Background Image
Previous Page  45 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 45 / 124 Next Page
Page Background

Onkruid se weerstand

teen onkruiddoders

dít is hoe groot die probleem in ons somerreënvalstreek is

D

ie geskiedenis van onkruiddoderweerstand in Suid-Afri-

ka is in vele opsigte soortgelyk aan die ontstaan en

ontwikkeling van hierdie enorme probleem in verskeie dele

van die wêreld. Tipies sorg gemeenskaplike klimaat- en

grondtoestande vir sterk ooreenkomste in gewas- en onkruidsoor-

te, onkruiddoders en onkruiddoderweerstandgevalle – selfs tussen

geografiese gebiede wat ver van mekaar verwyderd is.

Suid-Afrika het byvoorbeeld heelwat in gemeen met Australië

– die heel eerste geval van weerstand teen glifosaatonkruiddoder

is in 1996 by ‘n eenjarige raaigras (

Lolium rigidum

)-populasie in

‘n Australiese vrugteboord bevestig en skaars een jaar later is dit

in die Wes-Kaap vir dieselfde onkruidsoort en onkruiddoder

aangemeld (Cairns en Eksteen, verwysing in Pieterse, 2010).

Om perspektief op ons eie weerstandprobleme te kry, is dit nodig

om die wêreldsituasie te beskou. ‘n Uitstekende bron van inligting

oor internasionale onkruiddoderweerstand is die webtuiste wat

deur dr Ian Heap uit die VSA bestuur word, naamlik

www.

weedscience.org/

.

Jongste statistieke (Heap, 2017) dui aan dat daar tot dusver

480 gevalle van onkruiddoderweerstand wêreldwyd, by 251 ver-

skillende onkruidspesies en vir 163 verskillende onkruiddoders,

aangemeld is.

Die onrusbarende feit is dat daar reeds vir 23 van die 26 beskikbare

groeperings van onkruiddoders (= meganismes-van-werking) on-

kruiddoderweerstand iewers in die wêreld aangemeld is. Verswa-

rend hiertoe is die verwagting dat daar volgens Stübler (2016) vir

die volgende tien jaar waarskynlik nie splinternuwe chemie – dit

wil sê unieke onkruiddodermeganismes-van-werking – tot ons

redding gaan kom nie.

Oorsig van onkruiddoderweerstand

in Suid-Afrika

Eenjarige raaigras (

Lolium rigidum

) se weerstand teen glifosaat

was nie die eerste geval van weerstand teen ‘n onkruiddoder

in hierdie onkruidspesie nie, want reeds in 1993 het Botes en

Van Biljon (Pieterse, 2010) weerstand daarvan teen lede van beide

die ALS-inhibeerders (byvoorbeeld chlorsulfuron) en ACCase-

inhibeerders (byvoorbeeld dichlofop-methyl) in Suid-Afrika ge-

rapporteer.

Ongeveer ‘n dekade vroeër, in 1984, is die heel eerste geval van

weerstand teen onkruiddoders in Suid-Afrika amptelik aangemeld

– en wel vir sekere lede van die ALS- en ACCase-inhibeerders

waarteen weerstand in wildehawer (

Avena fatua

) ontwikkel is

(Cairns en Laubscher, 1986).

‘n Mens sou kon redeneer dat die Suid-Afrikaanse kleingraanbedryf

en maatskappye wat onkruiddoders vervaardig reeds in die tag-

tigerjare moes besef het dat daar ‘n katastrofe dreig, maar dan weer

is dit te verstane dat versiendheid op daardie stadium deur gebrek

aan kennis van die probleem gekortwiek is.

In daardie tydsgewrig was dit wêreldwyd dieselfde situasie. Lesse

oor hoe die natuur op mense se aksies (byvoorbeeld gewasproduk-

sie) reageer, word in die algemeen maar stadig geleer – veral in

gevalle waar van die produsent verwag word om pro-aktief op te

tree nog voordat die probleem bestaan en dan nogal met verhoogde

insetkoste – tipies die situasie wat geld vir weerstandbestuur.

Gebrekkige insig in die beginsels van weerstand en gevolglike

versuim om tydig stappe te neem, is vandag steeds aan die orde

van die dag regoor die wêreld. Australië is ‘n uitsondering omdat

hulle relatief vinnig uit foute geleer het en die globale leier

geword het op die terrein van doeltreffende onkruiddoder-

weerstandbestuur.

‘n Enkele historiese onkruiddoderweer-

standgeval in die somerreënvalstreek

Vandat die eerste geval van onkruiddoderweerstand in Suid-Afrika

kop uitgesteek het tot nou – dit wil sê in die bestek van net meer as

30 jaar (1984 tot 2016), was onkruiddoderweerstand grootliks

beperk tot landoppervlaktes onder kleingrane, vrugte en wingerd,

in die Suid- en Wes-Kaapstreke – met ander woorde in die

winterreënvalgebied.

Net een weerstandgeval is tot dusver in die somerreënvalstreek

bevestig – in die Delmas-distrik is ‘n populasie van

Amaranthus

hybridus

(misbredie) in ‘n mielieland opgespoor wat weerstandig

teen atrasien-onkruiddoder is (Sereda, Erasmus en Coetzee, 1996).

Hierdie weerstandgeval was iets besonders, want die populasie

was in staat om ‘n 25 keer groter dosis as die geregistreerde

atrasiendosis vir mielies te trotseer en wel 25 kg atrasien per

hektaar, oftewel 50 liter/ha Gesaprim® 500 SC – sonder dat ‘n enkele

toetsplant gedood is.

Volgens die streng kriterium vir bewese onkruiddoderweerstand,

te wete dat onkruiddoderweerstand alleenlik by wyse van ‘n artikel

in ‘n wetenskaplike joernaal gerapporteer kan word, is daar tot op

hede slegs agt weerstandgevalle (= onkruidspesies) in Suid-Afrika

bevestig – sewe gevalle/spesies is tipiese winteronkruide van die

winterreënvalstreek, terwyl slegs een (

Amaranthus hybridus

) ‘n

tipiese someronkruid in die somerreënvalstreek is (Pieterse, 2010).

Wat het sedertdien, na ongeveer 20 jaar, van hierdie atrasien-

weerstandige misbredie (

Amaranthus hybridus

)-populasie geword?

Vir alle praktiese doeleindes het hierdie onkruidpopulasie in die

Delmas-distrik soos die spreekwoordelike Hoëveldse mis voor die

son verdwyn – of het dit?

Om die vraag behoorlik te antwoord, is dit eerstens nodig om

perspektief op die wêreldsituasie vir weerstand van misbredie teen

atrasien te plaas: In mielies is die eerste geval in 1972 (Maryland,

VSA) aangemeld en daarna in dieselfde gewas in Italië (1978),

Frankryk (1980), Spanje (1985) en Suid-Afrika (1993 - 1996) (bron:

www.weedscience.org /

).

DR CHARLIE REINHARDT,

dekaan van die Villa Academy, buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die

Universiteit van Pretoria en buitengewone professor in die Departement Agronomie, Stellenbosch Universiteit

43

September 2017

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale