Background Image
Previous Page  86 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 86 / 112 Next Page
Page Background

84

Seisoenale voorspelling vir September 2015 tot Januarie 2016

G

egewe dat groot dele van die somerreënvalstreek van

die land die afgelope jaar baie droog was, is produsente

baie bekommerd oor wat die volgende seisoen kan bring.

Ongelukkig is die huidige indikasies nie positief nie.

Daar is op die oomblik ‘n El Niño-fase in plek oor die Stille Oseaan

en hierdie verskynsel word gewoonlik geassosieer met onder-

normale reënval en bo-normale temperature vir Suid-Afrika se

somerreënvalstreke.

Die aanduiding is dat die El Niño-fase tot en met die einde van die

somer in plek sal bly en hoewel dit nie die enigste faktor is wat

Suid-Afrika se reën bepaal nie, wys dit op ‘n groter kans dat dit die

opkomende somerreënneerslae negatief kan beïnvloed.

Die huidige langtermynvoorspelling strek net tot in die middel van

die somer. Voorspellings is dat sekere dele van die noord-ooste

van die land, bo-normale lentereënval kan verwag, terwyl die ander

streke gemiddelde en onder-gemiddelde reënval te wagte kan wees.

Vir die begin van die somer is daar sterk indikasies dat daar onder-

normale reënval regoor die land verwag kan word. In terme van

reënvalverwagtinge vir die res van die somer, is dit op hierdie

oomblik nog onseker. Voorspellings so ver vooruit se akkuraatheid

is gewoonlik laag, maar met ‘n sterk El Niño in plek, is die algemene

indikasie daar dat onder-normale reënval verwag word.

Vir temperature regoor die land, word verwag dat dit bo-normaal sal

wees vir die lente en somer. Onder-normale temperature is wel vir

hierdie lente en somer vir die suidelike kusgebiede in die vooruitsig.

Die figure toon die waarskynlikhede vir reënval in

Figuur 1

, die

waarskynlikhede van minimum temperature in

Figuur 2

en die

waarskynlikhede vir maksimum temperature in

Figuur 3

.

Vir meer inligting oor die weervoorspellings kan die webtuiste

www.weathersa.co.za

besoek word waar ‘n nuwe maandelikse

vooruitskatting beskikbaar gestel word. Cobus Olivier kan ook by

012 367 6008 gekontak word.

AKTUEEL

COBUS OLIVIER,

Suid-Afrikaanse Weerdienste

Figuur 1: Reënval.

SA Graan/

Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie