Background Image
Previous Page  39 / 124 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 39 / 124 Next Page
Page Background

37

September 2017

FOKUS

Geïntegreerde plaagbeheer

Spesiale

Die gebruik van ‘n antiverdampingstof kan tot produsente se voor-

deel wees. Hierdie middels sal ondersteuning verleen dat die

spuitstof op die plant ‘n bietjie langer tyd het om opgeneem te

word. Dit verseker dat die effektiwiteit van die spuitstof verhoog.

Ander praktiese probleme wat

algemeen voorkom

As daar iets in die spuitkop vassteek, sal die lewering en die

spuitpatroon beïnvloed word. Maak die spuitkoppe en filters gereeld

skoon.

Kontroleer die spuite se kalibrasie op ‘n gereelde basis en kontro-

leer dat die hoeveelheid onkruiddoder gebruik met die oppervlak-

te gespuit korreleer. Sien toe dat die kalibrasie reg is en dat die

operateur weet teen watter spoed en enjinomwentelinge gery

moet word.

Die mengvolgorde van chemiese middels is krities. Dra sorg dat

die middels in die regte volgorde in die spuit gegooi word. Maak

ook seker dat die operateur weet hoe om die middels te meng en

kontroleer dat dit reg gedoen word.

Stof benadeel die werking van die chemiese middels wat gespuit

word. Bestuur veral die stof wat deur die wiele opgeskop word.

Praat met jou verteenwoordiger oor maniere om die effek van stof

te beperk.

Kwaliteit watervoorsiening vir ‘n spuit is gewoonlik ‘n uitdaging en

duur. Deur die spuitvolumes te verminder, kan die waterbehoefte

verlaag word. Pasop vir hierdie stap, omdat die meeste spuitmid-

dels by betreklik hoë watervolumes getoets en aanbeveel word.

Praat met jou verteenwoordiger en vergewis jouself van wat die

minste watervolume per hektaar kan wees.

Water wat gebruik word, verskil ook beduidend in terme van kwali-

teit en suiwerheid. Besoedeling in die water kan die chemiese

middels se werking ernstig benadeel. Verseker dat skoon water

ten alle tye gebruik word en dat die nodige middels ingegooi

word om die pH en ander kwaliteite van die water reg te stel.

Tydigheid en doeltreffendheid is krities in onkruidbeheer. ‘n

Paar ongunstige spuitdae kan alles omkeer en dan is surplus

spuitkapasiteit ‘n noodsaaklikheid. Hou ‘n surplus spuit – al is dit ook

‘n laer spesifikasie spuit – in plek om in hierdie tye te kan uithelp.

Tydigheid van spuiting is krities. Sien toe dat onkruid so klein as

moontlik gespuit word en dat die onkruid nie onder stremming is

nie. Pas veral op vir winteronkruid. As daar van hierdie onkruid

teenwoordig is, moet jy sorg dra dat die dosis sterk genoeg is om

die onkruid te dood en nie net te skroei nie.

As hierdie onkruid eers begin groei, is dit ‘n groot uitdaging om

dit dood te spuit en onkruid onder stres, kan die werking van die

onkruiddoder beïnvloed. Bespreek hierdie saak met jou ver-

teenwoordiger om seker te maak of daar in hierdie omstandighede

gespuit kan word.

Talle produsente is nie heeltemal bewus van hul onkruidspektrum

op die plaas nie. In sommige gevalle word die dosis van die

spuitstowwe verkeerd bereken en word daar in ‘n sekere mate

vir onkruiddoderweerstandigheid geteel. Deur gereeld die aktie-

we bestanddele van die onkruiddoder te wissel, help ook om

onkruiddoderweerstandigheid te voorkom.

Indien jy nog nie van satelliettegnologie gebruik maak om die

rybane uit te wys nie, sien toe dat die drywer presies weet waar

om te ry en watter gewasrye gebruik moet word om dubbel spuit te

voorkom. Die dubbel spuit van stroke is net so oneffektief soos om

stroke glad nie te spuit nie.

Wees versigtig om eie chemiese middels te meng wat in die

meeste gevalle buite spesifikasies en aanwendingriglyne is – dit kan

dalk goedkoop koop wees wat duur koop raak. Lees die pamflette

en dra sorg dat jy die chemiese middels binne spesifikasies en

riglyne bly gebruik.

Hierdie is net ‘n paar gedagtes. Praat met jou eie, asook ander,

chemiese verteenwoordigers om die beste oplossing vir jou

plaas se uitdagings te kry. Pas hierdie aanbevelings nougeset

toe en as omstandighede verander, praat weer met jou chemiese

verteenwoordiger om aanpassings te maak.

Onkruide: Meesters in winsvernietiging

Graan SA/Sasol fotokompetisie