ႇ
HOOFSTUK 2
TEEN 1976 HET
23 BEMARKINGSRADE
BESTAAN WAT OOR
MEER AS 90% VAN
SUID-AFRIKA SE
LANDBOU-UITSETTE,
INSLUITENDE DIE
ROOIVLEISBEDRYF,
BEHEER UITGEOEFEN HET.
DAAR IS OP ’N STADIUM
NA DIE WET VERWYS
AS DIE
MAGNA CARTA
VAN LANDBOU IN
SUID-AFRIKA.
deur rade wat onder beskerming van die Wet gefunksioneer het. Dit het feitlik al die
vertakkings van landbou in Suid-Afrika in ’n mindere of ’n meerdere mate geraak.
Die belangrikste oogmerke met die Wet sowel as die Wet wat dit later vervang het,
was om bestendigheid in die pryse van landbouprodukte te bevorder, produkti-
witeit in die boerderybedryf te verhoog en die doeltreffendheid van bemarking,
verwerking en verspreiding van landbouprodukte te verbeter.
Verskillende beheerrade is vir die verskillende landbouprodukte ingestel. Die af-
sonderlike beheerrade het skemas ten opsigte van die produkte onder hulle beheer
ontwikkel en aan die Nasionale Bemarkingsraad voorgelê. Die Nasionale Bemar-
kingsraad het dan die skema, of voorstelle vir die wysiging van bestaande skemas,
oorweeg en ’n aanbeveling daaroor aan die Minister van Landbou voorgelê wat die
finale besluit daaroor geneem het.
Die eerste Bemarkingswet is in 1968 deur ’n nuwe Bemarkingswet (Wet 59 van
1968) vervang, wat hoofsaaklik ’n konsolidasie was van verskeie wysigings wat met
verloop van tyd aan die 1937-wet aangebring is. Die 1968-wet het in werking gebly
totdat dit op 1 Januarie 1997 deur die Wet op Bemarking van Landbouprodukte,
Wet 47 van 1996, herroep is, wat die einde van beheerde bemarking en die begin
van die vryemarkstel vir landbouprodukte ingelui het.
Rol en funksies van beheerrade
Die beheerrade het prysskemas bedryf wat gewissel het van eenkanaal vasteprysske-
mas en eenkanaal poelskemas tot surplusverwyderingskemas. Die meerderheid lede
van die Bemarkingsrade was produsente, maar dit het ook verteenwoordigers van
ander belangegroepe, soos verbruikers en verwerkers, ingesluit.
Die hoofoogmerkemet die Bemarkingswet was om, na die oordeel van die Regering,
’n meer vaartbelynde en ordelike landbou-omgewing te vestig, sodoende groter
stabiliteit in die pryse van landbouprodukte te bevorder en die gaping tussen die
produsenteprys en die verbruikersprys deur middel van rasionalisasie te verklein.
Die bedoeling was om die produktiwiteit van die landbou-industrie en die effekti-
witeit van die verwante industrieë te verhoog deur middel van bemarkingskemas
wat volgens die spesifieke behoeftes van die verskillende produkte ontwikkel is. In
dié bedeling is die funksies van prysvasstelling en prysrisikobestuur deur ’n paneel
deskundiges vervul wat die inligting en regte tot hulle beskikking gebruik het om
pryse vas te stel met die oog op die bevordering van die doelwit om groter stabi-
liteit in landbou te bewerkstellig.
Produsente het egter van meet af aan gekla dat pryse nie hoog genoeg vasgestel
was om die armer produsente se oorlewing te verseker nie en dat slegs groot
produsente, wat oor die vermoë beskik het om hul produksie te verhoog, daarby
gebaat het. Deur middel van die produsente se politieke invloed het hulle daarin
geslaag om groter beheer oor die bemarkingstelsel te verkry as wat die amptenare
wat die instelling van beheerrade voorgestaan het, voorsien het. Ekonome en teen-
standers van beheerde bemarking, daarenteen, het gemeen dat produsentepryse
oor die algemeen hoër as markwaarde vasgestel was, wat tot oneffektiwiteit en
onproduktiewe praktyke aanleiding gegee het.
Ten spyte van die weerstand en kritiek, het beheerrade vir die landboubedryf in
Suid-Afrika vir sowat 60 jaar voortbestaan.
DIE BEHEERRADE IN DIE GRAANBEDRYF
Die eerste beheerrade wat onder die Wet gefunksioneer het, was die Mielieraad
en die Koringraad. Die rol en funksies van die beheerrade was in wese dieselfde
vir die verskillende produkte wat onder hulle beheer geplaas is. Die belangrikste
rol was waarskynlik die vasstelling van en beheer oor pryse. Die Rade het egter
nie self die pryse vasgestel nie, maar het voorstelle daaroor aan die Nasionale
Bemarkingsraad voorgelê, wat dan ’n aanbeveling aan die Minister van Landbou
gemaak het.
Die Nasionale Bemarkingsraad is uit staatsamptenare saamgestel en was volgens
die verslag van die Kassier Komitee nie altyd neutraal nie, wat daarop sou dui dat