Background Image
Previous Page  82 / 84 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 82 / 84 Next Page
Page Background

80

Beste Grootneef

“o

p elke veiling is daar ‘n bok vir ‘n

bargain

en

dan moet jy toeslaan,” was ou oom Albie se

vroegoggend wenk by die veilingskrale.

Só is ons van kraal tot kraal met oom Albie wat

sommer so in die gesels die fynere kunsies van

boerbokboerdery gedeel het. Van die ooitjies se slanke nekke tot

die horings wat in lyn met die voorkop moet wees. Al die bokke was

blinkvet uitgespaar en gekam vir die veiling.

Met die deurstap van die kraaltjies, loop ‘n bokkapater die tralies

storm dat die hele stellasie dril. Almal was winduit geskrik. ‘n Bok

bly maar ‘n blikskottel.

Met die katalogus uitgemerk het die kopers hul sit op die pawiljoen-

tjie om die arena gekry. Almal in afwagting op die afslaer se klok. Na

die terme en voorwaardes luister niemand nie, maar wurg dit af – tot

by die kommissie en BTW.

En toe trek die afslaer weg met die eerste hok soos die All Blacks

net na die haka. Die afslaer is ‘n spoedvraat wat happe van R100e uit

die kopers se sakke vat. Met ‘n flinke kombinasie van dreigemente

oor verlore kanse en geleenthede vir die koop van die dag, laat

die afslaer almal aan sy lippe hang. Kort-kort gee hy die podium ‘n

kloppie met sy hamertjie om seker te maak almal is by – en dan laat

vat hy weer met bieërs voor of agter in die saal. Hy vat kleintjies ook

met R25e, om die laaste twee kopers teen mekaar af te speel. Na ‘n

fair warning

klap die hamer finaal vir die bod wat toegeslaan word!

Hier en daar trek ‘n uitstaande dier die aandag en

dan sit die afslaer oor in nóg ‘n hoër rat wat almal

laat regop sit, of jy nou bie of nie. Met een of twee

hokke haak die openingsbod vas en dan word die

vloer uitgelok met ‘n dalende prys: “R2 000, R1 500,

R1 000?! Enige bod?” As almal afkyk of wegkyk, laat

wiel die afslaer met ‘n: “Jaag uit, jaag uit, julle moet

maar na die tyd met die baas kom praat.”

En so kom ons toe by hok nommer 24: Die befoeterde

bokkapater in al sy glorie. Met die intrapslag skraap

hy die handlanger dat dié skoon teen die tralies

uithardloop! Die afslaer delf diep en begin die bod op

‘n: “R3 000, R2 000, R1 000, R500?!”

Almal kyk dak toe of lees die katalogus. Ek kry die

bok jammer wat so sonder ‘n bod bly staan en waai

vir die afslaer net om die spul aan die gang te kry.

Die afslaer reageer so vinnig soos ‘n geelslang met

‘n “Doodskoot, R500, bod toegeslaan!” Alles in een

asem. Die oom langs my lag kliphard vir my aankoop.

Daar sit ek toe met die kapater wat vir almal mik wat hom uit die

arena wil jaag.

Ou Neef, die eintlike moeilikheid het gekom met die bok se tyde-

like verblyf. Geen kampie was dig genoeg om die bok vir ‘n eerste

aand op hok te hou nie. Vandaar die blink gedagte om die kapater in

die opwaskamer langs die kombuis te bêre – met die edele bedoeling

om hom die volgende oggend tussen die kalwers te laat los.

Nou ja, partykeer neem die lewe sy eie verloop. Niemand het

beplan dat Vroulief teen skemeraand iets in die opwaskamertjie

gaan soek het nie. Óf dat die bok vir haar sou voetestamp en blêr nie.

Toe Vroulief en die huiskat by my kom, was altwee se rûe stokstyf en

krom, met naels uit; ou Neef, naels uit! Ou koeie van ‘n wittebrood in

‘n rondawel by Maselspoort is ook weer opgegrawe.

Die oomblik is egter finaal bederf toe Vroulief wou weet oor die

kapater se stank in haar opwaskamer en ek haar wou gerusstel dat

die bok dit sou gewoond raak.

En dis hoekom ek in die opwaskamer moes oornag. Die bok (intus-

sen gedoop Frank) onder die stryktafel en ek bo-op vir die nag

– altwee aan’t herkou oor die dag se gebeure.

Ou Neef, hier’s die les: As die afslaer ‘n openingsbod laat sak, lees

jou katalogus.

Groete op die Oosgrens!

Kleinneef

E-POSSE

aan Groot neef

Die bok

Lesers is welkom om ‘n e-pos aan Kleinneef te stuur by

kleinneef@graingrowers.co.za

.

November 2017