Background Image
Previous Page  41 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 41 / 124 Next Page
Page Background

39

September 2017

detoksifiseer. Wanneer té hoë dosisse aangewend word, oorskry dit

die vermoë van die gewas om die onkruiddoder te metaboliseer of

te detoksifiseer en kan skade voorkom.

Daarteenoor word heelwat beheerprobleme aan die toediening

van té lae dosisse toegeskryf. Weer eens moet die etikette deeglik

bestudeer word – veral rakende die grondbeperkings en grond-

aanbevelings. Só bepaal die kleipersentasie van die grond

byvoorbeeld die dosis wat met voor-opkomsdoders toegedien

moet word.

Die belang van water

Om effektief te werk, moet enige onkruiddoder sy teiken-area

bereik. Met voor-opkomsdoders is dit die ontkiemende onkruid in

die grond, terwyl na-opkomsonkruiddoders die aktief-groeiende

onkruidplantjie se blare moet bereik.

‘n Onkruiddoder wat water vereis om geaktiveer te word, sal nie

werk as daar nie genoegsame reënval of besproeiing plaasgevind het

nie. Die beplanning rondom die toediening van voor-opkomsdoders

moet só geskied dat genoegsame vog binne vier dae die grondpro-

fiel sal binnedring.

Gewoonlik is ongeveer 10 mm tot 20 mm reën of besproeiing net

voor of net na toediening voldoende om effektiewe beheer te ver-

seker. Indien voor-opkomsdoders op droë grond gespuit word of

geen reënval of besproeiing plaasvind na toediening nie, sal die

effektiwiteit van die onkruiddoder beduidend laag wees en swak

onkruidbeheer sal verkry word.

Met na-opkomsonkruiddoders is dit weer noodsaaklik om te let

op hoe lank dit die middel neem om “reënvas” te wees. In meeste

gevalle sal reën of besproeiing wat binne ses tot agt ure na

toediening voorkom, die doder van die blare afwas. Daar is egter

doders wat binne ‘n korter tydperk reeds reënvas is. Verder moet

met na-opkomsonkruiddoders gelet word op stremming – indien

enige – waaronder die onkruide verkeer wat moontlik ‘n effek kan hê

op die effektiwiteit van die doder.

Onkruide wat onder stremming verkeer, skakel sekere fisiologiese

prosesse gedeeltelik af wanneer vog beperkend raak.

1a

1b

2

1a en 1b: Die onkruidspektrum aangedui in 1a is op die korrekte

groeistadium vir na-opkomstoediening van onkruiddoders. In 1b word

onkruide aangedui wat reeds te groot is vir onkruiddodertoediening.

2: Onkruiddoderskade kan op verskeie maniere manifesteer en kan die

gewas op die lang duur moontlik nadelig beïnvloed.