Baie geluk aan Riaan Potgieter, van
Bultfontein, wie se foto “Planttyd
in die Wes-Vrystaat” vir hom
R1 000-kontant losgeslaan het in
ons Juliemaand-kompetisie.
AKTUEEL
Fotokompetisie
Onthou, stuur jou
naam saam!
Omnia gesels swael-sake
B
aie dankie aan al die amateurfotograwe wat maand na
maand vir ons die allermooiste foto’s van hulle interpre-
tasie van vanjaar se tema “Die plaaslewe” stuur. Die be-
oordelaars het elke maand ‘n moeilike taak om die mooiste
foto te kies!
Onthou asseblief om die fotograaf se naam en van asook
telefoonnommer en fisiese adres saam met jou foto’s te stuur.
Dit gebeur gereeld dat ons foto’s ontvang en dan omtrent ‘n perd
moet opsaal om uit te vind wie die fotograaf is en wat sy of haar
kontakbesonderhede is.
Let asseblief ook daarop dat ‘n foto-
graaf (volgens die kompetisiereëls)
slegs drie foto’s per maand mag
inskryf.
Hou aan kiek...Ons sien daarna uit
om na jul foto’s te kyk!
mnia het vanjaar weer hul tweejaarlikse inligtingsdae op
verskeie plekke in Suid-Afrika aangebied om klante te
bedank vir hul ondersteuning.
Die aanbieder van kykNET se program
M gaboere
, dr Piet Crou-
camp (dosent: Politieke en Internasionale Studies, Universiteit
van Johannesburg), was een van die sprekers. Sy tema was
“Entrepreneurskap as teenvoeter vir beleidsonsekerheid: Landbou
en die moderne ekonomie”.
Hy het op die boeredag op Lichtenburg genoem dat waar die staat
swak word, entrepreneurskap besig is om in die gapings in te
stap. Gegewe die toestande wat tans in Suid-Afrika heers, is daar
volgens hom omtrent niemand wat by Suid-Afrikaanse produsen-
te kan kers vashou nie omdat hulle aanpas by die veranderende
omstandighede in die land.
Dr Elke Bloem (wetenskaplike direkteur: Julius Kühn Institute,
Duitsland) wat meer as 20 jaar ondervinding in navorsing het, het
in haar aanbieding gefokus op swael. Sy het gekyk na redes vir
swaeltekorte in plantgewasse en hoe swael die gewaskwaliteit,
siektevoorkoms en -intensiteit beïnvloed.
Dr Koos Bornman (algemene bestuurder: Strategiese Landbou-
dienste, Omnia) het uitgebrei oor die agronomiese effektiwiteit
van swael. Hy het benadruk dat plante net sulfate as swaelbron uit
die grond kan benut. Voor elementêre swael dus vir plantopname
beskikbaar is, moet dit eers tot sulfaat geoksideer word.
SA GRAAN/GRAIN
REDAKSIE
LOUISE KUNZ,
SA Graan/Grain
medewerker
Die derde plek gaan aan die foto van Alizna Cilliers van Lindley. Sy sê:
“Vroegoggend op die plaas laat ‘n mens altyd die rustigheid voel. Die
foto is op my oom Neels Roos se plaas, Braamhof, geneem. ”
Richard Krige van Caledon se foto wat op sy plaas, Boontjieskraal Land-
goed, geneem is, het aan hom ‘n tweede plek besorg.
3
de
2
de
Dr Koos Bornman (gasspreker), Maarten van Jaarsveld (bemarkings-
bestuurder: Omnia), Henk le Roux (seniorbestuurder: Handel, NWK),
dr Piet Croucamp (gasspreker), Danie Marais (besturende direkteur,
NWK) en dr Elke Bloem (gasspreker) tydens die Omnia Boeredag wat
op 5 Junie op Lichtenburg aangebied is.
September 2015
110