September 2017
40
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
Plante wat onder stremming verkeer, sal minder van die onkruid-
doder opneem of die doder nie vervoer na die kritiese area binne
die plant nie, wat sal lei tot oneffektiewe beheer.
Kundiges noem ook dat die humiditeit tydens spuit ‘n rol speel in
hoe vinnig die doder vanaf die onkruidblare verdamp (dit is die
leeftyd van die druppels). By lae humiditeit sal kleiner druppels
vinniger verdamp as groter druppels.
Druppelgrootte, asook vereiste spuitvolumes, kan varieer na ge-
lang van koel of warm weer, asook die humiditeitsvlakke wat er-
vaar word. Produsente moet relevante adviseurs kontak om seker te
maak dat hulle die beste beheer vir heersende klimaatsomstandig-
hede sal kry.
Dit sal produsente verder baat om water wat hul gebruik vir meng
vir pH, ioon-inhoud en suiwerheid te laat toets omdat sekere on-
kruiddoders, soos glifosaat, spesifieke vereistes het vir effektiewe
werking. Waar nodig, moet ‘n geskikte buffer en/of ammoniumsul-
faat by die tenkmengsel gevoeg word.
Temperatuur
Buiten van wat reeds genoem is rakende temperatuur en verdam-
ping van druppels, bepaal temperatuur ook die tempo van opname,
asook die degradering van onkruiddoders.
Oor die algemeen word aanvaar dat opname en degradering teen
‘n vinniger tempo by hoër temperature plaasvind, terwyl laer
temperature die teenoorgestelde effek sal hê. Temperatuur slot
egter ook in by ander omgewingsfaktore wat produsente in gedag-
te moet hou.
Daar is oor die algemeen drie prosesse of faktore betrokke by
die degraderingsproses van onkruiddoders, naamlik chemiese
degradering (deur oksidasie, reduksie en hidrolise), foto-dekom-
posisie (foto-afbreek – wanneer chemiese bindings verbreek word
weens opgewekte elektrone wat lig geabsorbeer het) en laastens
deur biologiese afbreking.
‘n Groot aantal onkruiddoders word deur mikrobiese aktiwiteite in
die grond afgebreek. Enige faktore wat daarom ‘n negatiewe effek
op die aktiwiteit van die grondmikrobes het, kan die proses van
afbreking vertraag. Dit lei daartoe dat opvolggewasse beskadig
word deur onkruidresidu wat nie ten volle afgebreek is nie.
Omgewingsfaktore soos lae pH, droogtetoestande of gronde met
natuurlike lae grondmikrobe-aktiwiteite sal die risiko van residu-
oordrag verhoog.
In dieselfde asem moet genoem word dat verhoogde mikrobiese
aktiwiteit weer moontlik daartoe kan lei dat die effektiwiteit of
lewensduur van die onkruiddoder verlore gaan of verkort word
weens die vinnige afbreek deur middel van grondmikrobes. Nat,
warm grond met deurdrenkende reën oor verlengde periodes kan
bydra tot voortydige verlies van residu-aktiwiteit.
Tenkmengsels
Kundiges noem dat moeilik-beheerbare onkruide (weens toleransie
of weerstand) beheer kan word deur die aktiewe bestanddeel af te
wissel, of doders met verskillende aktiewe bestanddele te meng
sodat meer as een teikenarea in die plant bereik word.
Etikette moet egter deeglik bestudeer word om seker te maak
dat die spesifieke middels geregistreer is om saam in tenkmeng-
sels gebruik te word. Deur iets by die tenkmengsel te voeg wat nie
duidelik aangedui is as verenigbaar nie, kan produsente vir hulself
groot probleme op die hals haal, omdat daar dan buite registrasie
toegedien word.
Geen eise kan ingestel word weens gevolglike skade wat so
opgedoen is nie.
Die rol van bymiddels
Bymiddels (
adjuvants
) is middels wat die aktiewe bestanddeel in
onkruiddoders ondersteun of modifiseer sodat die doder optimaal
kan funksioneer. Dit is belangrik om te verstaan dat alle bymiddels
nie dieselfde is nie en dat hulle kan verskil wat die funksie waarvoor
hul ontwikkel is, betref.
Sommige onkruiddoders bevat reeds sodanige middels, terwyl
ander vereis dat ‘n addisionele middel bygevoeg moet word.
Die gebruik van aanbevole bymiddels saam met na-opkoms-
onkruiddoders is krities om penetrasie en verspreiding te verhoog.
Kenners maan egter teen die lukrake gebruik van bymiddels. Die
byvoeging van ‘n lukrake bymiddel kan lei tot byvoorbeeld oorma-
tige verspreiding van die doder en sodoende die aktiewe bestand-
deel verdun en/of die verdampingstyd verkort. Die doeltreffendheid
van die doders word onwetend verlaag.
Weer eens moet die etiket geraadpleeg word om seker te maak dat
die korrekte bymiddel by die gekose onkruiddoder gevoeg word.
Die groot taboes...
Moenie die uitwas van die spuit en tenk na elke bespuiting afskeep
nie. Só ‘n blaps het menige produsent al baie duur te staan gekom.
Kundiges noem dat alle filters en spuitstukhouers uitmekaar gehaal
moet word om te kyk of dit werklik skoon is. Net so moet die tenk
ondersoek word vir enige residu wat dalk daarbinne vassit. Daar
word voorgestel dat die tenk ten minste twee maal met vars water
skoongemaak word.
Onthou:
Moenie produkte toedien wat nie geregistreer is vir die gewas
wat geplant is nie.
Moenie spuit wanneer omgewingstoestande ongunstig is nie.
Moenie nalaat om jou spuit gereeld te kalibreer nie en vermy
oorvleueling tydens spuit.
‘n Laaste gedagte
Effektiewe onkruidbeheer is in ‘n groot aantal gevalle afhanklik van
beide die aktiwiteit van die onkruiddoder en die ontwikkeling van
‘n blaredak deur die gewas self. Die skadu-effek wat deur die blare-
dak teweeggebring word, kan die groei van onkruide wat later
ontkiem, strem.
Enige faktore wat derhalwe die vorming en behoud van die blaredak
benadeel, sal ook die effektiewe beheer van onkruide nadelig
beïnvloed.
Produsente is welkom om die onkruidwetenskaplikes
by LNR-Graangewasse by 018 299 6100 te kontak
rakende enige verdere navrae.
Sit die natuur se boelies op hul plek