September 2015
116
Droogtegeen help met grondvogbewaring
Nuwe SAGIS-direkteure aangewys
D
ie nuwe droogtegeen, MON 87460, is goedgekeur deur
die uitvoerende raad van die Wet op Geneties Gemanipu-
leerde Organismes (GMO) vir voorwaardelike algemene
vrystelling in Suid-Afrika. As alles volgens beplanning
verloop, sal dié geen teen die einde van 2018 kommersieel aan pro-
dusente beskikbaar gestel word.
Dit sal verkoop word onder die naam DroughtGard
®
en sal help
om grondvog te bewaar en ook daartoe bydra dat die mielieplant
minder water gebruik wanneer dit onder droogtestres verkeer.
“Tydens die 2012-baanbrekersproewe in Amerika, waar dié droog-
tegeen getoets is, het sommige produsente 1,5 ton en meer per
hektaar gekry,” het mnr Mark Edge, een van die direkteure van
die Water Efficient Maize for Africa (WEMA) projek, tydens ‘n me-
diakonferensie in Johannesburg in Junie vanjaar gesê.
Volgens Edge kan die nuwe geen alleen nie sukses waarborg
nie, maar moet dit as nog ‘n hulpmiddel in ‘n stelselgebaseerde
benadering gebruik word om mielieplante die beste kans te gee
op oorlewing. “Produsente moet die nuwe geen sien as deel van ‘n
stelsel wat die beste landboukundige praktyke tesame met die beste
aangepaste variëteite inkorporeer vir die plaas,” aldus Edge.
Gedurende Januarie en Februarie vanjaar was daar baie dae wat
die kwik bo 30°C was en dié hoë temperature het die bestui-
wing van mielieplante beïnvloed. Edge meen dat hoewel hitte en
droogte onderling verwant is, moet ‘n mens uit ‘n wetenskaplike
oogpunt dié twee entiteite van mekaar skei. “Op hierdie stadium
wil Monsanto nog nie enige uitsprake maak oor hoe MON 87460
sal presteer tydens hitte nie.” Hy sê ook dat indien daar geen droog-
te voorkom nie, sal hierdie geen nie die opbrengs verminder nie,
maar die opbrengspotensiaal handhaaf.
Besproeiingsprodusente sal ook dié nuwe tegnologie verwelkom.
“Met hierdie geen kan produsente die gebruik van water maksi-
maliseer, veral tydens watertekorte. Produsente moet dink aan
hoeveel opbrengs hulle kry per eenheid water, eerder as aan die
opbrengs per eenheid land.”
Volgens mnr Andrew Bennett (bestuurder: Tegnologie-ontwikkeling,
Monsanto Afrika) sal die nuwe geen die plant minder water laat
gebruik in droogtetoestande as onder optimale omstandighede. Dit
gee die mielieplant ‘n ekstra paar weke op oorlewing en gedurende
dié periode kan daar dus moontlik reën voorkom.
“Monsanto wil graag erkenning gee aan die bydraes van sy ven-
note in die openbare sektor, veral die Landbounavorsingsraad (LNR)
wat die prestasie van die MON 87460 toets onder leiding van die
WEMA-projek,” het mnr Kobus Steenekamp (besturende direkteur:
Monsanto Suid-Afrika) gesê. Volgens Steenekamp is die eerste resul-
tate wat hulle gekry het van die regulatoriese proewe bemoedigend.
“Ons glo dat DroughtGard
®
-basters in die toekoms ‘n belangrike in-
strument vir produsente gaan wees om hulle te help om opbrengs-
verliese wat deur droogtestres veroorsaak word, te verminder.”
G
edurende die algemene jaarvergadering van die Suid-
Afrikaanse Graaninligtingsdiens (SAGIS) op 23 Julie van-
jaar, is die nuwe direkteure, wat aangewys is deur die
onderskeie Trusts, op SAGIS se Raad van Direkteure
bekend gestel.
Dr John Purchase van die Mielietrust is verkies tot voorsitter,
terwyl mnr Anton Nebe van die Sorghumtrust verkies is as on-
dervoorsitter.
Die Mielietrust word verder verteenwoordig deur me Khanya
Mahlati, met mnr Jannie de Villiers as alternatiewe direkteur. Die
Olie- en Proteïensade Ontwikkelingstrust word verteenwoordig
deur mnre Gerhard Scholtemeijer, Jaco Minnaar en De Wet Boshof
(alternatief). Die Sorghumtrust word verteenwoordig deur mnre
Anton Nebe, John Gordon en Jaap van der Westhuizen (alternatief)
en die Wintergraantrust word verteenwoordig deur mnr Tato Make
en me Mariana Purnell.
SAGIS word nasionaal en internasionaal erken as ‘n betroubare
bron van inligting ten opsigte van die versameling, verwerking, ont-
leding en tydige verspreiding van markinligting met betrekking tot
graan en oliesade.
AKTUEEL
NICO HAWKINS,
hoofbestuurder: Suid-Afrikaanse Graaninligtingsdiens
RUTH SCHULTZ,
SA Graan/Grain
medewerker
Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuur-
der: Graan SA), regs, het saam met land-
boumedia en Monsanto-personeel ‘n media-
konferensie in Junie vanjaar bygewoon, waar
die nuwe droogtegeen, MON 87460, bespreek
is. Saam met hom is: Andrew Bennett (be-
stuurder: Tegnologie-ontwikkeling,
Monsanto Afrika), Mark Edge (direkteur:
WEMA), Gyanendra Shukla (besturende direk-
teur: Monsanto Afrika), Kobus Steenekamp
(besturende direkteur: Monsanto Suid-Afrika)
en Juan Ferreira (visepresident: Monsanto).