ႃႃ
HOOFSTUK 2
Die Mielieraad se kantore in 1969.
Ureum arriveer in Durban-hawe. Die Mie-
lieraad het ureum vir mielies geruil nadat
stikstofpryse die hoogte in geskiet het.
Video: ’n Persoonlike vertelling van produsen-
telede se destydse bedanking uit die Mielieraad
– mnr Crawford von Abo.
oorbruggingsvoorraad gehou word ten einde deurlopend in die kopers en ver-
werkers se vraag te kon voorsien.
Prysvasstelling
In die Mielieraad se jaarverslag van 1951 is gerapporteer dat die mielieprys in-
gevolge die Mieliereëlingskema jaarliks deur die Mielieraad met goedkeuring van
die Minister van Landbou vasgestel is. Die Mielieraad het ’n voorgestelde prys
bepaal, waarop die georganiseerde landbou insette kon lewer voordat dit aan die
Nasionale Bemarkingsraad voorgelê is, wat ’n verslag oor die voorgestelde prys
aan die Minister moes voorlê.
Die Mielieraad het die voorgestelde prys met inagneming van die volgende fak-
tore bereken:
• Die gemiddelde produksiekoste van mielies wat in daardie jaar met verwysing
na die gemiddelde produksiekoste in die Transvaalse Hoëveldstreek en die
Noord-Westelike Vrystaatstreek bepaal is.
• ’n Voorsiening vir gebeurlikhede, soos onvoorsiene prysstygings en rente op
bedryfskapitaal.
• ’n Ondernemersloon vir die produsente, wat op ’n bepaalde formule bereken is.
• Bykomstige oorwegings, soos vraag- en aanbodtendense en die verhouding
tussen die mielieprys en die pryse van ander landbouprodukte.
Die voorskotprys wat deur die Mielieraad vasgestel was, het beteken dat produsente
hulle beplanning vir aanplantings kon doen teen ’n vasgestelde laagste prysscenario.
Pryse is wel gestabiliseer, maar dikwels teen hoër vlakke as die wêreldmarkte.
Reeds in daardie jaar, 1951, egter, het verskille ontstaan tussen die Regering en die
Mielieraad oor die produsenteprys vir mielies, ’n “stryd” wat vir dekades daarna
nog tot groot ontevredenheid en onenigheid gelei het. Die Kabinet was naamlik nie
tevrede met die prysberekenings nie, maar het uiteindelik die Mielieraad se aan-
bevole prys aanvaar, omdat gevrees is dat daar moontlik nie genoeg mielies in die
land geproduseer sou word indien ’n laer prys vasgestel word nie.
Die mielieprys was eenvormig vir die hele land, ongeag waar die produk geoes
of gelewer is, wat beteken het dat produsente wat nader aan die mark geleë was,
die vervoerkoste van die produsente verder van die mark gesubsidieer het. Dit het
waarskynlik daartoe bygedra dat produksie in marginale gebiede uitgebrei is, wat
later weer afgeskaal is nadat beheerde mieliebemarking in 1997 afgeskaf is en ’n
vervoerdifferensiaal in werking getree het, met die gevolg dat produsentepryse nie
langer die produksie van mielies in daardie gebiede lonend gemaak het nie.
Die bepaling van die mielieprys het by verskeie geleenthede tot hewige debatte en
ontevredenheid aan die kant van produsente aanleiding gegee, soveel so dat die
produsentelede van die Mielieraad in 1985, met die volle steun van die Nasionale
Mielieprodusente-organisasie (NAMPO), uit die Mielieraad bedank het.
1957 – JOSEPH’S POLICY ACCEPTED
We all know how Joseph in Biblical times advised the Pharoah to store grain
from the seven good years for the seven lean years. This was why the Board
gave the name of “Joseph’s Policy” to its decision to carry over a maize re-
serve every year as a safeguard against a possible poor crop the next year.
The need for adequate carry-over stocks was a regular point of dis-
cussion for the Board from the early 1940s onwards. Matters came
to a head in 1957 when it became necessary to import maize to sup-
plement a shortage in domestic production. It was then decid-
ed in March 1957 to set the carry-over stock level at 636 000 tons.
This figure had been adjusted from time to time to its eventual
900 000 tons. The cost of carrying this stock was borne by the
Government in the past.
Maize Board 1935 - 1985