September 2017
38
Sit die natuur se boelies op hul
plek met effektiewe onkruidbeheer
“A
fter a walk, Swiss engineer George de Mestral
observed burs from common burdock
(
Arctiumminus
)
stuck to his woolen pants and his dog’s fur. A few
years later he patented Velcro, an invention inspired
by the weed.
” Só het selfs onkruide ‘n nut en plek. Binne jou
produksielande is egter nie een van hulle nie...
Onkruidbeheer beslaan ‘n magdom fasette wat ‘n groot uitdaging
is om in ‘n enkele artikel aan te spreek. Tog is daar ‘n paar basiese
beginsels wat ‘n uitstekende vertrekpunt vorm wanneer dit by die
beheer van onkruide kom.
Onkruide is meer as net onooglik...
Dit is reeds alombekend dat die nadeel verbonde aan onkruide
gesetel is in hul vermoë ommet die gewas vir water, voedingstowwe,
lig en koolstofdioksied te kompeteer. In ‘n land wat gekenmerk
word deur wisselvallige reënval, word beskikbare vog beskou as een
van die landboubedryf se kosbaarste natuurlike hulpbronne en moet
dit dienooreenkomstig hanteer word.
Onkruide is die ongewenste “windpompe van die natuur”, wat
beskikbare grondvog ongesiens eien. Sommige plantspesies is
egter meer effektief wat hul waterverbruik betref en dit is veral
die breëblaaronkruide en -gewasse wat spandabelrige water-
verbruikers is.
‘n Mens vergeet egter gou dat onkruide, net soos enige gewas,
belangrike voedingstowwe uit die grond onttrek. So het navorsing
gewys dat ‘n digte stand van uintjies ongeveer 95,6 kg N, 1 kg P
en 40,9 kg K per hektaar oor ‘n tydperk van ses maande opneem.
Kalium is veral belangrik by wortelontwikkeling en met ‘n verswak-
te wortelstelsel kan geen plant optimaal produseer nie. Verdere
studies het getoon dat mielieplante wat in kompetisie met onkruide
verbou word, slegs ongeveer ‘n derde van die N, P en K beskikbaar
gehad het, vergeleke met ‘n land waar die mielieplante verbou is
in die afwesigheid van onkruide. Nodeloos om te sê dat die impak
van onkruide ook sigbaar sal wees in die opbrengs wat verkry word.
In omgewings wat reeds waterbeperkend was, is gevind dat op-
brengsverliese van 43% gely is wanneer onkruide eers 15 dae na-
opkoms in mielieproewe beheer is, teenoor die 77% verlies wat
gely is wanneer onkruide eers 30 dae na-opkoms beheer is.
Daar bestaan geen twyfel dat onkruide op meer as een wyse die
opbrengs van gewasse kan “steel” nie. Min produsente het egter
die finansiële vermoë om onbeperk onkruidbeheer gedurende die
seisoen toe te pas en dit is krities dat wanneer dit wel toegepas word,
dit korrek gedoen word.
Wanneer onkruidbeheer toegepas word, moet daar verder verseker
word dat die gewas self nie ook op ‘n manier beskadig word nie.
Deur slegs ‘n paar basiese beginsels toe te pas, kan ‘n beheerstrate-
gie in plek geplaas word wat met tyd die impak wat onkruide en die
invloed wat hul op die potensiële opbrengs het, te minimaliseer.
Kies die regte doder
Rakende die keuse van die mees geskikte doder, is kennis van
die onkruidspektrum wat voorkom, belangrik. Die verandering in
seisoene bring mee dat daar jaar na jaar dominante spesies voor-
kom. Navorsing het byvoorbeeld ook getoon dat met die skuif van
konvensionele na bewaringslandbou (oftewel ‘n geenbewerkingstel-
sel) die spektrum verskuif het na ‘n oorheersende spektrum
van grasse wat uiters effektief deur voor-opkomsdoders beheer
kan word.
Vir laat-kiemende grasse is daar ook onlangs heelwat doders op
mielies geregistreer. Neem kennis van die probleemonkruide en
kies doders wat spesifiek geregistreer is vir die onkruidspesies
wat voorkom.
Pasop vir “
nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n
bietjie sluimer
”
Daar is ‘n paar slaggate wat produsente moet probeer vermy
wanneer dit by onkruidbeheer kom. Die eerste en mees algemene
slaggat waarin produsente trap, is om onkruide wat reeds te groot is,
te probeer beheer (
Foto 1a
en
Foto 1b
).
Jonger plantmateriaal het makliker deurdringbare kutikulas (op-
perhuide), terwyl dit verder ook meer metabolies-aktiewe weefsel
bevat wat beduidend meer kwesbaar is. Produsente moet die
etiket rakende die groeistadia van onkruide waar dit effektief be-
heer sal word, asook die aanbevole dosisse wat vereis word,
raadpleeg.
Deur die spesifieke onkruiddoder buite hierdie aanwysings aan
te wend, sal minder effektiewe of geen beheer verkry word nie.
Voor-opkomsbeheer bly egter beter as na-opkomsbeheer. Voor-
opkomsdoders het grondwerking en skakel vroeë kompetisie uit, wat
van kardinale belang is vir optimale opbrengs.
Wat jy ingedagte moet hou wat
grond-pH betref
Grond-pH is belangrik by voor-opkomsdoder-toediening weens
die nawerkingseffek wat sulke doders het. Met die regstelling van
suurgronde deur middel van bekalking, moet in ag geneem word
dat sekere grondtoegediende onkruiddoders by ‘n hoër grond-pH
stadiger gehidroliseer word en sodoende ‘n nadelige invloed op
nawerking het.
Wisselboustelsels kan hierdeur geraak word deurdat die opvolg-
gewas nadelig beïnvloed word. Dit is veral ‘n potensiële gevaar waar
mielies afgewissel word met breëblaar- en peulgewasse.
Vergewis jou van die regte dosis
Om voort te bou op die tema van aanbevole dosis, moet produsente
besef dat die hoofdoel moet wees om die onkruid dood te maak,
sonder om die gewas te beskadig (
Foto 2
).
Die vermoë van die gewas om ongedeerd deur die proses te kom,
hang af van sy vermoë om die onkruiddoder te metaboliseer of te
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
DR MARYKE CRAVEN, MARLENE VAN DER WALT
en
DR JEANETTA SAAYMAN-DU TOIT,
LNR-Graangewasse, Potchefstroom