ႉ
HOOFSTUK 2
IN 1931, DIE JAAR WAARIN
DIE MIELIEREËLINGSWET
IN WERKING GETREE HET,
IS 1,36 MILJOEN TON MIELIES
IN SUID-AFRIKA GEPRODUSEER.
MET DIE STIGTING VAN
DIE MIELIERAAD IN 1935 HET DIT
2,557 MILJOEN TON BELOOP.
die plaaslike mielieprys uitgeoefen het. Uitvoerders was nie direk by die produksie
van mielies betrokke nie en het geen insentief gehad om die oorskot uit te voer wan-
neer buitelandse pryse gedaal het nie. Die posisie was so benard dat dit eintlik net
twee opsies gelaat het – Staatshulp of versterking van gesamentlike bemarking.
1931-kongres
Op 10 Junie 1931 het die Landbouweekblad berig oor ’n kongres waar afgevaar-
digdes van meer as ’n honderd boereverenigings uit die mielieproduserende
gebiede van die destydse Transvaal en Oranje-Vrystaat vergader het om oor
maatreëls ter verbetering van die bedenklike toestand waarin die mieliebedryf
hom bevind het, te besin. Die voorsitter van die vergadering het verduidelik dat
dit belê was om ’n uitweg te probeer vind om die mieliebedryf van ondergang te
red. Op daardie stadium, egter, was mielies nog nie ’n erkende landbouproduk nie
en ’n dringende beroep is op die Regering gedoen om mielies as sodanig te erken,
terwyl produsente aangemoedig is om by koöperasies aan te sluit ten einde die
bedingingsmag van die koöperasies by die Regering te verhoog.
By dié kongres het die destydse waarnemende Sekretaris van Landbou aangekon-
dig dat die Regering maatreëls oorweeg het om die mieliebedryf te ondersteun.
Dit sou insluit die verwydering van die oorskot mielies uit die land, ’n verdeling van
die uitvoerverliese tussen handelaars en koöperatiewe verenigings en stabilisasie
van die binnelandse mark.
1931 – Mieliereëlingswet
Van die eerste stappe wat die Staat geneem het om die plaaslike mieliepryse (wat
op daardie stadium bepaal is deur die uitvoerprys min vervoerkoste) te ondersteun,
was deur uitvoerkwotas wat ingevolge die Mieliereëlingswet van 1931 ingestel is.
Die kwotastelsel het plaaslike kopers verplig om ’n gedeelte van die uitvoerbare oor-
skot mielies aan te koop en uit te voer, somtyds selfs teen ’n verlies, waarop hulle
’n subsidie van die Staat ontvang het. Op hierdie wyse is gepoog om ’n kunsmatige
tekort in die binneland te skep, ten einde beter mieliepryse oor die kort termyn vir
die plaaslike produsente te verseker en plaaslike prysvlakke los te maak van interna-
sionale prysvlakke wat as gevolg van die Groot Depressie met tot 50% gedaal het.
Die maatreëls het egter in die praktyk verskeie probleme opgelewer. Eerstens moes
die kwotas op die basis van vroeë oesskattings bepaal word. Tweedens moes die
kwotas vir praktiese redes verhandelbaar wees, wat tot ’n groot spekulatiewe mark
gelei het en omdat die Staat die koopprys van die kwotas gewaarborg het, het
dit in sommige jare wesenlike verliese vir die Staat tot gevolg gehad. Dit het toe
ook duidelik geword dat selfs verpligte koöperatiewe bemarking, in terme waarvan
produsente sedert 1931 hulle mielies slegs aan gelisensieerde handelaars kon
verkoop, nie die mielieprys kon stut nie, omdat koöperasies teen mekaar meege-
ding het met die gevolg dat die binnelandse prys na uitvoerpariteit gedaal het.