Ruilvoet in die graanbedryf:
Insetpryse versus mieliepryse
CORNÉ LOUW,
senior ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
INSET
-oorsig
o
or ‘n tienjaar-periode het die prys van kunsmis (ureum)
met 92%, die dieselprys met 86%, trekkerpryse
(70 kW - 80 kW) met 105% en saadpryse met 88% ge-
styg. Die mielieprys het gedurende hierdie tydperk
met net 28% gestyg. Was dit nie vir ‘n verhoging in
produktiwiteit nie, sou weinig graanprodusente nog
winsgewend kon produseer.
Grafiek 1
wys hoe produktiwiteit in terme van opbrengste van
mielies oor tyd verbeter het.
‘n Ruilvoetberekening is ‘n vinnige manier om ten toon te stel hoe
die verhouding tussen insetpryse en mieliepryse oor tyd relatief
tot mekaar verander het.
Grafiek 2 tot Grafiek 5
toon die ruilvoet
van verskillende insette teenoor die mielieprys oor tyd aan.
Mielie/diesel-ruilvoet
Grafiek 2 toon aan hoeveel ton mielies word benodig om ‘n
1 000 liter diesel aan te koop vanaf 1990/1991 tot 2015/2016. Uit
die grafiek is dit duidelik (sien tendenslyn) dat die ruilvoet dramaties
OP PLAASVLAK
Grafiek 1: Nasionale gemiddelde mielie-opbrengs.
Grafiek 3: Hoeveelheid mielies nodig om 1 ton ureum te koop.
Grafiek 2: Hoeveelheid ton mielies nodig om 1 000 liter diesel te koop.
Oktober 2015
60
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie