ႅ
HOOFSTUK 2
Sakstapeling.
Vir ongeveer 25 jaar nadat die stigting van koöperasies momentum gekry het, is
produsente se graan hoofsaaklik deur die koöperasies bemark. In die geskied-
kundige rekords van sommige van die koöperasies van daardie tyd lees ’n mens
van probleme as gevolg van droogtes, misoeste, onstabiele pryse, probleme wat
deur invoer van graanprodukte en verkoop van graan buite-om die koöperasies
veroorsaak is, en ander praktiese probleme wat die graanbedryf ervaar het.
Die Staat het die hoop gekoester dat die koöperatiewe beweging sou bydra om
die graanmark te stabiliseer deur geordende bemarking van hul lede se produkte.
Dit het vir verskeie redes egter nie gebeur nie, waarvan sommige ’n paar dekades
later in die vryemark weer kop uitgesteek het. Produsente het byvoorbeeld produk-
siekrediet by die koöperasies gekry, maar dan nie die oes aan die koöperasie
gelewer ten einde die skuld terug te betaal nie.
Die stelsel het wel in normale tye redelik goed gewerk, maar tydens die Groot
Depressie van die vroeë 1930’s het dit onder geweldige druk gekom. Pryse het
gedaal en in die geval van mielies was koöperasies genoodsaak om tot ’n groter
mate self mielies in te koop; soveel so dat koöperasies in 1933 sowat 60% van die
mielies wat bemark is, hanteer het. Dit het in tye van oorskotte tot gevolg gehad dat
die plaaslike prys van mielies gestyg het, omdat oorskotte teen verliese uitgevoer
moes word en die binnelandse prys die uitvoerverliese moes help dra.
Hierdie en ander probleme het waarskynlik aanleiding gegee tot die stigting van
die “Centraal Agentschap” met die doel om, onder andere, mededinging tussen die
koöperasies te verminder, veral ten opsigte van graanbemarking. Daar is nie veel
inligting oor daardie organisasie beskikbaar nie, maar dit was waarskynlik ’n tipe
van sentrale koöperasie en is in 1935 gelikwideer, wat daarop dui dat dit nie baie
suksesvol was om die probleme van die tyd op te los nie.
Reeds voordat die Centraal Agentschap gelikwideer is, het sekere van die koöpe-
rasies besluit om die instelling van ’n statutêre eenkanaalbemarkingstelsel vir
graan te versoek. Na aanleiding daarvan is ’n Kommissie van Ondersoek insake
Samewerking en Landboukrediet in 1934 ondervoorsitterskap van dr PR Viljoen,
die Sekretaris van Landbou, aangestel met die doel, onder andere, om te bepaal
watter rol koöperasies in die bemarking van landbouprodukte moes speel.
Die Kommissie het sterk standpunt ingeneem teen die instelling van enige vorm
van statutêre eenkanaalbemarking, omdat dit noodwendig sou lei tot die vasstel-
ling van pryse op hoër vlakke as wat markfaktore sou regverdig. Die Kommissie
Grafiek 3: Plase in Suid-Afrika, 1910 en 2007
150 000
100 000
50 000
0
R/ha
1910
2007
Aantal plase
Totale hektare (duisend)
Grafiek 1: 1910 – Landbou se bydrae tot to-
tale BBP vir Suid-Afrika
Grafiek 2: 1910 – Persentasie bydrae tot
landbou-BBP in Suid-Afrika
Ander
Lewendehawe
Landbou
Akkerbou
Tuinbou
81%
55%
9%
19%
36%
’n Ou dorsmasjien.