Onkruid se weerstand teen onkruiddoders
In Suid-Afrika in die 1980's en vroeg-negentigs was monokultuur
mielieverbouing nog aan die orde van die dag en daarmee saam
was daar sterk afhanklikheid van atrasie vir di beheer van
breëblaaronkruide soos, onder andere, misbredie.
Ons weet vandag dat die ontwikkeling van onkruiddoderweerstand
teen enige onkruiddoder deur die herhaalde gebruik van ‘n enkele
meganisme van onkruiddoderwerking bewerkstellig word (atrasien
inhibeer alleenlik fotosisteem no. 2 van die fotosinteseproses) – veral
wanneer so ‘n onkruiddoder herhaaldelik (elke seisoen) teen hoë
frekwensie (meer as een keer in ‘n seisoen) toegedien word.
Daarby is dit ewe swak praktyk indien die onkruiddoder teen té lae
(onderdosering) of teen té hoë dosis (oordosering) gebruik word,
aangesien beide foute die ontwikkeling van weerstand kan verhaas.
Waarom is daar vir die somerreënvalstreek soveel minder onkruid-
doderweerstandgevalle op rekord as die winterreënvalstreek? Vir
eenjarige rygewasse is ‘n belangrike faktor die groot afhanklikheid
wat daar desjare gerus het op meganiese bewerking (skoffel-aksies)
vir addisionele onkruidbeheer.
Deur ‘n land te kon skoffel nadat voor-opkomsonkruiddoders
(byvoorbeeld atrasien) toegedien is, is onkruid vernietig wat
die onkruiddoder se werking oorleef het – een seker manier om
onkruiddoderweerstand teen die een of ander onkruiddoder te
troef. Met verminderde bewerking wat al hoe gewilder raak – en vir
betreklik goeie redes, is daar egter al hoe meer afhanklikheid van
slegs onkruiddoders, en dit hou risiko vir weerstand in, tensy beste
praktyke vir weerstandbestuur betyds toegepas word.
Wat het dan geword van die atrasien-weerstandige misbre-
diepopulasie by Delmas? Die kort antwoord is dat ons nie verseker
weet nie, maar daar kan met reg bespiegel word of klagtes oor
swak beheer van misbredie die afgelope twee tot drie seisoene
in dele van die Hoëveld, die Delmas-distrik ingesluit, dalk met daar-
die historiese weerstandgeval verband hou. Slegs goeie navorsing
kan antwoorde verskaf.
Onlangse gevalle van swak onkruidbeheer
wat risiko vir ontwikkeling van onkruid-
doderweerstand in die somerreën-
valstreek inhou
Eie navorsing in die South African Herbicide Resistance Initiative
(SAHRI) aan die Universiteit van Pretoria het in 2016 vermeende
onkruiddoderweerstand teen glifosaat in twee kleinskraalhans
(
Conyza bonariensis
)-populasies afkomstig van die Heilbron- en
Vredefort-distrik ondersoek en bevind dit is “minstens hoë ver-
draagsaamheid van glifosaat”.
Die studie is gedoen na aanleiding van klagtes dat verskillende
glifosaat-bevattende produkte nie hierdie onkruidsoort in ‘n ver-
1a en 1b: Kleinskraalhans (
Conyza bonariensis
) se reaksie op glifosaaton-
kruiddoder – die glifosaat-tolerante populasie is van Vredefort-distrik
(a) en die glifosaat-gevoelige populasie (b) is van die Universiteit van
Pretoria se Hatfield-proefplaas. Let wel: Die aanbevole dosis vir die gli-
fosaatformulasie, wat in die glashuis eksperiment gebruik is, is 2 liter/ha
(= 900 g glifosaat per hektaar).
2: Geenbewerkingstelsels en meerjarige gewasstelsels is bevorderlik vir
groot variasie in die grootte van onkruidplante (hier kleinskraalhans in
Vredefort-distrik) – dit is problematies vir effektiewe beheer van enige
onkruidsoort met enige onkruiddoder.
1a
1b
2
FOKUS
Geïntegreerde plaagbeheer
Spesiale
September 2017
44