‘n
Vintage
-troue om in
vervoering oor te raak
Kontak Abrie Coetzee van Kamelia in Klerksdorp
by 018 468 5689 of 072 804 9841.
ABRIE COETZEE,
onthaal- en dekorspesialis
KUIER SAAM MET
Abrie
w
arm, fluweelstof-kant en sagte, flikkerende kerslig
begroet die deftig getooide gaste wanneer hulle die
markiestent binnegaan.
Die troue is in
vintage
-styl gedekoreer. Daar is
Peonie-agtige syrose en antieke dubbelrose wat in
diep, silwer fase in die middel van elke tafel staan. Wit houthasies
met wit strikke staan tussen klein silwer eseltjies met die spyskaart
in gotiese skrif geskryf.
Alles in winterwit-room en brokaat. Massiewe, silwer kersstaan-
ders staan tussen die tafels rond. Tiffany-stoele met ‘n klein rose-
krans wat agter elkeen hang, is elke gas se stylvolle sitplek aan die
vintage
-tafels. In die een hoek het ek ‘n koperbed met een kant
afgesny sodat dit ‘n bank vorm, gestapel met tapisseriekussings
waaraan sytossels hang.
Twee outydse kaste vorm ‘n muur agter die bruidstafel. Hierop
is kristalbakke met wonderlike outydse, handgemaakte lekkers
soos
Turkish delight
en klapperlekkers – ‘n soet, smelt-in-die-mond-
bederf.
Die
vintage
-gevoel word afgerond wanneer die bruid in haar
vintage
-
kant en roomkleur-fluweel aan haar bruidegom (met sy kruisbande
en strikdas) se arm binnekom. ‘n Dansende vioolspeler loop hul
vooruit. Hul voete sag op ‘n witroosblaartapyt.
Almal is in vervoering!
September 2015
118