Background Image
Previous Page  36 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 124 Next Page
Page Background

September 2017

34

Onkruide: Meesters in winsvernietiging

ervaar jy dit ook so?

B

ewerkings-, bemestingspraktyke en kultivarprestasie is ge-

woonlik van die aspekte wat druk deur produsente be-

spreek word. Dit is beslis belangrik, maar onkruidbeheer

haal normaalweg min gesprekke. As dit bespreek word,

sal die gesprek gewoonlik net oor die prys handel en die werking van

die produkte sal nie naastenby soveel aandag kry nie.

Onkruid is een van ‘n graanprodusent se grootste vyande. Soms lyk

dit of hierdie vyand die oorhand het en gevolglik daal produksie en

inkomste radikaal.

Vroegtydige beplanning is half gewin

Besluit vroegtydig watter bespuitingsprogram gebruik gaan word,

wanneer dit gespuit moet word en watter omstandighede die wer-

king van die middels gaan benadeel. Doen self die som om te besluit

of onkruid chemies of meganies beheer moet word.

Maak seker dat jy die effek van vogverlies ook in aanmerking neem.

‘n Groot aantal winteronkruide word oor die hoof gesien en op die

ou einde moet ‘n mens groot kostes aangaan om die gevestigde

onkruid onder beheer te kry. Hoe kleiner die onkruid, hoe makliker

word dit doodgespuit.

Skerp jouself op

Ons staan nou aan die begin van ‘n nuwe seisoen. Verfris jou geheue

oor wat, wanneer, waar en hoe alles gedoen moet word. Verseker

dat jy weet hoe om die toerusting in te stel en te gebruik. Gun jou-

self die tyd om net weer op hoogte te kom met watter produkte

gemeng mag word en hoe dit gedoen moet word. Onthou om ook

aandag aan arbeiders en spuitoperateurs te gee.

Diens die spuittoerusting

Produsente laat maklik na om spuittoerusting te diens en as die toe-

rusting moet begin werk, is daar soms probleme wat kop uitsteek.

Diens jou toerusting sorgvuldig en sorteer probleme nóú uit – voor

die bewerkingseisoen begin.

Verlede jaar was daar dalk ‘n paar veranderinge wat jy wou aan-

bring. Onthou om die veranderinge te herbesoek. Die effek van

toerusting wat nie reg werk nie, is eers later bekend en dan is dit te

laat en is skade reeds gedaan.

Dit is belangrik dat die spuittoerusting binne sowel as buite behoor-

lik skoon moet wees. Die spuitkoppe, pype asook alle filters moet

sorgvuldig skoongemaak word. ‘n Groot aantal van die chemiese

middels laat ‘n aanpaksel in die pype en sodra die spuit weer begin

werk, kom dit los en blok filters en spuitkoppe.

Verskeie metodes en middels is beskikbaar om die spuittenk, asook

die spuitpype, mee skoon te maak. Praat gerus met jou chemiese

adviseur om die mees geskikte middel te identifiseer.

Dit is veral raadsaam om ‘n addisionele stel filters te laat installeer

om te verseker dat die spuitkoppe deeglik beskerm is.

Veral met die groot selfloopspuite is dit belangrik om een maal

per jaar ‘n goeie vloeiratiotoets te doen om te verseker dat spesi-

fieke spuitkoppe se lewering (liter/ha) en die druk waarteen gespuit

word, korrek is. Sodra die spuit begin werk en die spoed varieer,

moet die druk ook kan varieer om die lewering per hektaar kon-

stant te hou. Maak daarom seker dat hierdie toerusting so effektief

en doeltreffend moontlik werk.

Die spuitkoppe slyt ook en moet soms vervang word. Gaan veral

hul lewerings- asook spuitpatrone na en indien dit van die

spesifikasies afwyk, vervang dit. As die spuit oor meer as een seksie

beskik wat afsonderlik beheer en deur verskillende pype voorsien

word, moet elke seksie afsonderlik nagegaan word.

Sommige spuitkoppe soos luginspuiting-spuitkoppe (

air injection

nozzels

) het die vermoë om groter luggevulde druppels te vorm, wat

minder spuitdrif veroorsaak en teen hoër druk kan spuit. Vergewis

jouself daarvan dat die spuitkoppe wat jy gebruik, geskik is vir die

taak wat jy wil verrig.

Die spuitpomp is die kerngedeelte van die spuit. Kontroleer die

lewering van die spuitpomp. Kontroleer die olievlak asook die

oliekleur. Dra sorg dat die spuitpomp die regte druk, soos vereis,

kan lewer. Indien die druk te laag is, sal die chemiese middels nie

die teikenarea kan bereik nie en te hoë spuitdruk sal te veel spuitdrif

veroorsaak – met dieselfde effek.

Beperk spuitstofdrif om die effektiwiteit

en doeltreffendheid te verhoog

Spuitstof wat wegdryf, is verlore. Dit veroorsaak dat die spuitstof

wat op die plant land, te min is en dan is dit nie effektief nie.

Spuitstofdrif word deur ‘n aantal aspekte beïnvloed, soos:

Druppelgrootte;

spuithoogte;

spuitspoed;

windspoed;

lugtemperatuur en humiditeit; en

spuitvolumes.

Die druppelgrootte is ‘n bestuurbare faktor wat spuitstofdrif be-

duidend kan beïnvloed. Lae spuitvolumes wat teen ‘n té hoë druk

gespuit word, lei tot klein druppels wat maklik wegwaai. Sien daar-

om toe dat die regte spuitkoppe en die regte druk gebruik word om

die meeste plantbedekking te verseker.

Teen ‘n windspoed van 5 m/s mag daar nie meer gespuit word nie.

As teen ‘n laer windspoed van ongeveer 3 m/s gespuit word, sal dit

nodig wees om die druppelgrootte aan te pas.

Spuithoogte bepaal hoe lank dit die spuitstof neem om hul teiken

te bereik. Hoe hoër die spuithoogte van die grond af is, hoe hoër is

die spuitdrif. Pas derhalwe die spuitkoppe aan wanneer daar hoog

gespuit moet word.

Windspoed en temperatuur, asook humiditeit, sal ook die hoe-

veelheid spuitdrif beïnvloed. Wees versigtig om op die hitte van die

dag te spuit. Dit het ‘n effek op die spuitdrif, asook op die werking

van die chemiese middels. Probeer eerder teen laer temperature

en in windstiltye te spuit en bly binne die spesifikasies van die

spuitkopvervaardiger.

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

PIETMAN BOTHA,

SA Graan/Grain

medewerker