Background Image
Previous Page  14 / 112 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 14 / 112 Next Page
Page Background

12

Oktober 2015

FOKUS

Diere

Spesiale

Oorwintering van wolskape in die

somerreënvalstreke van Suid-Afrika

vervang kleingrane op droëlande met weimielies

K

leingrane soos hawer, koring, korog en rog word jaarliks

op groot skaal op droëlande in die somerreënvalstreke van

Suid-Afrika aangeplant, veral vir die oorwintering van lam-

merooie. Kleingrane verskaf goeie voer vir lammerooie,

maar dit het egter twee probleme. Daar is ‘n groot risiko dat dit nie

voldoende hoeveelhede voer gaan verskaf nie en dit is duur om

te verbou.

Die meeste produsente se ervaring met weimielies is dat “misoeste”

die reël eerder as die uitsondering is. Een manier om dit teë te werk,

is om soveel hektare as moontlik aan te plant, maar dit stoot weer

die koste op.

‘n Ander alternatief is om gewasse aan te plant wat in die somer

groei (wanneer dit reën), waarvan die beskikbare weiding net so

op die land bly staan en dan in die winter in die vorm van staande

hooi bewei word. Dit sluit gewasse soos lusern, Smutsvingergras,

borseltjiegras en mielies in.

‘n Ander alternatief is om, in plaas daarvan om die voer in die vorm

van staande hooi te gebruik, dit óf in te kuil óf te hooi. Dit sluit ge-

wasse soos lusern, armmanslusern, Smutsvinger- en oulandsgras

asook mielies en ander somergrane in.

Weimielies as staande hooi

Die praktyk waar mielies geplant word vir gebruik deur skape as

staande hooi, of weimielies, word al vir baie jare lank toegepas. As

weimielies so doeltreffend as moontlik deur skape benut word en

probleme soos suurpens beperk kan word, is dit ‘n relatiewe goed-

koop weidingsbron waarop talle skape kan wei. Speenlammers kan

goed op weimielies afgerond word en dit is ook geskik vir lakterende

ooie en vervangingsooie.

JACQUES JANSEN VAN VUUREN

en

LOUIS DU PISANI,

Nasionale Wolkwekersvereniging

DAG

HEELMIELIES OF MIELIEKOPPE

(GRAM/KVE*/DAG)

BEPERKTE WEITYD/DAG

1 - 2

200

15 min

3 - 4

300

30 min

5 - 6

400

45 min

7 - 8

500

60 min

9 - 10

600

1 uur 15 min

11 - 12

700

1 uur 30 min

13 - 14

800

1 uur 45 min

15

Jaag in lande

Heeltydse beweiding

* KVE is ‘n kleinvee-eenheid wat 45 kg - 50 kg weeg

TABEL 1: GELYKMATIGE AANPASSINGS OP WEIMIELIES.

Watter kultivar?

Daar is geen spesifieke kultivaraanbeveling nie, hoewel dit duide-

lik is dat die beste graanopbrengs ook die beste weikapasiteit gaan

lewer. Die kultivar wat vir graan- of kuilvoerproduksie in die spesi-

fieke omgewing aanbeveel word, behoort dus ook geskik te wees

vir mielie staande hooi. Meer proewe sal nog gedoen moet word

om die verskil tussen konvensionele of GM-mieliekultivars as

weimielies te toets.

Die skape begin eers aan die koppe wat op die grond lê te vreet, dan

koppe aan die plant wat hulle kan bykom en laastens stoot hulle die

plant om, om die oorblywende koppe te vreet. Die hoogte van die

koppe op die plant maak dus nie saak nie.

Risiko’s

Suurpens (asidose) bly die grootste enkele risiko en grootskaalse

vrektes kan voorkom waar skape nie goed aangepas is nie. Diere wat

suurpens oorleef se produksie daal skerp.

Diere met asidose word gekenmerk deur ‘n opgeblaasde rumen en

hulle loop styf. Doseer met twee eetlepels koeksoda wat in 200 ml

water opgelos is. Behandel daarna ook voorkomend vir pasteurel-

la en hou in gedagte dat voerkalk slegs ‘n kalsiumbron is en nie ‘n

buffer is teen asidose nie.

Die voorsiening van grashooi van goeie gehalte om die ruvoerin-

name te verhoog asook die voorsiening van ‘n buffer in die vorm van

‘n lek, kan gebruik word om suurpens te bekamp. Koeksoda is ‘n baie

goeie buffer teen suurpens.

Lammers wat nie mielies ken nie, neem tot drie weke lank om mielies

te leer vreet. Aanvanklik wil die lammers glad nie die mielies vreet