Previous Page  47 / 108 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 47 / 108 Next Page
Page Background

Fokus

Bemesting

V

anweë ‘n skerp toename in bevolkingsgroei en daarmee

saam ‘n stygende vraag na voedsel, word jaar na jaar meer

druk op saai- en groenteprodusente geplaas om groter

oeste op dieselfde hoeveelheid grond te produseer. Om

produsente hiermee te help, is wetenskaplikes volstoom besig om

bestaande kunsmis, wat beter oeste kan meebring, te verbeter.

Een kernaspek van beter gewasproduksie is meer stikstof (N) in

die grond. Plante het stikstof nodig om te groei, maar die natuur

het nie ‘n ander manier om stikstof by die plant te kry as deur die

grond nie.

Die beste manier om dié probleem op te los, is om ureum en

ammoniumnitraat, wat stikstof vrystel, aan die plante toe te dien.

Die ureum moet egter vinnig in die grond ingewerk word nadat

dit toegedien is. Dit is gewoonlik waar die probleem lê. As dit te

lank op die grond lê, sal dit as stikstofgewende gas vervlugtig.

Oplossing

Gavilon Kunsmis het ‘n oplossing vir hierdie probleem met die

produk Source NBPT 20, waarmee ureum behandel word. Dit help

om stikstof langer in die grond te hou. Source NBPT 20 behandelde

ureum, bevat N-(n-butiel)-tiofosfortriamiede (NBPT).

Dit is juis hierdie element wat stikstofvervlugtiging teenwerk,

sodat dit langer in die grond bly. Een metode om die vervlugtiging

van ureum te voorkom, is om dit met ‘n urease-inhibeerder, naamlik

NBPT, te behandel – in hierdie geval Source NBPT 20. ‘n Urease-

inhibeerder gee ureumkorrels kans om in die grond op te los voor­

dat hidrolise plaasvind. Hidrolise veroorsaak die vorming van

ammoniak. Hierdie ammoniak-vervlugtiging (NH

3

-vervlugtiging) is

verantwoordelik vir die brand van plante.

Omdat die produk se hidroliseproses vertraag word, gee dit aan

die produsent kans om ureum deur middel van besproeiing of reën

in die grond in te was, of om dit meganies in te werk. Die maksimum

beskerming teen vervlugtiging is 14 tot 21 dae. Die ammoniak

wat hier gevorm word, kan nou veilig na ammonium (NH

4

+

)

omgeskakel word, wat ‘n sout is wat deur die grond vasgehou word.

Hierdie produk is reeds op verskeie gebiede as suksesvol bewys.

Dit is aanvanklik in denneplantasies gebruik en word deesdae ook

deur wetenskaplikes in gewasverbouing ingespan. Talle produsente

gebruik reeds die behandelde ureum as ‘n bestuursmetode om

ureum suksesvol as kunsmis te gebruik.

Ureum is in die eerste plek goedkoop en maklik verkrygbaar. Die

werking van ureum word verbeter deur Source NBPT 20 by te voeg.

Ander voordele

Daar is ook heelwat ander voordele aan die produk verbonde:

Behalwe dat dit help om stikstof langer in die grond te hou, is dit

ook meer ekonomies omdat minder kunsmis gebruik word en dit

relatief goedkoop is in vergelyking met ander produkte.

Dit kan op die meeste gewasse, asook in enige grondsoort, met

groot sukses gebruik word.

Vir produsente wat voorstanders is van geenbewerking, is daar

meer buigbaarheid in die kunsmisbestuursprogram.

Dit kan met goeie kostebesparing aangewend word in bewer­

kingstelsels op die plaas, waar stikstof deur middel van die grond

toegedien word.

Blaarbrand en wortelbrand van gewasse vind minder plaas,

omdat geen ammoniak vrygestel word nie.

Verskeie van Gavilon se kliënte gebruik reeds die produk en is

tot dusver in hul skik met die resultate wat behaal is. Dit is ‘n

eenvoudige konsep wat gebruik word om die meeste uit ‘n land te

kry, sonder dat dit die produsent ‘n fortuin kos.

Besoek Gavilon se webtuiste vir meer inligting en kontak­

besonderhede.

Groter

oeste en meer wins

Produkinligting

Leon Lotz,

verkoopsbestuurder, Gavilon

45

July 2018

1: Gavilon Kunsmis se verbeterde produk laat ureum beter vir jou oes werk. Source NBPT 20 is

‘n behandelde ureum wat meer stikstof oor ‘n langer tydperk in die grond vrystel en sodoende

plantegroei aanhelp.

2: Die nuwe Source NBPT 20 behandelde ureum het reeds uitstekende resultate behaal.

Produsente wat dit gebruik, sê hulle is baie tevrede.

1

2