PANNAR behaal seisoen vir seisoen topresultate in
die nasionale sojaboonproewe. ’n Veelsydige pakket
van verskillende groeiseisoenklasse bied doeltreffende
risikobestuur waarop jy kan reken.
Sojabonemet
’
n bewese
suksesrekord.
2015/SOY/A/15
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK
Saam boer ons
vir die toekoms
™
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaULTRAMODERNE
NAVORSING
GEWASVOORSORG
PRESISIE-
BEPLANNING
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
Misstofbedryf moet
voedingselemente
effektief aanwend
D
ie misstofbedryf en misstofverbruikers moet alles in hul
vermoë doen om die aanwending van voedingselemente
meer doeltreffend te maak. Een van die belangrikste
fokuspunte van moderne grondvrugbaarheid is die
effektiewe gebruik van misstowwe. “Die Voedsel en Landbou-
organisasie (FAO) van die Verenigde Nasies beskou effektiewe
misstofaanwending as ‘n belangrike aanwyser om die herwinning
van die plantvoedingstowwe uit toegediende minerale misstof in
akkerbou (landbou) te meet,” sê mnr Adam Mostert, hoof uitvoer-
ende bestuurder van Fertasa (Misstofvereniging van Suider-Afrika).
Hy het die jaarlikse Fertasa-simposium in Pretoria toegespreek
oor moderne neigings in grondvrugbaarheid en plantvoeding en
gesê die Internasionale Vereniging vir die Misstofbedryf (IFA), wat
die term voedingstofeffektiwiteit verkies, het ‘n werkstuk opgestel
– wat binnekort vrygestel sal word – wat handel oor effektiewe
stikstofaanwending (NUE) om die beste wyse te bepaal om NUE te
meet en uit te druk.
“Die gewildste maatstaf is die inset/uitsetverhouding gemeet in
kg/kg van die verwyderde oes. Die volgende stap is om die NUE vir
elke land te bereken en doelwitte te stel. Ek is oortuig dat Suid-Afrika
se NUE gunstig sal wees. Ons kan egter ‘n onaangename verrassing
kry omdat dit nog nie tevore gemeet is nie,” het Mostert gesê.
Mostert sê volgens die FAO is die effektiewe aanwending van mis-
stoffosfor (P) om drie redes belangrik:
Fosfaatrots, waaruit P-misstowwe vervaardig word, is ‘n nie-
hernubare bron en moet doeltreffend gebruik word om die
lewensduur daarvan te maksimeer.
Daar is ‘n behoefte om die P-status van gronde te behou en te
verbeter om gewasse te kan verbou. Dit is veral belangrik in dié
mees onderontwikkelde lande.
Die oordrag van grondfosfor (verkry uit kunsmis en organiese
misstowwe) is ‘n belangrike oorsaak van P-geïnduseerde eutrofi-
kasie in oppervlakwater. Dit veroorsaak onwenslike verande-
ringe in die ekologie, wat dikwels gepaardgaan met ernstige
ekonomiese gevolge.
“Landbou word gereeld beskuldig vir die eutrofikasie van ons
waterbronne en bogrondse waters in riviere en damme. Ons moet
kennis neem van dié bewerings en seker maak dat óns huis in orde
is,” het Mostert beklemtoon.
117
AKTUEEL
HANS LOMBARD,
namens Fertasa
Prominente plaaslike en internasionale sprekers het die Fertasa-
simposium toegespreek. Van links is dr Lawrence van Rensburg, teg-
niese direkteur van Nulandis; dr Richard Ferguson, professor in Grond-
kunde aan die Universiteit van Nebraska, Lincoln, VSA; dr Neil Miles,
senior wetenskaplike van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging;
dr Christo Malan, besturende direkteur, AgriLibriumCape; Thomas
Mason, besturende direkteur, Metson Manufacturing; dr Catherine Wat-
son, hoof van die Instituut vir die Landbou-omgewingstak, Agrivoedsel
en Biowetenskap vanaf Belfast, Noord-Ierland en Adam Mostert.