Previous Page  39 / 84 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 39 / 84 Next Page
Page Background

L

isteriose word veroorsaak deur die bakterie

Listeria mo-

nocytogenes

. Dit is ‘n soönotiese (‘n siekte wat normaal in

diere voorkom en die mens kan besmet) voedsel-, water- en

melkverbondesiekte. Die meeste mense het ‘n weerstand

teen listeriose.

Belangrike bronne van

Listeria

-besmetting is beeste, bokke, skape

en pluimvee. Die bakterieë kom ook in honde, katte, hase, visse,

wild, voëls, sowel as water, melk, mis van diere, grond, verrotte

plante, modder, slyk, riool, groente wat blaarryk is, varke, kuilvoer

en vrugte voor.

Listeriose kom wêreldwyd voor, maar word meestal gevind in

gebiede waar die temperatuur gematig en koud is soos Europa,

Noord-Amerika en Nieu-Seeland. Alhoewel die kiem koeler tem-

perature verkies, kom dit ook in warmer lande soos Suider-Afrika

en talle ander lande voor. Die

Listeria

-kiem is al uit meer as 40 mak

en wilde soogdierspesies geïsoleer. Die kiem kan geredelik tussen

temperature wat wissel van 4°C tot 44°C groei.

Besmetting by mense vind gewoonlik plaas deur die inname van be-

smette rou groente wat gekontamineer is deur die mis van besmet-

te diere, besmette verwerkte vleis, sagte kaas, ongepasteuriseerde

melkprodukte en rou melk. Besmette gerookte vleis en visprodukte

kan ook ‘n belangrike rol speel in die besmetting by mense wat die

produkte eet. Die kieme lewe ook in voedselverwerkingsaanlegte

en kan vleis- asook visprodukte wat verwerk word, besmet. Dit is

moontlik dat besmetting ook deur inaseming van die kiem kan

voorkom.

‘n Groot aantal plaasdiere soos skape, bokke en beeste is onopsig-

telike (subkliniese) draers van

Listeria

-kieme en skei die kieme in

hulle mis en melk as hulle gestres word, uit. Hierdie diere is nie siek

nie. Bogenoemde diere kan ook siek word weens listeriose. Die diere

kan aborteer (nageboorte kan vassit), mastitis, bloedvergiftiging

asook breinvlies- en breinontsteking kry. Ander simptome wat die

diere toon is koors, depressie, inkoördinasie, verlamming van gesig

met eensydige verslapping van die lippe, ore en ooglede.

Sekere mense het ‘n groter risiko om om listeriose te kry: Babas

(<30 dae) en kinders onder vyf jaar, swanger vroue, persone wat

teensuurmiddels gebruik, mense wie se immuniteit onder druk is en

persone wat ouer as 65 jaar is, het ‘n groter risiko om siek te word.

Persone met diabetes (suikersiekte), lewersiekte, niersiektes en

alkoholiste loop ook ‘n risiko om listeriose te kry.

Die fetus van swanger vroue kan ook aangetas word en tot aborsies

lei. ‘n Pasgebore baba wat voor geboorte besmet is, kan breinvlies-

en breinontsteking opdoen en sterf. Swanger vroue is 20 keer meer

vatbaar vir listeriose as die gemiddelde gesonde volwasse vrou.

Persone met MIV/vigs is 300 keer meer vatbaar vir listeriose as

mense met ‘n normale immuunsisteem.

Die kieme wat die liggaam binnedring, het ‘n voorkeurvestiging

vir die brein, dermwande en plasenta. Die

Listeria

-kiem leef

binne-in liggaamselle en het die vermoë om van sel tot sel te

versprei en sodoende deur die bloedbreinskans asook die derm-

en plasentaskans te dring en infeksie te veroorsaak. Simptome

by mense wat listeriose het, kan die volgende wees: Koors,

spierpyne, naarheid, diarree, hoofpyn, stywe nek, verlies van balans,

spiertrekking en hul kan deurmekaar wees. Partykeer dink mense

hulle het griep-simptome, maar dit kan in werklikheid listeriose

wees. Die voorkoms van listeriose is sporadies wêreldwyd, maar kan

groot skade met ‘n uitbreek veroorsaak.

Die

Listeria

-kiem kan in ‘n yskas (2°C tot 6°C) oorleef en vermeerder.

Die kiem kan ook bevriesing (-9°C tot -18°C) oorleef. In die

voedselketting kan besmetting vanaf die plaas tot by die bord met

kos plaasvind. Herkontaminasie van voedsel hou groot gevaar vir

higiëniese hantering van voedsel in. Daar is tans nie ‘n geskikte

Listeria

-entstof vir voorkoming beskikbaar nie.

Voorkoming en beheer van listeriose

Was hande in skoon lopende water – verkieslik met ‘n ont-

smettingsmiddel – voor hantering van voedsel. Nie alle

ontsmettingmiddels maak kieme in die kort wasproses dood nie.

Moenie halfgaar of ongekookte vleis of vleisprodukte eet nie.

Verseker dat groente en vrugte wat rou geëet word, deeglik met

skoon water gewas is.

Hou voedsel van die begin af onder 4°C. Die gevaarsones vir

voedselvergiftiging by voedsel is tussen 4°C en 60°C.

Bedien warm voedsel onmiddellik of hou dit bo 60°C verhit.

Voorkom besmetting van alle voedsel.

Gaar en rou voedsel moet afsonderlik gehou word.

Verseker dat net hittebehandelde melk of melkprodukte

(gepasteuriseer, UHT of gekook) gebruik word.

Gerookte en verwerkte vleis- en visproduktemoet die versekering

van higiëniese en onbesmette voedsel kan waarborg.

Listeriose kan voorkom, beheer en doeltreffend behandel word

met die nodige tydige inligting, kennis en opleiding.

In sekere lande waar die temperatuur redelik gematig of koud

is, is beraam dat listeriose-gevalle by mense twaalf gevalle in

‘n populasie van ‘n miljoen per jaar kan wees.

Vir meer inligting hieroor, kontak dr Jan du Preez by

info

@

zoonoses.

co.za

of besoek

www.zoonoses.co.za .

37

May 2018

OP PLAASVLAK

Diere

DR JAN DU PREEZ,

veterinêre spesialis, Volksgesondheid

Deel 3: Soönotiese listeriose of momonukleose

‘n Groot persentasie

van hierdie gesonde

bokke en skape is sub-

kliniese (onopsigtelike)

draers van soönotiese

voedselverbonde

kieme (

Salmonella

,

Campylobacter

en

Listeria

). Indien hierdie

diere stres ervaar,

kan kieme in hulle

mis uitgeskei word.