97
September 2015
Saad
Mieliesaadpryse het vir die nuwe seisoen op ‘n gemiddelde basis
met 5,6% sedert verlede jaar gestyg. Volgens Graan SA se Produk-
sie/Insetwerkgroep het mieliesaadpryse van gewilde kultivars egter
met 6,8% gestyg. Op ‘n gemiddelde basis het sonneblomsaad-
pryse met 6,6% ge-styg; graansorghumsaadpryse met 10,2% en
sojaboonsaadpryse met 5,6% gestyg. Vir die volledige saadpryse
per kultivar verwys na
SA Graan/Grain
se Julie-uitgawe vanaf blad-
sy 70 (skandeer die
QR-kode
).
Landbou-chemikalieë
Basies 100% van die aktiewe bestanddele
benodig om landbou-chemikalieë te
vervaardig, word na Suid-Afrika ingevoer.
Internasionale tendense en die wisselkoers
gaan dus ‘n bepalende rol in plaaslike prys-
tendense speel.
Tabel 3
en
Tabel 4
dui tendense in
internasionale landbou-chemikalieë (ak-
tiewe bestanddele) pryse aan. Uit die
tabelle is dit duidelik watter groot impak die
wisselkoers op plaaslike pryse kan hê.
Wanneer na insekdoderpryse gekyk word,
kan gesien word dat pryse in dollarterme
gedaal het, maar as gevolg van die wis-
selkoers, kan pryse vir die plaaslike mark
styg. Dit is net die prys van Imidacloprid
wat plaaslike behoort te daal.
Wat internasionale onkruiddoderpryse be-
tref, het pryse, behalwe vir dié van Triflura-
lin, in dollarterme gedaal. Die verswakking
van die rand veroorsaak egter dat hierdie
dalings nie in die plaaslike mark deurvloei
nie. Die pryse van plaaslike glifosaatproduk-
te behoort egter meer as 10% laer te wees
as verlede jaar dieselfde tyd.
Brandstof
Aangesien die groothandelprys van diesel
gereguleer word, behoort daar nie groot
verskille te wees tussen wat produsente vir
diesel betaal nie. Behalwe vir die verskille
tussen sones, is daar egter al wel opgemerk
dat produsente binne dieselfde sone, ver-
skillende pryse betaal.
In Augustus verlede jaar was die groot-
handelprys van diesel in Gauteng R12,85
per liter, terwyl dit in Augustus 2015, R10,95
per liter was. Met ander woorde ‘n daling
van 14,8%. Dié groothandelprys behoort
vir produsente ‘n goeie aanduiding te gee
teen watter prys hulle diesel kan aankoop,
aangesien dit op groot maat gedoen word.
Landboumasjinerie
Tabel 5
toon prysveranderings in die land-
boumasjineriemark aan. Om op te som
– Graan SA probeer deurlopend inset-
pryse moniteer en inligting aan ons lede
beskikbaarstel om deursigtigheid en ook
kompetisie in die insetomgewing te be-
vorder. Maak hierdie seisoen bietjie meer
oproepe, kry meer kwotasies en vir lede,
kontak Graan SA om seker te maak die reg-
te insette word teen die regte prys aan-
gekoop.
TABEL 3: INSEKDODERPRYSE: INTERNASIONAAL IN DOLLAR- EN RANDWAARDE.
TABEL 4: ONKRUIDDODERPRYSE: INTERNASIONAAL IN DOLLAR- EN RANDWAARDE.
TABEL 5: JAAR-TOT-JAAR-VERANDERING IN LANDBOUMASJINERIEPRYSE.
INTERNASIONALE PRYSE (DOLLAR/TON)
JULIE 2014
JULIE 2015 % VERANDERING
DOLLAR/TON DOLLAR/TON
Imidacloprid (95%)
19 957
14 602
-26,8
Lambda-cyhalothrin (95%)
23 914
23 482
-1,8
Carbofuran (99%)
12 041
11 504
-4,5
Deltamethrin (98%)
71 406
67 231
-5,8
R/$
10,67
12,47
+16,9
INTERNASIONALE PRYSE (RAND/TON)
JULIE 2014
JULIE 2015 % VERANDERING
RAND/TON RAND/TON
Imidacloprid (95%)
212 841
182 087
-14,4
Lambda-cyhalothrin (95%)
255 043
292 821
+14,8
Carbofuran (99%)
128 417
143 455
+11,4
Deltamethrin (98%)
761 545
838 371
+10,1
INTERNASIONALE PRYSE (DOLLAR/TON)
JULIE 2014
JULIE 2015 % VERANDERING
DOLLAR/TON DOLLAR/TON
Glyphosate (95%)
4 651
3 518
-24,4
Acetochlor (92%)
3 295
2 826
-14,2
Atrazine (97%)
3 628
3 092
-14,8
Metolachlor (97%)
3 929
3 701
-5,8
Trifluralin (95%)
4 025
4 960
+23,2
R/$
10,67
12,47
+16,9
INTERNASIONALE PRYSE (RAND/TON)
JULIE 2014
JULIE 2015 % VERANDERING
RAND/TON RAND/TON
Glyphosate (95%)
49 603
43 869
-11,6
Acetochlor (92%)
35 141
35 240
+0,3
Atrazine (97%)
38 693
38 557
-0,3
Metolachlor (97%)
41 903
46 151
+10,1
Trifluralin (95%)
42 927
61 851
+44,1
TOERUSTINGKATEGORIE
JAAR-TOT-JAAR-VERANDERING, %
TENDENS
JUNIE 2015
JULIE 2015
Trekkers
3,1
3,2
Opwaarts
Stropers
-1,0
-0,4
Opwaarts
Hooi- en veevoertoerusting
1,2
0,7
Afwaarts
Implemente
2,8
2,4
Afwaarts
Gemiddeld
1,9
1,9
Onveranderd
Bron:
AGFACTS nuusbrief
“
Maak hierdie seisoen bietjie
meer oproepe, kry meer
kwotasies en vir lede, kontak
Graan SA om seker te maak
die regte insette word teen
die regte prys aangekoop.
“
OP PLAASVLAK
INSET-OORSIG