Background Image
Previous Page  50 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 50 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

48

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

Bestuur en voorkoming van wegdrywing

tot 75 cm. Ongelyke balkhoogte waar die

een punt hoog in die lug is, asook waar

die balk heen en weer wip, bevorder die

drywingpotensiaal van druppels.

Spuit teen die laagste moontlike druk.

Moet nie hoë spuitvolumes deur hoë

druk probeer verkry nie – dit lei net tot ‘n

fyn dryfbare druppelspektrum. Gebruik

eerder ‘n spuitneustipe met ‘n groter

opening.

Vermy bespuiting onder temperatuurin-

versietoestande – veral wanneer hoogs

-aktiewe produkte soos glifosaat, sul-

foniel-ureum of hormoon-tipe onkruid-

doders toegedien word.

Lugtoediening

Vanweë die aard van lugtoediening – kleiner

druppels en die hoër hoogte van loslating

– bly lugtoediening van onkruiddoders

egter die grootste kwelling wanneer weg-

drywing ter sprake is. In hierdie geval

is dit belangrik dat al die partye wat by

lugtoediening betrokke is, saamwerk om

wegdrywing te bestuur.

Met die nodige samewerking en toediening

onder die regte omstandighede, is daar

geen rede dat gewasskade as gevolg van

wegdrywing hoef plaas te vind nie. Die

partye betrokke by lugtoediening kan elk die

volgende bydrae lewer:

Landbouchemiese

verteenwoordiger

Vermy die aanbeveling van tenk-

mengsels wat produkte bevat wat die

oppervlakspanning van die mengsel

verlaag wat ‘n fyner druppelspektrum

tot gevolg het. Dit sluit in benat-

tingsmiddels (slegs indien op die eti-

ket aanbeveel word en dan teen die

laagste moontlike konsentrasie) en

emulgeerbare konsentraatformulasies.

Byvoeging van ‘n geregistreerde neer-

slagbeheermiddel word aanbeveel.

Moet nie tenkmengsels aanbeveel wat

teenstrydige druppelsituasies vereis

nie. Kontakswamdoders vereis ‘n baie

fyner druppelspektrum as onkruiddo-

ders. In enige geval waar daar ‘n

onkruiddoder in die mengsel is, word

die vlieënier aangeraai om groter on-

kruiddoderkategoriedruppels toe dien,

met gevolg dat die ander produk(te)

minder effektief sal werk.

Die produsent

Wees bewus van enige sensitiewe,

nie-teikengewasse in die omgewing

waar die bespuiting moet plaasvind

(minstens 5 km rondom die teikenland)

en lig die vlieënier dienooreenkom-

stig in.

Wees teenwoordig (jyself of jou voor-

man) en moniteer toestande. Let op die

vlieggedrag van die operateur en dui

aan wanneer toestande ongunstig raak.

Dit is belangrik om te noem dat ‘n te

lae vlieghoogte inderwaarheid drywing

bevorder deurdat druppels as gevolg

van die samepersing van lug naby aan

grondvlak, in die vlerkpunt-vortekse

geforseer word, met gepaardgaande

opneem van druppels na hoër hoogte

bokant die vliegtuig.

Hoewel sommige operateurs vliegtuie

gebruik wat met ‘n rokerstelsel toegerus

is, sal dit baie help om ‘n rokende

smeulvuur by die land te maak, wat

deurlopend aandui wat die heersende

windtoestand is (

Foto 2a

en

Foto 2b

).

Dit is baie belangrik om nie ‘n warm

vlammevuur (veral nie brand van

buitebande nie) te maak nie aangesien

die stygende warm lugkolom ‘n vals

aanduiding van ‘n inversielaag kan

gee.

Moet nie produkte by die tenkmengsel

voeg wat ‘n fyner druppelspektrum tot

gevolg kan hê nie.

Wees bereid om te wag dat toestande

optimaal is vir lugtoediening. Nie net

word wegdrywing beperk nie, maar dit

het beslis ook beter resultate op die

teikenland tot gevolg.

Lugbespuitingsoperateur

Beskou wegdrywing in alle gevalle as die

grootste risiko en stel die spuitstelsel in

om doderkategoriedruppelspektrum te

produseer indien daar ‘n onkruiddoder

in die mengsel is, ongeag die ander

mengsel komponente.

Inspekteer rondom die area wat bespuit

moet word en wees bewus van enige

bewese of verdagte sensitiewe nie-

teiken areas. Vra die kliënt uit oor enige

moontlike probleemareas.

Gebruik doelontwerpte lae-drywing

spuitneuse. Platwaaierspuitpunte moet

nie ‘n 45° spuithoek oorskry nie. Rote-

rende atomiseerders en verlaagde vo-

lumetoedienings word nie aanbeveel

nie, as gevolg van die vereiste vir ‘n

fyner druppelspektrum.

Moet nie te hoog of te laag vlieg nie,

asook te vroeg of te laat die spuitklep

oop- of toemaak nie.

Vermy onnodige hoë snelhede – veral

met turbine-skroefvliegtuie. Vlieg teen

die laagste moontlikste, dog veilige,

spoed.

Spuit net wanneer klimaatstoestande

optimaal is en vermy veral toediening

terwyl ‘n temperatuurinversie heers.

Dui vir die kliënt aan indien toestande

die risiko van wegdrywing bevoordeel.

Geneties gemodifiseerde gewasse wat

bestand is teen hormoonaksie-onkruid-

doders soos dikamba, lê op die drumpel en

wag vir Suid-Afrikaanse produsente. Saam

die huidige toename in die gebruik van

glifosaat, asook die toename in aanplanting

van breëblaargewasse soos sojabone en

kanola, gaan daar al hoe meer eise aan

effektiewe voorkoming van wegdrywing

gestel word.

Hoewel daar tegnologie soos lae drywing-

spuitkoppe reeds beskikbaar is, sal die

grootste vereiste vir effektiewe drywings-

bestuur egter altyd die regte ingesteldheid

van al die partye betrokke bly, hetsy vir

grond- of lugbespuiting.

2a en 2b. Die gebruik van ‘n smeulvuur om

atmosferiese stabiliteit te monitor tydens ‘n

lugbespuiting van riete in die Visrivier met

glifosaat by die Hardap-besproeiingskema,

Namibië. Op Foto 2a word die teenwoordig-

heid van ‘n sterk inversietoestand deur die

laag-hangende rookkolom bevestig. Sowat ‘n

halfuur nadat die baal aangesteek is, het die

rook reeds meer as 2 km verder oor lusern op

die buurplaas se landerye getrek en sou ‘n

bespuiting op daardie stadium beslis groot

skade aan die lusern kon aanrig.

Foto: Gerrit van Vuuren, Villa Crop Protection

2a

2b