Previous Page  66 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 66 / 84 Next Page
Page Background

Plant “TWIN-ROW” en gee

meer spasie vir elke pit

7:,1 52:

Kantore Kaapstad 021 865-2048

www.monotec.co.za

No. 1 Presisie Planter

64

Groentoer fokus op

praktiese ondervinding

G

WK se jaarlikse Groentoer, wat

deur GWK Presisieboerdery aan-

gebied word, se tema vanjaar was

“Gewasbenadering vir medium-

termynoorlewing” en het gedurende Maart

plaasgevind.

Die dag, wat bekend is vir die praktiese aard

daarvan, se hoofdoel is dat produsente by

mekaar moet leer. Meer as 200 persone

het daarvoor geregistreer. Die opening het

op die plaas De Hoek, net buite Douglas,

plaasgevind waartydens die reëlings vir

die dag deurgegee is. Mnr Pieter Bekker,

besturende direkteur van GWK Agri, het

die opening hanteer.

Daarna het ek ‘n voorlegging gedoen oor

die tema van die dag en gefokus op die

verskillende gewasse wat algemeen in die

area geproduseer word, naamlik mielies,

koring, lusern, pekanneute, grondbone,

katoen en aartappels.

Die Groentoer begin in der waarheid eers

na die voorleggings in die skuur, wanneer

daar vertrek word na verskillende plase

en lande waar praktiese aspekte rondom

gewasverbouing bespreek word. By die

besoekpunte is die aanbiedings rakende

die spesifieke gewasse hoofsaaklik deur

produsente behartig. Die aanbiedings is

geskoei op hul praktiese ervaring met die

verbouing van die gewasse. Die verskillende

gewasse wat besoek is, sluit mielies,

lusern, pekanneute, grondbone, katoen en

aartappels in.

AKTUEEL

LUAN VAN DER WALT,

landbou-ekonoom, Graan SA

1

5

3

2

6

4

1 en 2: Ongeveer 200 produsente en belanghebbendes het die GWK Groentoerdag op

Douglas bygewoon.

3 tot 6: Verskillende plase en lande is besoek, waar die aanbiedings deur produsente

behartig is. Die verskillende gewasse wat besoek is, sluit mielies, lusern, pekanneute,

grondbone, katoen en aartappels in.