DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႈ
pryse nie altyd ekonomies regverdigbaar was nie. Die Minister het uiteindelik oor
die pryse besluit, wat by verskeie geleenthede tot groot ontevredenheid onder
veral mielieprodusente gelei het, omdat die Minister nie die produsentepryse wou
aanvaar soos deur die Mielieraad voorgestel nie.
Mielies
Die volgende tabel bevat ’n samevatting van die belangrikste momente in die geskie-
denis van beheer oor en geleidelike deregulering van die mieliebedryf in Suid-Afrika:
1931
Mieliereëlingswet – uitvoerkwotas
1935
Mieliereëlingswysigingswet, Mielie-adviesraad aangestel, beheer oor die uitvoer van mielies
1937
Bemarkingswet
1938
Eerste Mieliereëlingskema ingevolge die Bemarkingswet daargestel, gewysig vanaf 1 Mei 1939
1944/1945 Begin van eenkanaalbemarkingstelsel vir mielies
1953
Stigting van Mielieraad se Stabilisasiefonds
1979
Somergraanskema
1987
Somergraanskema word eenkanaalpoelskema
1994/1995 Deregulering begin met die implementering van ’n surplusverwyderingskema, vloerprys
en uitvoerbeheer
1995/1996 Gedeeltelike vrystelling van uitvoerverbod aan die handel – die Mielieraad bestuur
uitvoerpoele
1996/1997 Mieliebemarking in geheel gedereguleer
1997
Mielieraad beëindig operasionele funksies
Die westelike vleuel van die Uniegebou, waar die eerste Mielieraadsvergadering gehou is.
Die owerheid se bemoeienis met die mieliebedryf was aanvanklik daarop gemik
om probleme as gevolg van klimaatsfaktore te ondervang. Die eerste daarvan was
in 1916 in die vorm van lenings vir die aankoop van vee, saad, gereedskap en kuns-
mis en later ook vir veevoer en vervoerkoste van vee.
Gedurende die 1920’s het produsente oor die algemeen goeie pryse vir hulle mielies
gekry, ten spyte van ’n redelike hoë aanbod as gevolg van goeie oeste. Teen 1930 en
1931, met die Groot Depressie, het mieliepryse wêreldwyd egter dramaties gedaal,
wat tesame met goeie oeste in die 1931/1932-seisoen geweldige afwaartse druk op