September 2015
112
PANNAR RUGBYWEEK
VIR LANDBOUKOLLEGES
bly ´n hoogtepunt op rugbykalender
S
ewe van Suid-Afrika se landboukolleges asook ‘n genooide
Pannar XV met ‘n totaal van agt spanne, het vir die
IPJ du Plessis-trofee meegeding in die jaarlikse Pannar
Rugbyweek in Julie by die Taung Landboukollege in die
Noordwes Provinsie.
Dit was ook die 29ste keer (sedert 1987) wat die Rugbyweek deur
Pannar geborg is. Die spanne van Cedara Landboukollege, Kaapse
Instituut vir Landbou-opleiding: Elsenburg, Fort Cox Landbou
en Bosbou kollege, Grootfontein Landboukollege, Taung Land-
boukollege en Glen Landboukollege het aan die weeklange toernooi
deelgeneem.
Elsenburg weer Pannarweek se kampioen
Die Elsenburg Landbou-opleidingsinstituut naby Stellenbosch, het
op Taung vir die soveelste keer die Pannarweek vir landboukol-
leges gewen.
Die Wes-Kaaplanders het die Grootfontein Landboukollege, geleë
net buite die Oos-Kaapse dorp Middelburg, 48 - 6 geklop om seker
te maak van die IPJ du Plessis-trofee.
In die Plaat-afdeling het die Cedara Landboukollege, vanaf die
KwaZulu-Natalse Middellande, die Potchefstroomse Landbou-
kollege (in rugbykringe as TransAgric bekend) 17 - 10 geklop om die
Piet de Jager-trofee in te palm.
Wat die ander twee wedstryde op die laaste dag betref het, het die
Fort Cox Landbou en Bosbou kollege (in die omgewing van King
William’s Town) 14 - 10 teen die Pannar-vyftiental gewen en die
Glen Landboukollege (naby Bloemfontein) het die gasheer, Taung
Landboukollege, 28 - 13 gewen.
Volgens mnr Willie van Zijl, wat 15 jaar lank die voorsitter van
Elsenburg en die afgelope 30 jaar die spanbestuurder van die span
is, het Elsenburg met ‘n stewige voorhoede, die span in staat gestel
om die eerstefasebalbesit te verkry wat hulle in die aanvalsposisie
geplaas het.
Aan die ander kant het Elsenburg met goeie verdediging die ander
spanne, veral in die laaste wedstryd teen Grootfontein, laat sukkel
om momentum vorentoe op te bou.
“Hoewel die span in sy geheel uitgeblink het, kan mnre Attie van
Rensburg (flank en kaptein) en Mikko de Wet (flank en alsydige
speler) uitgesonder word vir hul uitmuntende vertonings tydens
die week.
“Van Rensburg het gelei met sy voorbeeld en harde spel op en vanaf
die veld en is twee keer as die speler van die dag se wedstryde
aangewys. Hy was ook die invloedrykste speler en is as voorspeler
van die toernooi bekroon. De Wet is weer op sy beurt ‘n meester
met die afneem van balbesit by die teenstanders en was puik as hy
met die bal in hand altyd vorentoe beweeg het.”
Van Zijl het Elsenburg se afrigter, mnr Len Conradie, as ‘n fyn stra-
teeg geloof. “Hy het jare se ondervinding as rugbyafrigter en be-
skik oor die vermoë om ander spanne se swak punte op te som,
om dit te beplan en hul met sy span se sterk punte uit te oorlê. Met
sy liefde en aanleg vir die spel, verdien hy die wedersydse respek
van die spelers wat insgelyks tot goeie resultate lei.”
Van Zijl, wat pas ná 34 jaar as sekretaris van die SALK-rugbykomitee
uitgetree het, sê Elsenburg se rugbyspan is ‘n trotse klomp jong-
manne wat inval by die klub se rugby-etos van goeie dissipline vanaf
en op die veld en om eerlike, opwindende, harde hardlooprugby
AKTUEEL
PEET VAN DER WALT,
advertensiebestuurder: Pannar
Suid-Afrikaanse
Landboukolleges-span
Agter: Nhlakanipho Sibiya (Cedara), Riaan Sutherland
(Elsenburg), Corné Oosthuizen (Elsenburg),
Mikko de Wet (Elsenburg), Jan Hoon (Grootfontein),
TP Swanepoel (Grootfontein), Johan van Zyl (Elsen-
burg), Martin Koorts (onderkaptein) (Grootfontein),
(effens agter) Armand Lotz (kaptein) (Grootfontein),
Charlie Lokana (Grootfontein), Attie van Rensburg
(Elsenburg), Niel Schoeman (SALK-voorsitter),
Wynand Cillie (Elsenburg) en Sinolo Bushwana
(Fort Cox).
Voor: Liam Wessels (Elsenburg), Eben Bronn (Potchef-
stroom), Siphesihle Mbatha (Cedara), Floris Klinck
(spanbestuurder), Hercules du Plessis (Elsenburg),
Marius Paulsen (Grootfontein), Francois Naude
(Grootfontein), Louis Lamont (Grootfontein) en
Eduard Snyman (Elsenburg).
Voor (lê): Sterling Naudé (Elsenburg) en RP de Beer
(Elsenburg).
Foto: Peet van der Walt van Pannar