DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႆ
het gemeen dat prysvasstelling sonder inagneming van al die faktore wat vraag en
aanbod bepaal, oorskotproduksie in die hand kon werk. Die Kommissie was verder
van mening dat die bestaande probleme in die bedryf deur middel van die han-
del opgelos moes word en het aanbeveel dat ’n adviesraad ingestel word om die
Minister van Landbou oor sake rakende die mieliebedryf te adviseer.
Statutêre beheer ingevoer
Ten spyte van die sterk standpunt wat die Kommissie teen inmenging in die vrye-
markstelsel ingeneem het, het die Minister van Landbou mettertyd die siening
gehuldig dat dit wys sou wees om permanente en gespesialiseerde beheerrade
met groter magte in te stel sodat hulle ’n stabiliserende rol ten opsigte van pryse
en die bestuur van voorrade kon speel. Benewens al groter-wordende druk uit
produsentegeledere vir beheer, het faktore soos die haglike finansiële posisie
van produsente, skerp prysskommeling en die stabiliserende effek wat beperkte
staatsbetrokkenheid in die bemarking van botter, kaas, tabak en wyn gehad het,
blykbaar die Minister van Landbou se siening beïnvloed. Daarbenewens het leiers
in hulle denke begin om te aanvaar dat Suid-Afrikaanse produsente die eerste reg
op die binnelandse mark gehad het en op stabiele, lonende pryse geregtig was.
Dit blyk dat nie al die destydse koöperasies die gedagte van beheerde bemar-
king gesteun het nie en dat sommige ekonome van mening was dat die finansiële
hulpbronne wat landbou benodig het, meer winsgewend deur ander sektore,
soos die mynbedryf, gebruik kon word. Andere was weer die mening toegedaan
dat landbou ontwikkel moes word ten einde tot die langtermyn volhoubaarheid
van die Suid-Afrikaanse ekonomie by te dra.
Vanaf die einde van 1931 het die Regering reeds begin om die uitvoer van graan-
produkte te subsidieer, wat in wese die begin was van graanprysbeheer in Suid-
Afrika. Verskeie verwikkelinge in die mielie- en koringbedryf het ook daarop gedui,
soos later in die hoofstuk duideliker sal word.
Ten spyte van die kritiek en teenstand, ook in navolging van maatreëls wat in ander
lande ingestel is om die gevolge van die groot droogte in die VSA, Australië en
Afrika, en die wêreldwye depressie van 1932/1933 teen te werk, het die Parlement
uiteindelik in 1937 ’n Bemarkingswet, Wet 26 van 1937, goedgekeur wat die weg
vir eenkanaalbemarking gebaan het. Dit was ’n magtigingswet wat voorsiening ge-
maak het vir die instelling van ’n Nasionale Bemarkingsraad en vir die skepping
van skemas vir die beheer van produksie en die bemarking van landbouprodukte
Die Wet wat eenkanaalbemarking ingestel
het.
Gradering van mielies.