Background Image
Previous Page  63 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 63 / 112 Next Page
Page Background

61

Grafiek 4: Hoeveelheid mielies nodig om ‘n 70 kW - 80 kW trekker te koop.

Grafiek 5: Tonnemaat mielies nodig om 40 x 80 DP (DP = 1 000 pitte) sak-

kies saad te koop.

verswak het. In 1990 het dit ‘n produsent 2,5 ton mielies uit die sak

gejaag om ‘n 1 000 liter diesel aan te koop, terwyl die ruilvoet vir die

nuwe seisoen, 5,1 ton mielies is. Die gemiddelde ruilvoet vir hierdie

tydperk is 4 ton mielies vir ‘n 1 000 liter diesel.

Mielie/ureum-ruilvoet

Grafiek 3 dui aan hoeveel ton mielies oor tyd nodig was om ‘n

ton ureum aan te koop. Die gemiddelde ruilvoet sedert 1990 is

2,6 ton mielies vir ‘n ton ureum. In 1990 was dit 2 ton en vir die

komende seisoen word ‘n ruilvoet van 3 ton mielies vir ‘n ton ureum

verwag. In die 2008/2009-seisoen was die ruilvoet al selfs so hoog

soos 6,1 ton mielies vir ‘n ton ureum.

Mielie/trekker-ruilvoet

Grafiek 4 toon aan hoeveel mielies benodig word om ‘n trekker

van tussen 70 kW en 80 kW aan te koop. Vir die komende seisoen

kan dit ‘n produsent 323 ton mielies uit die sak jaag om ‘n trekker

van hierdie grootte aan te koop, terwyl dit 274 ton in 1990 was. Die

gemiddelde ruilvoet sedert 1990 is 300 ton mielies vir ‘n trekker van

tussen 70 kW en 80 kW.

Mielie/saad-ruilvoet

Grafiek 5 toon aan hoeveel ton mielies benodig word om 40 sak-

kies mieliesaad aan te koop vanaf 1990/1991 tot 2015/2016. Uit die

grafiek is dit duidelik (sien tendenslyn) dat die ruilvoet dramaties

verswak het sedert 1990. In 1990 het dit 23 ton mielies gekos om

40 sakkies mieliesaad aan te koop, terwyl dit ‘n produsent in die

komende seisoen, 54 ton uit die sak kan jaag.

Om op te som

Oor tyd het insetpryse deurlopend toegeneem en die insetkoste-

knyptang raak gevolglik al hoe strammer. Insetprysbestuur bly ‘n

kardinale been van ‘n winsgewende bestaan in die produksie van

grane en oliesade.

Die ruilvoet is dus, tesame met produktiwiteit, van enorme belang

vir die volhoubaarheid van graanproduksie in Suid-Afrika.