hy het in-

tegriteit en substansie as ‘n

leier,” het Pretorius afgesluit met

verwysing na die geleenthede

waar hy saam met Ramaphosa

op direksievlak gewerk het.

TERUGBLIK

Kongres

Spesiale

JOHAN SMIT,

besturende redakteur,

SA Graan/Grain

Sy wenke vir doeltreffende leierskap

Gee leiding sonder om te mislei

Onderdruk jou ego

Bou karakter

Dien jou mense

Ag waarheid en respek altyd hoog

Brand Pretorius aan die stuur van

motiveringsake tydens Kongres.