Background Image
Previous Page  49 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 49 / 124 Next Page
Page Background

Bestuur en voorkoming van wegdrywing

van landbouchemiese middels

M

et die nuwe somergewaspro-

duksieseisoen op hande, is dit

belangrik dat daar opnuut be-

sin word oor wegdrywing (

drift

)

van landbouchemiese middels na nie-

teikenareas tydens toediening. Dit is ver-

al belangrik dat sekere wanpersepsies

rakende wegdrywing aangespreek word

aangesien dit juis, byvoorbeeld in die geval

van kalm windtoestande, ‘n bepalende rol in

wegdrywing speel.

Produsente is geneig om net aan lugtoe-

diening van onkruiddoders te dink as daar

oor wegdrywing gepraat word. Hoewel dit

sekerlik in ‘n groot persentasie van gevalle

waar oesskade veroorsaak word wel ter

sprake is, is dit belangrik om te besef dat

wegdrywing van insek- en swamdoders

ook ekonomiese gevolge kan hê indien dit

byvoorbeeld teen oestyd op ‘n uitvoer-

gewas beland wat later weens hoë residu-

vlakke afgekeur word.

Die ander mistasting is die gedagte dat

wegdrywing net ‘n probleem is wat met

lugbespuiting geassosieer word. Al hoe

meer gevalle van gewasskade as gevolg

van wegdrywing van onkruiddoders by

trekkertoedienings (inlsuitend selfloopspui-

te) word deesdae aangemeld (

Foto 1

).

Hoewel wegdrywing van landbouchemiese

middels deur verskeie faktore beïnvloed

word, is die volgende drie faktore sekerlik

die belangrikste en kan dit ook effektief

bestuur word:

Toediening onder gunstige/ongunstige

klimaatstoestande;

druppelgroottespektrum; en

hoogte van loslating.

Klimatologiese toestande

wat wegdrywing beïnvloed

Hoewel hoë windsnelheid sekerlik ‘n groot

rol speel by wegdrywing, bestaan daar die

foutiewe persepsie dat dit die veiligste is

om bespuitings te doen onder windstil/kalm

toestande en dat wegdrywing oor langer

afstande met hoë windsnelhede gepaard

gaan.

Die ironie is dat langafstandwegdrywing

(1 km plus) juis onder kalm windtoestande

plaasvind en spesifiek tydens temperatuur-

inversietoestande. Temperatuurinversietoe-

stande kan van laatmiddag af begin

voorkom wanneer die wind gaan “lê” en kan

voortduur tot die volgende oggend wanneer

die son weer die grond verhit – wat die

hitte-energie uitstraal en die lug verhit.

Tydens ‘n temperatuurinversie verkeer ‘n

laag koeler, meer digter lug naby grondvlak

onder ‘n laag warmer lug. Dit word altyd

geassosieer met stadige lugbeweging (as

“duimreël” minder as 5 km/h).

Onder toestande van vinniger wind-

beweging, meng die luglae as gevolg

van turbulensie en word die inversielaag

opgebreek. Let wel: Kalm windtoestande

beteken nie noodwendig dat ‘n inversie-

toestand bestaan nie; dit is egter wel ‘n

vereiste daarvoor.

‘n Inversielaag suspendeer die fyner drup-

pels fisies in die lug en saam met die

hoër humiditeit tydens ‘n vroegoggend-

bespuiting bly die druppels fisies as ‘n

“spuitwolk” bymekaar, terwyl dit stadig

oor ‘n paar kilometer kan wegdryf totdat

windbeweging dit later oor ‘n sensitiewe

gewas laat neerslaan.

Wees veral versigtig in areas waar daar

heuwels en valleie is, aangesien dalen-

de “vallei”terrein as ‘n dreineringstelsel

dien waarlangs die koue lug afbeweeg

en druppels daarmee oor lang afstande

saamgeneem kan word.

‘n Volgende probleem met bespuiting on-

der lae windsnelhede is die feit dat die

windrigting tydens lae windsnelhede neig

om wisselvallig te wees, wat veroorsaak

dat die rigting waarin ‘n spuitwolk sal be-

weeg, nie met sekerheid voorspel kan

word nie.

Onder hoër windsnelhede (5 km/h tot

15 km/h), sal druppels wel verder gewaai

word hoe vinniger die wind waai, maar sal

dit moeilik verder as ‘n paar honderd meter

waai alvorens dit verdamp of neerslaan

(die turbulensie by hoër windsnelhede

veroorsaak dat druppels gouer neerslaan

grond toe).

Wees ook bewus daarvan dat verdamping

van water binne ‘n besproeiingsland ‘n

laer temperatuur op grondvlak skep wat ‘n

inversietoestand kan induseer.

In alle gevalle (lug- of grondtoediening) moet

15 km/h as die maksimum windsnelheid

vir effektiewe toediening beskou word en

moet bespuiting tydens ‘n inversietoestand

liefs vermy word.

Grondtoediening

Soos reeds genoem, vind drywingskade

ook plaas waar bespuitings met grond-

gebaseerde toerusting gedoen word. Pro-

dusente kan die volgende doen om die

risiko van wegdrywing te beperk:

Gebruik doelontwerpte lae drywing

spuitneuse wanneer onkruiddoders

toegedien word – veral waar ‘n sen-

sitiewe gewas direk naasliggend voor-

kom. Luginduksie (

air induction

) of

turbo-tipe spuitneuse is uiters effek-

tiewe produkte om wegdrywing te

beperk (sien Oktober 2016

SA Graan/

Grain

artikel). Wees net bewus daarvan

dat sodanige spuitneuse nie teen

minder as 150 liter/ha spuitmengsel

gebruik moet word nie – veral waar

kontakmiddels soos broomoksiniel toe-

gedien word.

Hoogte van die spuitbalk: Selfs in die

geval van ‘n hoogloopspuit bly die

aanbevole hoogte van die spuitbalk bo

die top van die teikenarea sowat 50 cm

47

September 2017

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

GERRIT VAN VUUREN,

hoof tegniese adviseur, Villa Crop Protection

1

1: Drywingskade na toediening van parakwat

deur trekkerspuittoerusting.

Foto: Voltan

Senekal, Villa Crop Protection