PANNAR se ongeëwenaarde graansorghum-pakket
vorm die ruggraat van graansorghum-produksie in
Suid-Afrika. Plaaslik-ontwikkelde basters word ook
in Suid-Amerika, Meksiko, Australië en die res van
Afrika aangeplant.
Bio-etanol-produksie
gerugsteun
deur wêreldklas-
navorsing.
2015/GSS/A/17
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK
Saam boer ons
vir die toekoms
™
www.pannar.com infoserve@pannar.co.zaULTRAMODERNE
NAVORSING
GEWASVOORSORG
PRESISIE-
BEPLANNING
GEWASBESKERMINGS-
BESTUURSPRAKTYKE
113
met die bal in die hand te speel, veral tydens die Pannarweek wat
‘n hoogtepunt in die meeste van hierdie spelers se rugbyloopbaan is.
Cedara wen Plaat-finaal
Mnr Rod Collett, die klub se voorsitter, het nadat Cedara die Piet
de Jager-trofee as Plaat-wenners op vanjaar se toernooi ontvang
het, gesê ‘n hegte spangees en ‘n waterdigte wedstrydplan het die
grondslag gelê vir die span se sukses in die verband.
“Die sterk spangees moedig die spelers aan om vir mekaar te speel.
Dit was ‘n wonderlike klompie manne wat die toer meegemaak het
en hulle het baie goed klaargekom. Dit was iets besonders om hul
verbintenis om goed te vaar sonder om pret in te boet te aanskou en
dit was ‘n wonderlike span om te bestuur.”
Dit gebeur selde indien ooit dat ‘n toppuntemaker sy prestasie
uitsluitlik met drieë behaal. Dié eer kom gewoonlik die stelskoppers
toe. Dit is egter presies wat mnr Siphesihle Mbatha van die Cedara
Landboukollege by die Pannarweek reggekry het.
Mbatha het met agt drieë 40 punte aangeteken en die Du Pont-
trofee as die voorste puntemaker op die toernooi verower. Sy
vermoë om drieë te druk, het grootliks bygedra tot sy insluiting in
die SA Landboukolleges-span en het Cedara gehelp om die Boland-
bank-trofee vir die meeste drieë in die Plaat-afdeling te wen.
“Dít, tesame met die afrigter, mnr Mark Jackson, se voortdurend
benadrukte wedstrydplan waartoe die spelers hul verbind het,
was die resep vir sukses. Omdat die plan vir die duur van die
toernooi onveranderd gebly het, het die wisseling van spelers
vanweë beserings of om ander redes nooit die plan ontwrig nie.
Selfs wanneer spelers posisies geruil het – soos Mbatha wat van
heelagter na skrumskakel en toe na losskakel geskuif is – het dit
geen uitwerking op die plan gehad nie.”
Collett sê die speler wat waarskynlik die meeste lof verdien, is die
kaptein, mnr James Worthington, wat dikwels midde in die aksie
was om die bal te dra of die losbal te wen. “Hy is ‘n ware werkesel
wat amper elke oomblik van die week gespeel het.
“Die agttal was puik en het in elkeen van die groepwedstryde
oorheers, maar in die geheel beskou, was dit ‘n spanpoging waarop
die manne baie trots kan wees,” het hy gesê.
Attie van Rensburg (Elsenburg), die speler van die wed-
stryd teen Grootfontein en John Odendaal (bemarkings-
bestuurder: Pannar).
Foto: Peet van der Walt van Pannar