GSA Annual Report/Jaarverslag 2015 - page 58-59

Marketing division
Afdeling Bemarking
ontwikkeling te vier, uitnemendheid in die veld te beloon,
en bowenal transformasie in graanproduksie te erken.
Solomon Masango van Carolina in Mpumalanga is as
die
2015 Graan SA/ABSA/John Deere Financial Nuwe-
era Kommersiële Boer van die Jaar
aangewys. Masango
het ‘n John Deere 5403 MFWD-trekker, geborg deur John
Deere Financial in vennootskap met ABSA, gewen – die
eerste keer in die geskiedenis van die kompetisie dat so ‘n
prys betrokke is. Masango boer op Brakspruit, wat aan die
Ubuhle Uyazenzela CPA behoort. Masango het in 2012 by
die Graan SA Landbou-ontwikkelingsprogram aangesluit,
en in 2014 by die Carolina-studiegroep. Hy het 150 ha
mielies aangeplant en het sy gemiddelde opbrengs die
afgelope jaar vanaf 3,5 t/ha tot 6 t/ha verhoog, het 200 ha
sojabone geplant en ‘n gemiddelde opbrengs van 1,5 t/ha
behaal. Masango was verheug dat hy gewen het, en het
die Here en sy vrou, met wie hy al 15 jaar getroud is, vir
die ondersteuning en aanmoediging bedank. Die ander
finaliste in hierdie kategorie was Vuyani en Lungelwa Kama
van Maclear en Maseli Letuka van Kestell.
Daliwonga Nombewu van Mthatha is as die
2015 Graan SA/
Syngenta Kleinskaalse Boer van die Jaar
aangewys. Tydens
sy loopbaan as taxibestuurder het Nombewu ‘n belang-
stelling in boerdery ontwikkel en by ‘n Graan SA-studie-
groep aangesluit en verskeie opleidingskursusse bygewoon.
Nomwebu het 13 ha mielies geplant en verwag ‘n gemid-
delde opbrengs van 4,5 t/ha. Die ander finaliste in hierdie
kategorie was Salphanius Motswenyane van Lichtenburg
en Lawrence Mtsweni van Nigel.
Ngubengcuka Christian Moyo van Maclear is as die
2015
Graan SA/ABSA Bestaansboer van die Jaar
aangewys.
Moyo het besef dat hy ‘n bestaan uit boerdery kan maak,
uit sy werk by die Departement van Landbou, Bosbou
en Visserye bedank en in 2008 sy boerderyloopbaan
op gemeenskaplike grond begin. Ngubengcuka het
2,5 ha mielies op droëland geplant. Hy het sedert
die 2013/2014-plantseisoen geenbewerkingspraktyke
geïmplementeer. Die ander finaliste in hierdie kategorie
was Jabulani Abednego Mbele van Winterton en
Musawenkosi David Ntombela van Bergville.
Graan SA het ook die geleentheid gebruik om dr Julian
Jaftha, Hoofdirekteur: Plantproduksie en Gesondheid
in die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye,
met die 2015 Graan SA Inspirasietoekenning te vereer
om erkenning te verleen aan sy deurlopende bydraes
tot die graanbedryf, uitnemendheid deur middel van
buitengewone resultate en inspirasie vir die bedryf
om meer mededingend te wees in sy verbintenis tot
uitnemendheid. Dr Jaftha het Graan SA al met verskil-
lende kwessies bygestaan, byvoorbeeld die hersiening
van die voortelingskoringplatform, en ook verseker dat
boere se voorregte in die Wet op Planttelersregte
behoue bly.
Agri Mega 2015
Die Graan SA-ledetent by hierdie jaar se geleentheid was
wel kleiner, maar met onbeperkte gasvryheid vir lede. Bo en
behalwe die informele netwerkgeleenthede het Graan SA in
samewerking met Standard Bank die gewilde graandebat
aangebied. Die onderwerp hierdie jaar was: “Hoe kan ons
die produksie van koring in die Kaapprovinsie sowel as in
Suid-Afrika verhoog
?
”. Paneellede het verteenwoordigers van
Overberg Agri, Bester Voer en Graan en Tiger Brands ingesluit.
Ander gebeure
Benewens hierdie gebeure het Graan SA ook aan die vol-
gende gebeure en liefdadigheidsgeleenthede deelgeneem:
► Senwes Toekomsfokus
► 67 Minute vir Mandela Dag
► African Farmer’s Expo
► SA Agri-werkswinkel
Ondersteuning van bemarkingsinisiatiewe
Bemarkingskommunikasie
Ter ondersteuning van belanghebbendes en lede-
betrokkenheidsintervensies, is handelsmerkmateriaal
en korporatiewe geskenke geproduseer en onder
teikengehore uitgedeel.
Aanlynteenwoordigheid
Webwerf
Graan SA het voortgegaan om sy webwerf te gebruik om
doeltreffend elektronies met sy lede, belanghebbendes
en die algemene publiek te kommunikeer. Die webwerf
se inhoud word deurlopend bygewerk en artikels en pers-
vrystellings oor die werk wat Graan SA doen, insluitende
hoe dit met die regering, akademiese en openbare
strukture saamwerk, word gepubliseer.
Meting van prestasie
Monitering en evaluering
Ten einde te verseker dat openbarebetrekkinge-aktiwiteite
relevant bly, word bemarkingskommunikasie-aktiwiteite
en -inisiatiewe deurlopend gemoniteer en geëvalueer.
Graan SA moniteer sy mediavermelding sowel as dié van
sy Hoofbestuur op ‘n daaglikse grondslag, en dit verskaf die
geleentheid om te reageer waar nodig en om op hoogte
te bly van plaaslike en internasionale nuus.
Bedryfsheffing
Groot dank word uitgespreek aan lede van Graan SA
wat die afgelope jaar hul heffings getrou betaal het.
Die heffinginkomste bly steeds die belangrikste en
ook die grootste bron van inkomste vir Graan SA. Die
2014/2015-bemarkingsjaar het ‘n groot oes gelewer en
Graan SA het van die geleentheid gebruik gemaak om
die reserwes aan te vul na ‘n wesenlike surplus op die
heffingsfonds. Lede kan verseker wees dat enige surplusse
aangewend word vir droë jare soos 2015/2016-seisoen.
Lidmaatskap by Graan SA
Graan SA se Grondwet maak voorsiening vir kommersiële
lede sowel as studiegroeplede. In terme van die Grondwet
is lidmaatskap vir kommersiële lede onderhewig aan
die betaling van ‘n bedryfsheffing per ton op alle graan
geproduseer, met ‘n minimum bedrag van R1 000 plus BTW
betaalbaar vir volwaardige lidmaatskap.
Die heffing per ton per gewas word in
Tabel 1
(bl 58)
uiteengesit.
Nuwe era-produsente wat graan produseer kan
ook ‘n lid van Graan SA word deur die neergelegde
studiegroepledegelde te betaal. Tans beloop die
studiegroepledegelde R15.
Openbare betrekkinge (vervolg)
the organisation, and the
Day of Celebration
is an
opportunity to celebrate farmer development, recognise
excellence in the field and, above all, acknowledge
transformation in grain production.
Solomon Masango from Carolina in Mpumalanga
received the award as
2015 Grain SA/ABSA/John Deere
Financial New Era Commercial Farmer of the Year
. And,
for the first time in the history of the competition, Masango
won a John Deere 5403 MFWD tractor sponsored by John
Deere Financial in partnership with ABSA. Masango farms
on Brakspruit, which belongs to the Ubuhle Uyazenzela
CPA. Masango joined the Grain SA Farmer Development
Programme in 2012 and the Carolina study group in 2014.
He planted 150 ha of maize, increasing his average yield
from 3,5 t/ha to 6 t/ha in the past year, and planted
200 ha of soybeans with an average yield of 1,5 t/ha.
Overjoyed on learning that he had won, Masango
thanked the Lord and his wife of 15 years for the support
and encouragement. The other finalists in this category
were Vuyani and Lungelwa Kama from Maclear and
Maseli Letuka from Kestell.
The
2015 Grain SA/Syngenta Smallholder Farmer of the
Year
was Daliwonga Nombewu from Mthatha. Following
his career as a taxi driver, Nombewu developed an
interest in farming and joined a Grain SA study group
and attended various training courses. Nomwebu
planted 13 ha of maize and is expecting an average
of 4,5 t/ha. The other finalists in this category were
Salphanius Motswenyane from Lichtenburg and
Lawrence Mtsweni from Nigel.
The
2015 Grain SA/ABSA Subsistence Farmer of the
Year
award went to Ngubengcuka Christian Moyo
from Maclear. Realising he can make a living through
farming, Moyo left his job at the Department of
Agriculture, Forestry and Fisheries and started his
farming career in 2008 on communal land. Ngubengcuka
planted 2,5 ha of maize on dryland. Since the 2013/2014
planting season he has implemented no-till practices.
The other finalists in this category were Jabulani
Abednego Mbele from Winterton and Musawenkosi
David Ntombela from Bergville.
Grain SA also used the opportunity to honour Dr Julian
Jaftha, Chief Director: Plant Production and Health in
the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries, with
the 2015 Grain SA Inspiration Award in appreciation of
his ongoing contributions to the grain industry, excelling
to achieve extraordinary results and inspiring the industry
to be more competitive in its commitment to excellence.
Dr Jaftha has assisted Grain SA with various issues such
as reviewing the pre-breeding wheat platform, as well as
ensuring the farmers’ privileges are retained in the Plant
Breeders Rights Act.
Agri Mega 2015
The Grain SA members’ tent at this year’s event, albeit smaller,
had unlimited hospitality to offer members. In addition to the
informal networking opportunities, Grain SA, in collaboration
with Standard Bank, presented the popular grain debate. The
topic of the year was: ‘How can we increase the production
of wheat in the Cape Province as well as in South Africa
?
’.
Panel members consisted of representatives of Overberg Agri,
Bester Feed and Grain and Tiger Brands.
Public relations (continued)
Other events
In addition to these events, Grain SA further participated in
the following events and charity drives:
► Senwes Future Focus
► 67 Minutes for Mandela Day
► African Farmer’s Expo
► SA Agri workshop
Supporting marketing initiatives
Marketing communication
In support of stakeholder and member engage-
ment interventions, various branding materials and
corporate gifts were produced and distributed
to targeted audiences.
Being online
Website
Grain SA continued to utilise its website to effectively
communicate electronically with its members, stake-
holders and the general public. The website contents
are updated continuously and articles and press
releases on the work Grain SA is doing, including
how it collaborates with government, academic
and public structures, are published.
Measuring performance
Monitoring and evaluation
In order to ensure the relevance of the public relations
activities, monitoring and evaluation of all marketing
communication activities and initiatives are ongoing.
Grain SA monitors its media mentions as well as those of
its Executive on a daily basis, providing the opportunity to
respond where necessary, and to keep abreast of local
and international news.
Commodity Levy
We would like to thank members of Grain SA who
regularly paid their levies over the past year. The levy
income remains the most important and also the
biggest source of income to Grain SA. The 2014/2015
marketing year produced a big crop and Grain SA
used the opportunity to replenish the reserves after a
material surplus on the levy fund. We assure members
that any surpluses are employed for dry years like the
2015/2016 season.
Membership of Grain SA
The constitution of Grain SA makes provision for
commercial as well as study-group members. In terms
of the constitution, membership for commercial members
is subject to the payment of a commodity levy per ton on
all grain produced, with a minimum amount of R1 000 plus
VAT payable for full membership.
The levy per ton per crop is set out in
Table 1
(p 58).
New era farmers who produce grain can also become
members of Grain SA by paying the study-group
membership fees stipulated. Currently the study-group
membership fees are R15.
56
57
1...,38-39,40-41,42-43,44-45,46-47,48-49,50-51,52-53,54-55,56-57 60-61,62-63,64-65,66-67,68-69,70-71,72-73,74-75,76-77,78-79,...104
Powered by FlippingBook