DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႃႂ
Die Mielieraad was dus in effek in die posisie waar hy totale beheer oor mielievoor-
rade kon behou. Sodoende het die Raad geweet presies hoeveel mielies in die land
beskikbaar was, wat dit in staat gestel het om die Minister van behoorlike advies
oor die uitvoer of invoer van mielies te voorsien en oordragvoorrade te beheer.
Dit het ook bygedra tot beter beplanning met distribusie en die uitskakeling van
onnodige kruisversporings, wat in die era voor die instelling van die Mielieraad
ongekoördineerd en geweldig oneffektief was.
1957 – Josefsbeleid
Reeds vanaf die vroeë 1940’s was die behoefte aan ’n voldoende oordragvoorraad
’n gereelde punt van bespreking in die Mielieraad. Dit is in 1957 op die spits gedryf
toe mielies ingevoer moes word om die tekort in die binnelandse produksie aan te
vul. Na aanleiding daarvan het die Mielieraad besluit om ’n jaarlikse oordragvoor-
raad van 630 000 ton mielies vas te stel. Die vereiste oordragvoorraad is van tyd tot
tyd aangepas en het in 1985 reeds op 900 000 ton gestaan.
Hierdie beleid van die Mielieraad om in die goeie jare vir moontlike tekorte in vol-
gende jare voorsiening te maak, het as die Josefsbeleid bekend gestaan, ontleen
aan die Bybelse verhaal van Josef wat die Farao geadviseer het om graan in die
sewe goeie jare op te berg met die oog op die sewe swak jare wat voorspel is.
Die Josefsbeleid was die een deel van die Mielieraad se oordragvoorraadbeleid.
Daar is ook voorsiening gemaak vir oorbruggingsvoorraad ten einde te verseker
dat genoeg mielies beskikbaar sou wees totdat die produsente begin het om hulle
oeste in te lewer en die Mielieraad in ’n posisie was om besluite oor die verspreiding
daarvan te neem. Voor die tyd van tegnologie soos faksmasjiene en die internet
(wat in elk geval eers in die laaste jare van die Mielieraad se bestaan gekom het)
is inligting oor graanlewering per magneetband aan die Mielieraad gestuur, wat
dit gemiddeld eers na tien werksdae ontvang het. Eers daarna kon reëlings vir
die verspreiding van die voorraad geneem word, wat dit nodig gemaak het dat ’n
Swaziland
Botswana
Zimbabwe
Mosambiek
Namibië
KwaZulu-
Natal
Lesotho
Noord-Kaap
Wes-Kaap
Oos-Kaap
Vrystaat
Mpumalanga
Limpopo
Noordwes
Gauteng
Gebied A
(Noordwes, Vrystaat, Gauteng en Limpopo Provinsies, asook die
noordelike en noord-westelike gedeelte van KwaZulu-Natal en ’n klein gedeelte
van die Noord-Kaap in die Hopetown-gebied)
Gebied B
(Verskillende klein areas in die sentrale, suidelike en suidwestelike
gedeeltes van die land – nie op kaart aangedui nie)
Gebied C
(Res van die land)
Die drie produksiegebiede van die Mielieraad.